Israel reg vir aanklag by die Internasionale Kriminele Hof Den Haag

  • 11

Sedert my laaste brief van twee dae gelede het die dodesyfer van Palestyne in Gaza gestyg tot bo eenduisend persone. Sover is 34 Israeliete gedood in die huidige geveg. Dalk is die tyd nou ryp om Israel aan te kla by die Internasionale Hof in Den Haag vir "war crimes" en "crimes against humanity" soos die internasionale formule lui, maar wag! Enige kritiek teen hierdie land word summier van die hand afgewys as "anti-Semitisme", en terwyl die VSA hierdie land ondersteun en met wapens voorsien, is die "internasionale gemeenskap" totaal impotent.

Watter snert dat die sagmoediges en die armes die aarde sal erf. Dit is blatant duidelik dat die rykes, die kriminele klas, naakte geweld, en diegene met die meeste wapens en kanonvuurskoot sal triomfeer. Dit was altyd so gewees, en sal altyd so wees.

Pieter Redelinghuys

  • 11

Kommentaar

  • Pieter.

     Net 'n paar observasies.   

    Moderne Israel is 'n sekulêre staat, die meerderheid Israelis, is of non-godsdienstiges, of is nie-onderhoudende gelowiges nie.  Behalwe vir 'n minderheid "zealots" (omtrent 17%) gaan dit vir hulle hoofsaaklik oor matige sekulêre nasionalisme en nie oor godsdiens nie.  Die Jode in die diaspora is waar die eintlike godsdienstiges te vinde is.  Die non-godsdienstige Israelis teer ekonomies op die godsdienstige diaspora, veral die in die VSA.

    Die Palestyne in teenstelling is beide fanaties godsdienstig, asook fanaties nasionalisties.  Hulle wil selfs nie deel van Jordania wees, waarvan die Wesbank oorspronklik deel van was nie.  

    Ignoreer die fiktiewe romantiese Bybelverhaal oor die uittog van die Hebreërs vanuit Egipteland wat argeologies geen bewyse bevat nie, en lees die argeologiese bevindinge oor die “Habiru” (Hebreërs ) wat in die Armana en Ugarit tablete opgeskryf staan.  Die goeweneurs (of konings) van Gath, Gezer, Lachish en Jerusalem het bitterlik oor  hulle onwettighede en aanvalle, teenoor hul opperheerser, die Egiptenare gekla.   Onder die Semitiese lande, was die Habiru oorspronklik sosiale verworpenes, slawe, vlugtelinge, bandiete, ens wat mettertyd saamgesnoer het om uiteindelik verskeie duidelike sosiale en politiese entiteite te vorm, en was te vinde in Egipte, Kanaän , Sumer, Ur, die Hurrians, ens.
    K
    Sekere Argeoloë handhaaf die mening dat die Habiru wat reeds in Kanaän te vinde was, mettertyd die oorhand in die land bekom het, dus die verklaring vir die latere wrywing onder hulle tusssen hul vroeëre veelgodery aan die eenkant en die ingevoerde enkelgod van Egipte aan die ander kant. 

    Die oorspronklike inwoners van Palestina (vernoem na die Filistyne) was semietiese Kaänaniete.  Die non-semietiese Filistyne is latere indringers, vermoedelik van Kreta. Die Fenisiërs van Lebanon blykbaar ook oorspronklik van Kreta, het bykomstig kolonies gevorm, waarvan die bekenste Kartage (Carthage) was. Nebukadneser van Babilon het die hele bevolking van Palestina verplaas en vervang met ander volkere vanuit ander dele van sy ryk. Steeds later is daar Grieks en Romeinse indringers.  Met die oorname deur Islam, is mense weer verdryf en oorwegend met Arabiere vervang.  Steeds later, en vir honderde jare het die Turkse Ottoman-ryk die land regeer.  Met die val van die Ottoman ryk, is Lebanon, Sirië en Palestina deur die VVO  in die lewe geroep.  Onthou. Deurgans sedert die val van Jerusalem in 70nC, het Jode ononderbroke in Palestina gewoon as minderheid en sonder enige politieke stelsel nie.  

    Palestina (Israel) het sy onafhanklikheid verloor met die oorname deur die Babiloniërs, honderde jare voor Christus.  Behalwe vir ‘n kortstondige onafhanklikheid gedurende die Makkabeër-periode, omtrent ‘n honderd jaar voor Christus tot en met 1948, was Palestina ononderbroke aan ander se gesag onderworpe. 

    Wat ek hierbo wil sê is dat die huidige inwoners van Palestina, nie die oorspronklike inwoners daarvan was nie, en dat oor die eeue heen daar ‘n voortvloeing van mense en kulture gekom en gegaan het, die jongste waarvan die Arabiere, met Jode as die langste ononderbroke inwoner, hetsy als minderheid sonder enige politieke voorkoms sedert 70vC.  

    Met die verstryking van die Britse mandaat van Palestina, is Palestina onderverdeel tussen Israel en Palestina. Vir meer as vyfhonderd jaar voor die val van die Ottoman-ryk was daar geen Palestina of Israel nie. So albei is gesamentlik wedergebore.  

    En ja, die totstandkoming van Israel het gepaard gegaan met onderdrukking en geplundery.  Vrede kan bekom word uitsluitlik indien beide partye tot ‘n vergelyk kom.  Israel het die twee-staat beginsel aanvaar, nie die Palestyne nie.  Volgens hulle moet alle Jode padgee en die hele Palestina aan hulle oorgedra word.  Ooglopend ‘n nonsens benadering, dus die voortslepende oorlog tussen die twee.  Egipte en Jordania het erkenning aan Israel se bestaansreg gegee, en werk saam om die Palestyne in toom te hou.  

    Ek persoonlik ondersteun die Israelis vir verskeie redes, oa hulle demokratiese stelsel, vryheid van godsdiens.  Vryheid van seksuele voorkeure, oa homoseksueel, gelykheid van geslagte, ens.  In teenstelling sal ek die Palestyne teestaan vir hulle strewe na Sharia-wetgewing (verminking), hul drang na ‘n Islamitiese staat met die gepaardgaande godsdienstige fanatisme, vroue-onderdrukking ens.  

    Daar word vining na menseregte vergrype gedurende oorlogsituasies geskree, maar die menseregte vergrype (hoofsaaklik Islamities) gedurende vredestyd word geïgnoreer.  Wrede vroue-besnydenis (FSM = female sexual mutilation) in Egipte en Somalia; hande, voete, ore, tong, ens. wat afgesny word in die naam van godsdiens (Sharia); doodstraf vir afvalligheid van Islam. Lyfstraf vir non of ongenoegsame onderhouding van die voorskriftelike aantal gebede per dag deur die Koran verlang.  Kleredrag veral vir vroue word voorgeskryf.  Vir mans hul gesigshare wat hulle nie na willekeur mag afskeer nie.  In teenstelling moet die hare van die geslagsdele skoon afgeskeer word.  

    Onlangs is ‘n gay jong man in Saudi Arabië tot twee jaar tronkstraf met oor die 400 lat-houe op die gat oor die tydperk gevonnis.  Vir wat?  Hy het op die internet vir ‘n ander gay gesoek!  In Irak vlug vrouens van ISIS rebelle wat daarop aandring dat alle vrouens onder hulle beheer, besny moet word!  

    Ek gril as ek moet dink wat die Palestyne aan die Jode gaan doen indien hulle die oorhand sou bekom, met veral die Islamitiese geskiedenis vir onbeteulde wreedheid!

    Ek is jammer.  Maar ek is van mening die simpatie vir die Palestyne is misplaas.

  • Pieter.

    Jy is so naby ondergenoemde gebeure.

    Wie ondersteun jy?  Die VSA en EU wat die Maiden opstand (coup de tat) in die Oekraine bewerkstellig het aan die een kant, of Rusland wat die rebelle in die Ooste van Oekraine onderskraag aan die ander kant?

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Jaco,

    Jou vraag lei as volg: Wie ondersteun jy? Die VSA en die EU wat die Maiden opstand ( coup d´e´tat) in die Oekraine bewerkstellig het, aan die een kant, of Rusland wat die rebelle in die Ooste van die Oekraine onderskraag aan die ander kant?

    Die VSA en EU het 'n enorme flater begaan deur 'n coup d´e´tat in die Oekraine te ondersteun, en hulle hul regtig verbeel het dat hulle daarmee sal wegkom sonder dat Rusland sal reageer. Die Westerse internasionale pers het blykbaar ook voorgeneem om tjoepstil te bly oor die onaanvaarbare aard van hierdie politieke inmenging in 'n sowereine land, en nogal in 'n geopolitiese gebied wat altyd Rusland se voorland was. Die militêre strategie van die VSA is om die Oekraine  in die Westerse kamp te kry, en dan dadelik 'n lid van NATO te maak. In die Krimskiereiland sou dit ook 'n verlies van Rusland se enigste warmwater vlootbasis beteken. Buitendien, die Krim het in die verlede altyd aan Rusland behoort, totdat Krushchev die Krim aan Oekraine geskenk  het toe die verhouding tussen die twee lande  soos tweelingbroers was.

    In die huidige toestand speel die VSA en EU met vuur. Die agressie kom direk van VSA se kant, en die EU gaan gedweë daarmee saam. Die strategie van die VSA is om Rusland te omsingel met NATO-lande, en geen land op aarde kan  tevrede wees met hierdie toestand waar sy veiligheid so bedreig word nie.

    Verder ondersteun ek glad nie die rebelle in die Ooste van Oekraine nie, hoewel ek hulle aksies verstaan wat  'n direkte reaksie is teenoor die anti-Russiese politiek wat die huidige regering in Wes-Oekraine bedryf.

    Lees gerus Noam Chomsky, die mees vooraanstaande Amerikaanse intellektueel en filosoof, Professor aan die vooraanstaande MIT. Hy draai geen doekies om deur die VSA die grootste eksporter van terrorisme te noem nie.

    Beste groete,

    Pieter.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Jaco,

    Dankie vir jou brief. Die deel wat handel oor die vroeë geskiedenis van Palestina en die volke wat die land duisende jare gelede ingetrek het was heel interessant.

    Dan volg daar stellings wat heel kontensieus voorkom, soos dat die Palestyne heel fanaties en nasionalisties is. Waarop basseer jy jou stelling? Is hulle dan meer fanaties as godsdienstige fanatiese Jode wat die Palestyne wil uitdelg, en hulle "settlements" op laasgenoemde se grondgebied bou?

    Verder flans jy te veel verskillende elemente in jou argument by waarom jy geen simpatie vir  Palestynse regte het nie, soos die hoedanig demokratiese aard van Israel , en dat gays daar vrylik kan asem haal. Dit is nie die kern van die argument nie. Grond, grond, grond wat behoort aan die Palestyne is die kern van die saak. Op hierdie grond bou fanatiese godsdienstige Jode hulle sg "settlements" en hierdie proses gaan aan, en aan, en aan.

    Natuurlik as dit neerkom op 'n keuse tussen woon onder sekulêre Jode of Palestyne, sal ek ook eergenoemde kies. Maar dit gaan nie daaroor nie. Dit gaan oor regte oor grond presies soos in Suid-Afrika vandag.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys 

  • Pieter.

    Jou respons aan my: “Dan volg daar stellings wat heel kontensieus voorkom, soos dat die Palestyne heel fanaties en nasionalisties is. Waarop basseer jy (Jaco) jou stelling? Is hulle dan meer fanaties as godsdienstige fanatiese Jode wat die Palestyne wil uitdelg?”

    Ek kwoteer betroubare bronne as antwoord op jou vraag:

    “A senior Hamas official told Gulf News that the Gaza Strip and Palestine in general need a new punitive law to replace the old and “impractical” one. He said that the spread of crime is the reason the new punitive law “which is inspired by” Sharia has been drafted. Sharia allows for lashings, executions and punishments such as cutting off the hand of a thief. The law stipulates a minimum of 20 lashes for a minor offense, with the number of lashes increasing with the seriousness of the offense. A minimum of 80 lashes is to be imposed in criminal cases. The law also widens the use of the death penalty as per Sharia (oa. afvalligheid van Islam). Articles No 289, and 290 of the proposed law stipulate the cutting off of the hand of a thief and a minimum of seven years in jail in case the criminal repeats his crime:”  Gulf News  March 27, 2014

    “A new global survey of Muslims by the Pew Research Center has found that Palestinian Arab Muslims polled the highest in favor of suicide bombings as a justifiable means “to defend Islam.” The poll also found that 89 percent of Palestinian Muslims favored sharia becoming “the official law of the land.”  May 1, 2013 Washington Times.

     Mbt tot die Israelis:

    “Recent surveys show slightly more than fifty percent of the population identifies as religious, with 7% self-identifying as Haredi (ultra-Orthodox), who are most recognizable by their traditional Jewish dress, 15% as Orthodox and 32% as traditional. Slightly less than half of Israel’s Jewish population consider themselves secular, with only 3% having an antagonistic view of religion”.

    http://www.chosenpeople.com/main/index.php/international-jewish-communities/812-religious-faith-and-observance-in-israel  

    Soos hierbo aangetoon, is dit ooglopend dat 89% (volgens Pew) fanatiese godsdienstige en fanaties polities is, veral mbt Sharia (godsdienstig) en Selfmoord-bombardeerders (polities).  Joodse fanatisme (omtrent 17% van bogenoemde statistieke) is geensins vergelykbaar met die van die Palestyne nie.  

    Jou argument gaan oor misdaad teen die mensdom, en dit is waarop ek op gerespondeer het.  Jy verkwalik dit dat net 30 Israelis vergeleke met meer as ‘n 1000 Palestyne gesneuwel het.  Weens hierdie onbalans tot nadeel van die Palestyne in die dodetalle moet Israel nou kwansuis vir misdaad teen die mensdom aangehoor word?!  Misdaad teen die mensdom deur die Palestynse owerhede en Mullahs (dominees) teenoor hul eie bevolking gepleeg, beloop baie meer as die 1000 deur Israel gedood. ‘n Doodse stilswye!  

    Met meer as 2000 vuurpy- aanvalle per dag van die Palestyne op die Jode oor die betrokke tydperk, kon hul dodetal heel erger gewees het, was dit nie vir die feit dat hulle teenmiddels daarvoor vooraf beplan het nie.  Nee wat.  Die Palestyne was die aanvanklike aggressor in hierdie geval.  Hulle verdien wat hulle nou ondervind.  

    Weereens sê ek. Simpatie vir die Palestyne is misplaas.

  • Hallo,

     
    Dit is nie duidelik wat om te maak van hierdie kriptiese opmerking van Pieter G, se kant af nie, wanneer daar geskryf word, "Ek merk al lank dat jy (Wouter) verslaaf is aan Joodse skrywers en intellektueles maar dit is jou saak".
     
    Vir die rekord, dit is so, die lys van skrywers en intellektueles wat Joods is en wie ek volg, is 'n lang lys is. 
     
    Voorbeelde van hierdie persone sou wees, Sigmund, Freud, Walter Benjamin, Lionel Trilling, George Steiner, Adam Phillips, Albert Otto Hirschman, Carlo Ginsburg, Sir Ernst Gombrich, Raul Hilberg, Gertrude Himmelfarb, Eric Hobsbawm, Jonathan Israel, Arno J. Mayer,Ilan Pappé, Simon Schama, Leon Wieseltier et al. 
     
    Hierdie is 'n ingewikkelde onderwerp en  indien daar gedink word die argumente oor Apartheid en die verlede en die uitspeel daarvan in die hede in Suid-Afrika is 'n komplekse vraagstuk, gaan lees oor hierdie konflik, dit is nog erger. 
     
    Ongelukkig werk ek die hele naweek, net soos die vorige naweek en sal dus nie by die onderwerp kan uitkom nie, maar die simboliek van grond is net so belangrik in Palestina soos grond in Suid-Afrika is. 
     
    Daar word slegs bolangs geput uit "The Israel/Palestine Question" onder die redaksie van Ilan Pappé(Joods) en dan slegs hoofstuk 8.
     
     
    8
    THE DEBATE ABOUT 1948
    Avi Shlaim (Joods)
     
    The conventional Zionist account of the 1948 war goes roughly as follows. In the late 1980s, a series of books written by mostly Israeli scholars challenged the common Israeli historiographical interpretation of the 1948 war. The works of historians such as Benny Morris, Avi Shlaim and Ilan Pappé triggered a public debate in Israel; one which intensified in 1998 during Israel’s jubilee celebrations. 
     
    The revisionist historians became known in Israel and outside the country as the ‘new historians’—a term which is synonymous with a critical non-Zionist evaluation of past and present realities in the land of Israel and Palestine.
     
    Several of Israel’s foundational myths and hence their relevance to present contemplation of the past and future in the Jewish state have been irrevocably undermined by these professional researchers.
     
    The Zionist verhaal gaan soos volg:
     
    The conflict between Jews and Arabs in Palestine came to a head following the passage, on 29 November 1947, of the United Nations partition resolution that called for the establishment of two states, one Jewish and one Arab. The Jews accepted the U.N. plan despite the painful sacrifices it entailed, but the Palestinians, the neighboring Arab states and the Arab League rejected it. 
     
    Die geskiedenis wat nou geskryf word vertel die volgende verhaal en is 'n goeie inleidende punt en hoe dit verder ondersoek moet word en in die korrekte konteks geplaas moet word:
     
    "On the eve of the UN Partition Plan Resolution of 29 November 1947, according to the report, there were 219 Arab villages and four Arab, or partly Arab, towns in the areas earmarked for Jewish statehood—with a total Arab population of 342,000. 

    Ek sluit af met Leon Wieseltier (Joods) wat die volgende opstel in die "New Republic" geskryf het en sy slotsom:

    "Hamas has taken its own people hostage. On the West Bank, the killers of the Israeli boys were often celebrated. Introspection is not just a Jewish obligation. 

    The other night, sunk in my customary (but still dovish!) hopelessness, I opened a book of poems by the Palestinian poet Najwan Darwish, recently published by New York Review Books. 

    Poetry may give hope, no? 

    I found a poem called “The Gas Chambers,” where I read this:

     “I don’t have a grandmother who died in the gas chambers . . . / How horrific was the Nakba? / How harrowing to be a refugee? / These are but small pains / for niggers like us / I amuse myself by writing this down / in the gas chamber.” Hope fled again".

    Mag daar hoop wees. 

    Baie dankie

    Wouter

    Naskrif: Ongelukkig is ek vas die naweek met sagteware wat vrygestel word en sal nie kan lees en skryf oor hierdie onderwerp nie, maar net soos Afrikaners apartheid bevraagteken het, bevraagteken baie Jode die besetting van Palestina ook. 
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    n Jaar of so gelede was daar 'n uitstekende artikel in die New York Review of Books aangaande 'n Joodse/ Israeli historikus wat die geskiedenis van die staat van Israel onder die vergrootglas ondersoek het. Die einde van die storie is dat  hierdie historikus besluit het om die land permanent te verlaat, en dit vertel omtrent alles.

    Jy is uitstekend in die uitsnuffel van artikels in publikasies, en dus sal jy ons lesers almal 'n groot guns doen om hierdie man op te spoor, en vir ons te kom vertel wat hy oor die saak te sê het. Soveel beter as die offisiële weergawes van Israeli geskiedenis, en die propaganda wat institusioneel in die Weste geword het.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter Redelinghuys

    Sondag, 3 Augustus.

    The United States declared Sunday it is appalled by the disgraceful shelling by Israel of a United Nations school sheltering some 3,000 displaced people in southern Gaza.

    The U.S. condemnation follows one by U.N. Secretary General Ban Ki-moon who depicted the shelling near the Rafah school as both a moral outrage and a criminal act. It constituted a gross violation of international law.

    Sedert die aanvangs van die brutale Israeli aanslag in Gaza is daar nou meer as 300 klein kinders dood, en die aanslag duur voort. Sedert 1967 en die vroeë jare sewentig toe Westerse simpatie vir Israel op sy hoogste was, begin die gevoel vandag meer verander na afsku.

    Die land is nou ryp vir aanklag by die Internasionale Kriminele Hof ten den Haag.

    Pieter Redelinghuys

  • Hallo, 

     
    Aardetjie tog, dalk kan "Beste Johannes" vir Pieter help. 
     
    Pieter se nuutgevonde bron van onpartydige ondersoek, wat nog nooit 'n ideologiese bril gedra het nie en die media en die universteite in die VSA verdoem het op die basis van 'n enkele boek elk, presies die aspek waaroor "Beste Johannes" vir my preek, daar is egter 'n kardinale verskil tussen my en "Beste Johannes", ek stel "actually" belang in die waarheid, onafhanklik van my, hoe moeilik dit ook al mag wees. 
     
    Dalk moet daar gewag word vir "Beter Johannes". 
     
    Gewaarborg om 'n lang wag te wees. 
     
    Tot "Beter Johannes" opdaag, laat ek die lesers vertel wat ek gedoen het. 
     
    Donderdag, verlede week, was ek baie sleg en het nie 'n steek werk gedoen nie, maar die hele dag in die argiewe spandeer van die "Times Literary Supplement", "New York Review of Books" en die "New Republic", op soek na opstelle wat die konflik bespreek en het 'n dokument vir my opgestel van 200 blasye in "Word". 
     
    Alhoewel ek baie sleg was, het ek nie met pa argumenteer nie, wat my dalk weer goed maak. 
     
    So wissel ek tussen goed en sleg elke liewe dag.
     
    Die bespreking uit die "New York Review of Books" wat vir my uitgestaan het, was die bespreking van Ari Shavit se "My Promised Land: The Triumph and Tragedy of Israel", deur Jonathan Freedland. In die opstel word ook bespreek, John B. Judis se "Genesis: Truman, American Jews, and the Origins of the Arab/Israeli Conflict". 
     
    Hierdie opstel is nie agter 'n betaalmuur nie en kan hier gelees word:
     
     
    Die inleiding van die opstel bevestig waar ek myself ook bevind en formuleer Ari Shavit tot 'n groot mate wat ek dink oor hierdie onderwerp: 
     
    "In the toxic environment that characterizes much, if not most, debate on the conflict between Israel and the Palestinians, a special poison is reserved for the liberal Zionist. Such a person, who stands by Israel even as he yearns for it to change, is fated to be hated by both camps: hawkish Zionists despise the liberal for going too far in his criticisms, accusing him of a hand-wringing betrayal of the cause that can only comfort the enemy, while anti-Zionists denounce the liberal for not going far enough, for failing to follow the logic of his position through to its conclusion and for thereby defending the indefensible. The liberal Zionist is branded either a hypocrite or an apologist or both".
     
    Presies die kam waaronder Pieter my geskeer het, aangesien Pieter verlang dat daar slegs verdoemenis is wat Israel betref. 
     
    Nuanse is hier onwelkom. 
     
    Dit is net swart of wit, geen grys nie. 
     
    Hamas, 15 000 lede uit die 1500 000 Palesyne in Gaza is die goedheid van self. 
     
    Wat verlore gaan in hierdie gesprek, die gemaklike sekerheid waarmee Pieter hier rondgaan en maak nie voorsiening van die volgende nie: 
     
    "My Promised Land", articulates their (liberal Zionist) creed perfectly. For what characterizes the liberal Zionist, and what so infuriates opponents on left and right, is the insistence that two things, usually held to be in opposition, can both be true. So while, say, the left denounces settlements and the right highlights Israelis’ fears for their own security, the liberal Zionist wants to do both, often at the same time.That this is Shavit’s intention is established early. His introduction warns the reader that “duality” will be his watchword, that he will be in the business of both/and rather than either/or:
     
    On the one hand, Israel is the only nation in the West that is occupying another people. On the other hand, Israel is the only nation in the West that is existentially threatened. 
     
    Both occupation and intimidation make the Israeli condition unique. Intimidation and occupation have become the two pillars of our condition".
     
    Ari Shavit, in "My Promised Land" ondersteun Bibi Netanyahu volkome wat sy standpunt teenoor Iran betref en die bedreiging wat Iran inhou vir Israel. 
     
    Ek gebruik, "Bibi", want wie sou dink dat Netanyahu, Bibi genoem kan word. 
     
    Shavit volgens Jonathan Freedland bevestig ook die volgende as bevestigend van die besetting van Palestynse gebiede: 
     
    "The settlements have placed Israel’s neck in a noose. They created an untenable demographic, political, moral, and judicial reality. But now Ofra’s illegitimacy taints Israel itself. Like a cancer, it spreads from one organ to another, endangering the entire body. Ofra’s colonialism makes the world perceive Israel as a colonialist entity. But because in the twenty-first century there is no room for a colonialist entity, the West is gradually turning its back on Israel. That’s why enlightened Jews in America and Europe are ashamed of Israel. That’s why Israel is at odds with itself".
     
    Net soos Shavit ook verwys na 'n " Gaza detention camp in 1991", in die volgende terme: 
     
    “that the place resembles a concentration camp.” He uses the words “Aktion” and “Gestapo.” He says of the camp doctor, “He is no Mengele,” which of course invites a comparison to Mengele".
     
    Die geboorte van Israel word in die volgende terme ondersoek: 
     
    “How does one excuse ethnic cleansing?” If one is a liberal, committed to human rights, how can one justify the expulsion and dispossession of Palestinians in 1948 as Israel was born?
     
    Shavit’s answer comes in the form of the two chapters that sit at the heart of the book. 
     
    First comes “Lydda, 1948,” a meticulously assembled account of the three July days when soldiers of the new Israeli army emptied that city of its Palestinian inhabitants and, according to Shavit, killed more than three hundred civilians in cold blood and without discrimination. 
     
    Piecing together the testimony of those who did the killing, Shavit writes: “Zionism carrie[d] out a massacre.”It was this chapter, unflinching and forensically detailed, that so exercised Isi Leibler in his Jerusalem Post review. As we shall see, the mere fact of setting out such brutal facts is itself to take a stand, but Shavit touches on the question of justification too.First, he implicitly accepts what anti-Zionists have long argued: that the eventual dispossession of Palestinians was logically entailed in the Zionist project from the outset, that it could not be any other way. The problem was, the Jewish homeland was not empty. As the two rabbis dispatched from Theodor Herzl’s first Zionist Congress in Vienna, sent to Palestine like the biblical spies who first entered Canaan, reported back: “The bride is beautiful but she is married to another man.” Shavit seems to accept as obvious the implication that Palestine could not become the home of the Jews unless Palestinians lost their homes in Palestine: “If Zionism was to be, Lydda could not be. If Lydda was to be, Zionism could not be.”
     
    Die tweede boek wat in die opstel deur Jonathan Freedland, bespreek word is John B. Judis se "Genesis: Truman, American Jews, and the Origins of the Arab/Israeli Conflict". wat hierdie skrywe betref, gaan ek nie stilstaan by Jonathan Freedland se bespreking van John B. Judis nie, maar gaan wel verwys na 'n opstel geskryf deur John B. Judis in die "New Republic", gedateer 25 Julie, met die titel, "Who Bears More Responsibility for the War in Gaza?" en kan hier gelees word.
     
     
    Met die volgende is ek ook weer in ooreenstemming: 
     
    "Israel is one of the world’s last colonial powers, and the Palestinians in the West Bank and Gaza are its unruly subjects. Like many past anti-colonial movements, Hamas and Fatah are deeply flawed and have sometimes poorly represented their peoples, and sometimes unnecessarily provoked the Israelis and used tactics that violate the rules of war. 
     
    But the Israeli government has continued to expand settlements in the West Bank and East Jerusalem and to rule harshly over its subjects, while maintaining a ruinous blockade on Gaza. 
     
    That’s the historical backdrop to the events now taking place"."Israel’s founding in 1948 began to address the terrible wrongs that Europe’s Jews had suffered. It provided a state and what seemed like a safe haven. 
     
    But Palestine’s Arabs, who had made up the overwhelming majority of the region, and who believed after the promises of World War I that they would gain their own state, came instead under Jordanian and Egyptian rule after Israel won its independence. 
     
    And after the Six-Day War in 1967, Israel annexed Jerusalem, occupied the West Bank and Gaza, and turned the Palestinians who lived there into colonial subjects. 
     
    The Israeli government encouraged and subsidized Jewish settlements in the territories in violation of the fourth Geneva Convention that prohibits an occupying power from transferring its population into the territories it has seized.Palestinians are allowed to build on only about 40 percent of the West Bank. Settlers enjoy Israeli citizenship and rule of law. 
     
    The Palestinians are under harsh military rule. No Palestinian may travel abroad without Israeli approval. There are 542 roadblocks impeding the movement of Palestinians, but not of settlers on the West Bank. Water rights are restricted. The settlers consume about six times more water than the 2.6 million Palestinians".
     
    Pieter moet tog bevestig by sy "nuutgevonde bron van onpartydige ondersoek", wat "Beste Johannes" se mening van die volgende paragraaf is:
     
    "Colonial regimes breed anti-colonial resistance. It has been happening since Biblical times. Sometimes, the resistance takes an ugly form. Think of the Algerian or Irish resistance. And that has certainly been the case with the Palestinian resistance—from the Popular Front for the Liberation of Palestine (PFLP) plane hijackings and the murder of the Israeli Olympians in Munich to the Hamas suicide bombers during the Second Intifada or Hamas and Islamic Jihad’s launching of rockets on civilian targets. At each particular juncture, the colonial power may be justified in striking back at its adversaries. But ultimately the colonial power bears a great deal of responsibility for the continuing conflict".
     
    "Beste Johannes", wat "hulle" hier al as "barbare" beskryf het, mense in sy kompleks beskryf as "hulle hoort nie hier nie". Dit alles aan die hand van José Ortega y Gasset se "The Revolt of the Masses". Die "massas" maak hom bang. 
     
    Pieter kan ook bevestig by "Beste Johannes", hoeveel simpatie Comestor vir die Palestyne het. 
     
    Soos ek kan onthou, dink Pieter nie veel  van Truman nie, weens die atoombom en die vertroue wat Pieter in Oliver Stone se weergawe van geskiedenis het.
     
    John B. Judis het in Januarie 2014, in die New Republic die volgende opstel gepubliseer, "Seeds of Doubt: Harry Truman's concerns about Israel and Palestine were prescient—and forgotten" en kan hier gelees word: 
     
     
    Die paragraaf wat verteenwoordigend van die opstel se vraag is, is die volgende: 
     
    "Truman conferred regularly with Grady and in late July approved what was called the “Morrison-Grady Plan.” It would establish a federated Palestine with autonomous Jewish and Arab regions. The British, or whoever the United Nations appointed, would retain control of Jerusalem, Bethlehem, and the Negev until the Arabs and Jews, who would enjoy equal representation in a national legislature, were ready to rule all of Palestine without going to war with each other. Truman and State Department were eager to publicly endorse the plan, but Silver and the Zionist lobby mounted a furious campaign against the proposal".
     
    Dit is waarvoor Truman, volgens John B. Judis, gestaan het. 
     
    Geskiedenis, bevestig dit het nie gebeur nie. 
     
    "What’s most remarkable is that he continued to insist Morrison-Grady was the right choice in the months before and after his having recognized the new state of Israel. Here was always a strong moral streak in Truman’s foreign policy. He thought of the world divided between underdogs and bullies and good and evil. He genuinely hated Nazis and sympathized with Jews as their victims. His support for the right of the refugees to emigrate to Palestine reflected his moral conviction rather than any concern about electoral support. And in Palestine, he wanted a solution that was fair to the Arabs as well as to the Jews.Truman didn’t know all the details of the history of Palestine, but he knew that the Jews had come to Palestine a half century before to establish a Jewish state where another people had lived, and had made up the overwhelming majority for the prior 1,400 years. He was offended by the proposal, pressed by Silver and American Zionists, that a minority should be allowed to rule a majority. He wanted an arrangement that would respect the just claims of both Jews and the Arabs".
     
    So is die uitdaging van 'n korrekte weergawe van die geskiedenis. 
     
    Dit is belaglik dat Pieter gedurig argumenteer dat die Westerse media, "klomp is onder een mus en praat/propageer volgens hulle eie interesse" en ook in "die Israeli/Palestynse debat alleen Joodse en Amerikaanse bronne te kwoteer dien geen doel nie". 
     
    Moet dit aanvaar word, dat Pieter die enigste persoon is wat eerlik is, die enigste persoon wat morele imbors het en reg kan laat geskied aan die onderwerp, die res is "onder een mus en praat/propageer volgens hulle eie interesse".
     
    Pieter G, hoe belaglik wil jy wees? 
     
    Daar is 'n magdom instellings wat integriteit toon en jy is nie die enigste brawe soeker na waarheid nie. 
     
    Daardie instellings bestaan en poog om onpartydig moontlik al die nuanses van 'n saak te ondersoek.Met daardie tipe stellings van jou, is jy veel nader aan die regse sluipers en behoort jy jouself tuis te voel, as 'n werklike liberale persoon en 'n persoon wat werklik belang het in die ondersoek van die waarheid.
     
    Aangesien jy klaar besluit het, die bronne waaruit ek put, "die klomp is onder een mus en praat/propageer volgens hulle eie interesse" en ook in "die Israeli/Palestynse debat alleen Joodse en Amerikaanse bronne te kwoteer doen geen doel nie", nutteloos is, dien hierdie brief geen doel nie en was dit 'n mors van tyd. 
     
    Jy het aan jou kant, jou "morele verontwaardiging", wat jou die sekerheid gee van wat is reg en verkeerd en wie goed of sleg is. Jy weet dit net. Wat jou in die goeie geselskap van Corenlius Henn sit, wat alles weet, aangesien dit so in sy hart is. 
     
    Waarvoor jou brein gebruik? 
     
    Die kommentaar is dus nie vir jou nie, maar hopelik vir die leser wat bereid is om van my onlangse leeswerk oor die onderwerp te volg. 
     
    Dit bring die leser by die volgende. 
     
    Dit is weer 'n opstel uit die "New Republic", gepubliseer, 20 Julie 2014, met die volgende titel, "The Explosive, Inside Story of How John Kerry Built an Israel-Palestine Peace Plan—and Watched It Crumble en kan hier gelees word: 
     
     
    Die artikel is geskryf deur Ben Birnbaum en Amir Tibon. 
     
    Slegs die volgende gedeeltes word uitgelig: 
     
    "On the night of July 18 last year, after months of talks with John Kerry, Mahmoud Abbas convened a meeting of the Palestinian leadership at his presidential compound in Ramallah (the “muqata”). As the dozens of officials took their seats around a long u-shaped table, beneath a panorama of the Jerusalem skyline, the Palestinian president shuffled his notes and looked out at his comrades, more nervously than usual. He was about to make the toughest sell of his political life.Over his five decades in the Palestinian Fatah movement, Abbas (or Abu Mazen, as he’s popularly known) had grown accustomed to staking out positions on Israel that put him in the minority. He pushed secret talks with Israelis in the 1970s, advocated recognizing Israel and forswearing violence in the 1980s, and questioned the wisdom of the second intifada in the 2000s. Elected president of the Palestinian Authority in 2005 following Yasir Arafat’s death, Abbas had campaigned on creating a Palestinian state through negotiations. But over and over, outside factors got in the way. A 2006 Hamas election victory and 2007 Gaza coup left Abbas in control of just the West Bank, and 2008 talks with Israel were short-circuited by Israeli Prime Minister Ehud Olmert’s corruption indictment and Netanyahu’s subsequent election.Abbas adjourned the meeting at around 12:30 a.m., without a final decision".
     
    "Netanyahu opened is his meeting with Kerry playing a video on one of his favorite topics: Palestinian incitement. It showed Palestinian children in Gaza being taught to glorify martyrdom and seek Israel’s destruction. 
     
    “This is the true obstacle to peace,” Netanyahu told Kerry.
     
    “It’s a major issue,” Kerry replied. “And nothing justifies incitement. I hate it. I’ve read Abbas the riot act about it. You know I have. But it is worthwhile to try to understand what life looks like from the Palestinian point of view.”
     
    “This has nothing to do with the occupation and the settlements,” Netanyahu said.Kerry pressed on: 
     
    “When I fought in Vietnam, I used to look at the faces of the local population and the looks they gave us. I’ll never forget it. It gave me clarity that we saw the situation in completely different ways.
     
    ”“This isn’t Vietnam!” Netanyahu shouted. “No one understands Israel but Israel.”
     
    Kerry tried explaining himself again: 
     
    “No one is saying it’s Vietnam. But I’ve been coming here for thirty years, and I’m telling you, what’s building up in the Palestinians has only gotten worse. I’ve seen it. It doesn’t matter if it’s right or wrong; it just is. It can’t be solved if you can’t see it how they see it.” 
     
    Volgens die opstel besef Kerry na hierdie ontmoetings dat die onderhandeling vir vrede nie gaan slaag nie en skaal af na die volgende:
     
     "But Kerry had a backup plan. He would get the sides to accept a U.S. “framework for negotiations”—a document spelling out parameters on all core issues—then push for a full deal with a new deadline"."The future Palestinian-Jordanian border would include new early warning infrastructure, an invisible Israeli presence (via cameras) at border crossings, and top-shelf American gadgetry. 
     
    Livni liked the package. 
     
    So did most of Israel’s security brass. 
     
    Even hard-line Foreign Minister Avigdor Lieberman was making conciliatory noises. 
     
    “Israel will not get more than it is getting from Kerry,” he said publicly. Netanyahu saw it as a basis for discussion".
     
    "After months of painstaking negotiations over every word in the framework, the prime minister had accepted once-unthinkable language. On refugees, the document would promise monetary compensation to Palestinians displaced in Israel’s War of Independence (and, separately, to Jews who left their homes in the Arab world). It also stated clearly that “the Palestinian refugee problem” would be solved within the new Palestinian state. 
     
    But, in a groundbreaking departure from Israeli policy and his previous statements, Netanyahu agreed to a mechanism whereby Israel—at its sole discretion—would admit some refugees on a humanitarian basis. 
     
    The more dramatic Netanyahu concession, however, concerned borders. After decades of railing against any mention of the 1967 lines, Netanyahu accepted that “[t]he new secure and recognized border between Israel and Palestine will be negotiated based on the 1967 lines with mutual agreed swaps.” 
     
    Mahmoud Abbas se verteenwwordiger se reaksie oor die voorgestelde skikkings: 
     
    “These are his positions. We are sick and tired of Bibi the Great. He’s taking you for a ride.”
     
    No one takes me for a ride!”

    “He is refusing to negotiate on a map or even say 1967.”

    “I’ve moved him,” Kerry said, “I’ve moved him.”

    “Where?” Erekat said, raising his voice. “Show me! This is just the impression he’s giving you.”

    Die loop en val kom tot 'n einde en die onderhandeling faal finaal na die volgende: 

    "FATAH, HAMAS END YEARS OF DIVISON, AGREE TO UNITY GOVERNMENT".

    "The next day, the Israeli Cabinet had voted to suspend the talks. John Kerry’s peace process was over".

    President Peres, 'n man van integriteit, se laaste dag as president van Israel was 27 Julie en word opgevolg deur 'n persoon wat een van die twee-staat oplossing se felste kritici is. 

    Pieter in jou, morele verontwaardiging, wat jy met soveel trots hier paradeer wat is jou oplossing vir hierdie komplekse vraagstuk? 

    Terwyl jy dink aan 'n oplossing, dink ook aan die volgende twee vrae wat Amos Oz aan jou en aan almal stel: 

    Uit 'n verwysing raak gelees in die "New Yorker" hierdie naweek: 

    Antwoord Amos Oz se volgende twee vrae. 

    "QUESTION 1: What would you do if your neighbor across the street sits down on the balcony, puts his little boy on his lap, and starts shooting machine-gun fire into your nursery?

    QUESTION 2: What would you do if your neighbor across the street digs a tunnel from his nursery to your nursery in order to blow up your home or in order to kidnap your family?"  

    Dit behoort maklik te wees vir jou om te antwoord, aangesien alles so duidelik swart teenoor wit is vir jou en jy die werklikheid duideliker sien as enige iemand anders. 

    Die "New Yorker" verwys na die bron van die artikel, 'n onderhoud met Amos Oz deur "Deutsche Welle" en kan hier gevind word: 


    Amos Oz se oplossing: 

    "Would you consider the present ground offensive to be limited or unlimited?

    I think in some points it is excessive. I don't have detailed information on what is actually happening on the ground, but to judge from some of the hits that the Israeli army caused in Gaza, I think at least in some points the military action is excessive - justified, but excessive.

    So what is your suggestion?

    My suggestion is to approach Abu Mazen [Palestinian President Mahmoud Abbas - the ed.] and to accept the terms - which the whole world knows - for a two-state-solution and coexistence between Israel and the West Bank: Two capitals in Jerusalem, a mutually agreed territorial modification, removal of most of the Jewish settlements from the West Bank. When Ramallah and Nablus on the West Bank live on in prosperity and freedom, I believe that the people in Gaza will sooner or later do to Hamas what the people of Romania did to Ceausescu. I do not know how long it will take, but it is destined to happen - simply because the people in Gaza will be very jealous of the freedom and prosperity enjoyed by their brothers and sisters on the West Bank in the state of Palestine. This in my view is the solution, although this solution cannot be implemented in 24 hours or 48 hours".

    Morele verontwaardiging is maklik en daarmee ook te paradeer , hoe 'n goeie liberaal jy is. 

    Steve Biko sou jou aanspreek daaroor, maar werklike oplossings is nie so maklik nie. 

    Hierdie is die laaste wat ek aan jou skryf oor hierdie onderwerp en verkies ek om verder my westerse media te volg, "die klomp (wat) onder een mus en praat/propageer volgens hulle eie interesse" en ook in "die Israeli/Palestynse debat alleen Joodse en Amerikaanse bronne te kwoteer doen geen doel nie"

    Net soos ek Nim Chimpsky bo Noam Chomsky verkies.

    Noam Chomsky was vir lank die VSA se gewete en dit was goed en reg, maar jou bestaansblik is te simplisties en die oorsprong daarvan is redelik duidelik aan die hand van Chomsky. 

    Westerse media = sleg. 

    Israel = sleg. 

    VSA = sleg. 

    Godsdiens = sleg. 

    Palestina = goed. 
     
    Ek laat jou alleen met jou morele verontwaardiging en die maklike oplossing wat dit vir jou bied.  
     
    Ook, in 'n onlangse program oor die BBC. Palestina, omrede hulle nie 'n lid van die VN is nie, kan nie hierdie klag indien nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter, ek stel voor jy slaan ag op hierdie onderhoud deur Naomi: https://www.litnet.co.za/Article/wie-is-ek-deur-louis-awerbuck-en-lise-swart  

    Ek haal as volg daaruit aan: “Louis Awerbuck en Lise Swart se 'Wie is ek?'-reeks op RSG gee vir gewone mense kennis van algemene sielkundige kwessies, soos angsversteurings.”  

    “Wie is ek?” kan dalk net die antwoord wees op jou histerie gedurig op die werf en dalk die grys waan in jou lewe helder maak.  

    Pieter, ek voel gekomplimenteer om deur Wouter saam met jou op sy versteurde grys skaaltjie gedwing te word.  

    Jy moet maar daarvan vergeet om sy eie onderhewigheid en aan al sy desperaatheid om alles grys te maak, aan hom te verduidelik.  

    Dis tog duidelik dat Wouter baie moeite doen om sy bronne so te kies sodat dit sy grys manie as kamstig die waarheid bewys.  

    Wouter is egter nie die enigste met hul slimmigheid hier wat nie tussen berading en debat kan onderskei nie.  

    Desnieteenstaande, in antwoord op sy senuagtige insig heel onderaan sy onthutstheid hierbo, sal ek myself as volg van sy eng en kwaadwillige veronderstelling omtrent jou onderskei:  

    Westerse media = sleg (ons het gewis ooreenstemming hierin).   
    Israel = GOED.  
    VSA = sleg (natuurlik ook net hul leierskap en aan veral aan die “liberale” kant).   
    Godsdiens = GOED.   
    Palestina = SLEG (natuurlik ook net hul leierskap en aan veral Hamas).   

    Wie is ek? ... absoluut oortuig in my persoonlike ervaring in antwoord op hierdie vraag, die volgende omtrent myself – ek is 'n kind van God; ‘n man vir my vrou; ‘n pa vir my dogter; ‘n seun vir my ma; ‘n broer vir my suster en broers; ‘n vriend vir my vriende en vriendinne; konserwatief in my ideologiese denke; liberaal in my Godsdiensdenke; ‘n visterman; ‘n duiweboer ...  

    Daar is nog ‘n lang lys maar ek voel verseker nie in die grys van Wouter se mis vol vrees op enige vlak in my lewe vasgevang nie - ek leef volgens beginsel.

    In Wouter se manie land hy ook byna altyd die een of ander kwaadwillige stelling teenoor diegene wie hy glo hy kwansuis reg is.  

    Intussen hoop ek wel jy sien self deur die propaganda wat jou vyandig tot Israel maak.

    Mag Palestina nooit 'n Nelson Mandela oorkom en Israel nooit 'n FW de Klerk oorkom nie!  

    Namaste!

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, Afrikaliefde en katolieke Boeregroete,

    Cornelius Henn

  • Kennis geneem - geen kommentaar nie en volstaan met die verwysings gebruik in die vorige kommentaar. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top