Thomas: Geskape in die beeld van God

  • 5

Beste Thomas,

Onderwyl ek in die kombuis besig was met die voorbereiding van ‘n slaai vir ons aandmaal druis die herinneringe van my jeugdige indoktrinasie in my gedagtes op, nl hoe die mens, volgens die Bybel, bron van die Hebreeuse mite, deur god geskape is, in sy "ewebeeld". Hierdie konsep is daardie tyd sondermeer aanvaar as die heilige waarheid sonder verdere nadenking of analise. As dit wel die geval sou wees, dan moet mens reken dat hierdie antropomorfiese god ’n rasionele verstand het, kan sien en kan hoor, ook in besit van manlike geslagsorgane is, edm, wat al die emosies van sy skepsels deel, selfs ook van die negatiewe soort, soos: jaloesie en wraaksug. Hiervan is genoeg tekste in die Bybel om laasgenoemde te illustreer.

As god dan al die eienskappe van die mens toon, begin dit darem vir my te lyk dat die skrywers van die Torah en die Ou Testament God wel in hulle eie beeld geskape het.

Vandag wonder ek waarom god nie destyds vir die Israeliete ‘n land geskape het wat leeg was van ander inheemse inwoners nie. Daagliks sien mens op televisie hoe die uitverkore volk Palestyne doodmaak, en selfs skole en hospitale bombardeer. Vir elke Israeliet dood is daar minstens 80 Palestyne omgebring, en meestal siviele vrouens en kinders. Destyds toe die stamgod van die Israeliete Moses die gelofte land uitgewys het, was daar alreeds ander stamme en volke in die land woonagtig. En vierduisend- en- vyfhonderd jaar daarna is Israel nog die gevaarlikste brandpunt op die aardbol, ‘n nes van terrorisme en haat, nie juis die resultaat van ‘n rasionele god met verstand nie, en ‘n dodelike erfstuk aan die mensdom, danksy die Abrahamitiese godsdienste.

Die weë van die Here is darem ‘n misterie.

Groete,

Pieter Redelinghuys

  • 5

Kommentaar

  • Hoeveel preke is nie al gelewer na aanleiding van 'geskape na die beeld van God' en tot  hoeveel vekeerde afleidings soos die van Pieter Redelinghuys het dit nie al gelei nie.

    Wanneer 'n mens egter ander vertalings soos bv. 'Die Boodskap'- 'Die Bybel in hededaagse Afrikaans' lees tree 'n ander 'beeld' na vore.

    Daar lees 'n mens in Gen1 vers 26: "Toe het God gesê:"Ek wil 'n mens maak, 'n mens wat iets van My in hom het en selfs 'n bietjie soos Ek lyk.Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel.Hy sal al die klein- en groot vee asook al die wilde diere tem.Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.

    "27 God het toe die mens gemaak.En die mens het iets van God in hom gehad.God het 'n man en vrou gemaak."Hierdie skeppingsverhaal is geskryf tussen 586 - 539 vC.

    Dit is die tyd van die ballingskap. Van die ballingskap lees 'n mens die volgende in:

     'Encyclopaedia Britannica: (2007)also called  Babylonian Captivity,  the forced detention of Jews in Babylonia following the latter's conquest of the kingdom of Judah in 598/7 and 587/6 BC. The exile formally ended in 538 BC, when the Persian conqueror of Babylonia, Cyrus the Great, gave the Jews permission to return to Palestine.

    Historians agree that several deportations took place (each the result of uprisings in Palestine), that not all Jews were forced to leave their homeland, that returning Jews left Babylonia at various times, and that some Jews chose to remain in Babylonia—thus constituting the first of numerous Jewish communities living permanently in the Diaspora (q.v.).Many scholars cite 597 BC as the date of the first deportation, for in that year King Jehoiachin was deposed and apparently sent into exile with his family, his court, and thousands of workers. Others say the first deportation followed the destruction of Jerusalem by Nebuchadrezzar in 586; if so, the Jews were held in Babylonian captivity for 48 years.

    Among those who accept a tradition (Jeremiah 29:10) that the exile lasted 70 years, some choose the dates 608 to 538, others 586 to about 516 (the year when the rebuilt Temple was dedicated in Jerusalem).Although the Jews suffered greatly and faced powerful cultural pressures in a foreign land, they maintained their national spirit and religious identity. Elders supervised the Jewish communities, and Ezekiel was one of several prophets who kept alive the hope of one day returning home. This was possibly also the period when synagogues were first established, for the Jews observed the Sabbath and religious holidays, practiced circumcision, and substituted prayers for former ritual sacrifices in the Temple. The degree to which the Jews looked upon Cyrus the Great as their benefactor and a servant of their God is reflected at several points in the Hebrew Bible, e.g., at Isaiah 45:1–3, where he is actually called God's anointed."

    Dat die bannelinge geweldig beïndruk is deur alles wat hul gesien en beleef het van die nuwe kultuur en veral die  indrukwekkende  beroemde tuine is duidelik. Hulle gebruik dus dit wat hul sien om hul siening van 'n Skepper te verduidelik.

    'n Tuin is 'n afgebakende en beskermde gebied waarin talle werkers doenig is en deur die Koning gebruik word  om lafenis te soek na die dag se versengende hitte. Dit is duidelik dat die mens nie soos geglo word sy ontstaan in die tuin (paradys' gehad het nie want in die tweede skeppingsverhaal lees 'n mens in Gen.2 vers 8.'Die Here God het toe 'n mooi groot tuin in Eden, in die Ooste, vir die mens gemaak.Hy het die mens gevat en hom binne-in die tuin gesit'.

    Soos die koning van Babel se werkers in 'n beskermde gebied gewerk het, so het God die mens uit 'n onbeskermde gebied in 'n beskermde gebied geplaas met 'n spesifieke opdrag om die tuin namens Hom te versorg, soos die werkers die tuin van die koning van Babilon versorg het.

    Babilon en sy beskermde tuine was egter onderhewig aan aanslae van buite. 'So kan 'n mens dan ook verder lees dat Kores in 539 vC Babilon verower.Sou val Satan in die vorm van die slang ook'die Skepper God se  'tuin' binne en oortuig die mens om teen hul skepper te rebelleer en sy gebooie te verbreek.

    Dit is dus duidelik dat daar 'n noue verband is tussen die skepping van die mens as verteenwoordiger en beeld van God. Die mens is juis 'n beelddraer wanneer hy as God se verteenwoordiger optree in die hoedanigheid  waarin die Skepper die mens in die 'tuin'  dus op die planeet aarde geplaas het.

    Die verwoestende, oorlogvoerende mens is presies die teenoorgestelde.

  • Pieter

    Maar is die mens nie geskape "NA" die beeld van God nie - nie "IN" nie - dit maak 'n groot verskil. My bybel praat ook nie van 'ewebeeld' nie. Waar lees jy so?

    God is ook nie liggaamlik nie, maar God is Gees. Daarom kan daar ook nie gestry word dat Hy wit of swart is of man of vrou nie. 

    Die jaloesie wat jy na verwys is ook uiters kosbaar. God is nie jaloers op dieselfde manier as die mens nie. Lees die hele gedeelte. Hy is jaloers op my en jou (selfs al sien jy jouself as ongelowig) omrede jy sy oogappel is. My man is my beminde, en daarom is ek jaloers op hom. Maw - dis eintlik 'n lekker jaloers hierdie as jy dit so kan uitdruk. Dis spreek van liefde.

    God is wraaksugtig?  As jy God was en jou seuntjie word wreed agter 'n bakkie aangesleep tot die dood. Sou wraak goed wees in hierdie geval? Of sou jy alles los totdat die hele wêreld inmekaar tuimel? En die mensdom homself uitroei - soos wat eintlik die geval huidiglik is.

    Maar weet jy wat is genade? Hierdie gaan my verstand te bowe. Indien die persoon (wat die moordenaar van die seuntjie was) hom tot God wend in bitter berou - word hy dadelik vrygespreek. Dis genade!  Geen ander god is daar wat dit kan ewenaar. Net die God van die bybel.

    Pieter, ek is bitter jammer oor jou verkeerde konsep van die Skepper. Ek weet nie waar dit vir jou begin het nie. Moenie dit jou alpha en omega maak nie. Moenie God agtervolg nie. Ek smeek jou, en vra om verskoning vir al die bitter woorde van christene wat jou haat so kon opstoot. Ek weet hulle is skuldig. Die Here het jou egter niks gedoen. Of het Hy?

    Let go, brother.

    En geniet jou lewe eerder.

    Laat staan die ondermyning.

    Dit bring jou nêrens - net meer verdriet.

    Bestee eerder jou kosbare tyd aan die dinge in die lewe wat vir JOU saak maak. Jou vrou, jou kinders. Hulle is kosbare geskenke. Laat staan bitterheid. Dis nadelig vir innerlike vrede en maak mens onnodig siek. 

    Oor een ding is jy egter korrek. God is liefde. En Hy is lief vir jou (Pieter Redelinghuys) net soos jy is.

    Sterkte

    Trienie Mahne

     

  • Pieter Redelinghuys

    Beste FC Boot,

    Baie dankie vir jou interessante repliek oor my skrywe, en ek waardeer die nuwe interpretasie van "die Bybel soos in hedendaagse Afrikaans" . Vir my is dit 'n heel nuwe ondervinding, en die konsepte wat jy kwoteer totaal vreemd in die lig van vorige weergawes waarmee ek groot gemaak is.  Ek wonder hoeveel Afrikaners eers bewus en vertroud is met hierdie weergawe: Die Boodskap.

    Jou uiteensetting van die geskiedenis van die Jode, en die ontstaan van "Genesis" is ook 'n bron van intelligente interpretasie, en dankie daarvoor.

    Die afleiding van jou skrywe wat hom baie sterk voordoen is dat daar baie interpretasies van die Bybel bestaan, en al hierdie interpretasies is die denkwerk van feilbare mense, en ek sidder om te dink hoeveel "ketters" in die verlede na die brandstapels gestuur is vir enige onkonvensionele afwykings in interpretasie van die "offisiële weergawe" van die dag.

    Laastens - hierdie weergawe wat in jou skrywe voordoen blyk om meer aanvaarbaar vir die moderne denkende gelowige te wees as voriges.

    Nou brand ek van nuuskierigheid om te weet hoe Levitikus die verbranding van homoseksuele beskryf, en die doodmaak van ongehoorsame kinders! Moet die moderne sekulêre staat die doodstraf vir homoseksuele dade invoer soos voorgestel in die Bybel? Laat weet asb.

    Beste wense,

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Trienie,

    Baie dankie vir jou mooi brief. Een saak wil ek darem sommer onmiddellik opklaar. Ek is geensins bitter nie ( hoe kan jy ooit so 'n afleiding maak? ), en so ver ek bewus is, was christene ook nooit  vir my stout gewees nie!

    Geniet maar jou" lekker jaloesie" oor jou man, en moenie jou ooit bemoei met die lees van wêreldletterkunde nie , soos Shakespear se "Othello" wat handel oor hierdie onderwerp nie. Wat die onderwerp van wraak neem betref, merk ek dat jy 'n getroue "ou testamenter" is, en blykbaar vergeet het wat die Nuwe Testament oor hierdie saak te sê het.

    Leef jouself  ten volle uit met die Bybel as jou rigsnoer, soos wat ek nou ook my lewe geniet nadat ek vrede gemaak het met die las van laasgenoemde boek.

    Baie groete,

    Pieter Redelinghuys

     

     

  • Pieter

     
    God is inderdaad na die beeld van die mens geskape. Wat my egter pla is dat hy na een van die slegste beelde denkbaar geskape is. 
     
    Hy is jaloers. Hy straf jou as jy hom nie eerbiedig nie.
    Hy sal jou laat brand in die hel as jy nie sy stories onvoorwaardelik glo nie.
    Hy geniet dit as jy op jou knieë voor hom kruip.
     
    Die mense wat god geskep het openbaar seker bogenoemde eienskappe en daarom is ek altyd wantrouig as ek met dwepende godsdienstiges te doen kry.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top