Weet Steve wat hy sing?

  • 4

<< Gaan terug na Poolshoogte
>> Nog menings
Lewer kommentaar heel onderaan die bladsy of stuur jou reaksie aan [email protected].

Johann Rossouw en Deon Opperman peins twintig jaar na demokrasie oor Langenhoven se gedig "Die Stem", en oor die sanger en skrywer Steve Hofmeyr wat hierdie lied by ’n Afrikaanse kunstefees gesing het. Wat is die moontlike impak van Hofmeyr se gedrag op sy skryftaal Afrikaans? En wat is die rol van die skrywer binne sosiale verband? Die strewe na die herstel en kultivering van die waardigheid van alle Suid-Afrikaners – insluitend Afrikaners – bly ’n grondige kwessie. Maar verstaan Steve Hofmeyr dit?

Steve Hofmeyr

Die debat wat ontketen is deur Steve Hofmeyr se sing van “Die Stem” by die Innibos-kunstefees op Saterdagaand 5 Julie bly woed. En met rede, want dit raak aan daardie rou senuwees wat alle Suid-Afrikaners verstaan, naamlik die strewe na die herstel van ons waardigheid. Dit wys sowel die sterk emosionele steun wat vir Hofmeyr op sosiale media uitgespreek is, as die kritiek van mense soos Piet Croukamp, Max du Preez en Zelda la Grange.

Hofmeyr was nie links om op sy linkse kritici te antwoord nie. Afgesien daarvan dat hy hulle linksheid gebruik het om hulle die mond te snoer – asof linksheid of regsheid ’n mens per definisie diskwalifiseer – is die kern van sy antwoord dat “Die Stem” bloot ’n mooi gedig is wat altyd deel van Afrikaners se erfenis sal bly. Op die koop toe reken hy die lied is “heilig”. Maar is dit so?

Soos enige gemeenskap het ook Afrikaners vandag behoefte aan simbole wat hulle kan saambind en in staat stel om aan die demokratiese politiek deel te neem. Dit is oor die algemeen makliker om nuwe inhoud aan ou simbole te gee as om nuwe simbole te skep. Dit het ons gesien met die herlewing van die simboliek van die Groot Trek en die Suid-Afrikaanse Oorlog die afgelope vyftien jaar. Hierdie simbole kan Afrikaners opnuut aangryp, maar ook universeel verdedig word, want dit hou verband met die stryd om die voortbestaan in geregtigheid van ’n minderheid teen koloniale en imperiale magte. Dit is iets wat ander gemeenskappe in die land vanweë ons gedeelde geskiedenis ook goed verstaan en kan respekteer. Dit is deel van die verhaal van ons almal se voortgesette stryd om waardigheid.

“Die Stem” is egter ’n ander saak. Dit is ’n aangrypende gedig, maar die feit bly dat dit tussen 1948 en 1994 mettertyd op tragiese wyse in die nasionale verbeelding met apartheid en die aftakeling van ons waardigheid verbind is. Om ’n deel daarvan in die huidige volkslied in te sluit, was deel van die politiek van wedersydse erkenning wat die land op ’n nuwe koers geplaas het. Dat die verwagtinge van die nuwe koers weens die vergrype van ’n rasnasionalistiese staatselite uitbly, beteken nie “Die Stem” moet as’t ware uit die brose weefwerk van wedersydse erkenning geskeur word nie. Om “Die Stem” soos Hofmeyr in te span, is olie op die vuur van swart rasnasionaliste en vervreem Afrikaners se medelandsburgers en potensiële bondgenote, wat ewe veel onder die rasnasionaliste ly.

Julius Malema

Vir Hofmeyr, wat ’n meester van (populistiese) simboliek is, om dit te ontken, is hoogs problematies. Dat die Ekonomiese Vryheidsvegters onmiddellik “Die Stem” uit die volkslied wou verwyder, sou allermins by Hofmeyr se belangegroep ’n gevoel van tuiskoms en sekerheid skep – die pragtige “Die Stem” is nogmaals met goedkoop politiek besmet.

En van wanneer af is ’n geliefde lied “heilig”? Afrikaners met ons diep verbintenis tot die Christelike tradisie weet goed dat slegs God en Sy Kerk heilig is. Om ’n geliefde lied heilig te verklaar, is vermetele heiligskennis.

Ook moet gevra word of Hofmeyr nie oënskynlik gedink het dis belangrik om sy medekunstenaars by die betrokke konsert te raadpleeg oor die sing van “Die Stem” nie. Ook hulle is nou teen wil en dank met sy keuse verbind. Hofmeyr sou glo ook ’n ultimatum gestel het oor die seremoniemeester wat Innibos daardie aand wou gebruik – óf hy, óf ek – oënskynlik omdat Hofmeyr nie van die persoon se liberale politiek hou nie.

Met hierdie soort antidemokratiese, onwaardige populisme behoort Afrikaners hulle nie op te hou nie. Ons het genoeg inspirerende verhale van geregtigheid, waardigheid en wedersydse erkenning in ons geskiedenis om vandag ons plek as selfstandige, volwasse demokrate vol te staan in die volgehoue stryd om ’n waardige lewe vir onsself saam met al Suid-Afrika se gemeenskappe.

<< Gaan terug na Poolshoogte <<

Uit die LitNet-argief
Regsalmanak-rubriek
"Die Stem van Suid-Afrika"
– Gustaf Pienaar
2013-02-22
Essays
Hoe vertaalbaar is ’n volkslied? Enkele gedagtes oor taal, burgerskap en nasionale identiteit
– Desmond Painter
2009-08-20
Menings
Bêre eerder die volksliedere
– Etienne Viviers
2012-06-29
LitNet Akademies-gespreksruimte
Regsmening: Die volkslied vir die volke
– Owen Dean, Cobus Jooste
2012-06-20
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
Buren-Marsch: Die Transvaalse volkslied in Duitse gewaad
– Winfried Lüdemann
2008-07-17
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
Die sing van “Vlaglied” in sommige wit Afrikaanse skole in die 1980’s
– Carol Steyn
2013-05-14
Resensies
Om die onmoontlike moontlik te maak
– Willemien Brümmer
2010-03-16
Young Voices Conference 2004
The Rockspider's Opera: Singing Afrikaans in an African pantomime
– Carina Diedericks-Hugo
2004-10-28
Briewe deur die lug
Erfgoed
– Ampie Coetzee
2000-06-30
Briewe deur die lug
Dis ’n slegte gewoonte om altyd oor kultuur te praat
– Jeanne Goosen
2000

 

 

  • 4

Kommentaar

  • Ek en mnr Hofmeyr, het 'n natuurlike politieke renons aan mekaar, menige twitter-debatte getuig daarvan. Om die waarheid te sê daar is hele paar dinge in die lewe wat ons deel. Ons is beide blank en het opgegroei in 'n apartheid SA, hoewel ek hom dalk 'n paar jaar gee. Ons is beide hartstogtelik  lief vir hierdie land en so ook vir ons Afrikanertaal.(Hy mag maar skryf en sy sang is sag op my oor.) Daar is soos vir hom,ook vir my net  een Blou Bul rugbyspan.

    Ons albei lag graag en bo alles debateer ons graag en hier begin ons gestoei.

    Ek is eerstens soos Max du Preez, Piet Croukamp en vele ander wat hy gereeld aanval 'n Suid-Afrikaner, wat onder die subgroep 'wit Afrikaans' val en graag saam met ander subgroepe die nasie wil bou. Terwyl Mnr Hofmeyr en sy volgelinge nie bereid is om terug te staan en die jong demokrasie 'n kans te gun nie, inteendeel hy en diesulkes vervreem die Afrikaner net meer met hul ondeurdagte, moedswillige en snedige optredes. 
     
    Sing die stem as jy wil, maar moet nie moedswillig van 'n program afwyk om daarvan n politieke speelbal te maak nie. Ten laaste ons Afrikaners is nie heilig nie en kan daarom ook nie 'n lied heilig verklaar nie.
  • Avatar
    Adriaan de Bruyn

    << Gaan terug na Poolshoogte
    >> Nog menings

    Johann Rossouw en Deon Opperman peins twintig jaar na demokrasie oor Langenhoven se gedig "Die Stem", en oor die sanger en skrywer Steve Hofmeyr wat hierdie lied by ’n Afrikaanse kunstefees gesing het. Wat is die moontlike impak van Hofmeyr se gedrag op sy skryftaal Afrikaans? En wat is die rol van die skrywer binne sosiale verband? Die strewe na die herstel en kultivering van die waardigheid van alle Suid-Afrikaners – insluitend Afrikaners – bly ’n grondige kwessie. Maar verstaan Steve Hofmeyr dit?

     

    Die debat wat ontketen is deur Steve Hofmeyr se sing van “Die Stem” by die Innibos-kunstefees op Saterdagaand 5 Julie bly woed. En met rede, want dit raak aan daardie rou senuwees wat alle Suid-Afrikaners verstaan, naamlik die strewe na die herstel van ons waardigheid. Dit wys sowel die sterk emosionele steun wat vir Hofmeyr op sosiale media uitgespreek is, as die kritiek van mense soos Piet Croukamp, Max du Preez en Zelda la Grange.

    Hofmeyr was nie links om op sy linkse kritici te antwoord nie. Afgesien daarvan dat hy hulle linksheid gebruik het om hulle die mond te snoer – asof linksheid of regsheid ’n mens per definisie diskwalifiseer – is die kern van sy antwoord dat “Die Stem” bloot ’n mooi gedig is wat altyd deel van Afrikaners se erfenis sal bly. Op die koop toe reken hy die lied is “heilig”. Maar is dit so?

    Soos enige gemeenskap het ook Afrikaners vandag behoefte aan simbole wat hulle kan saambind en in staat stel om aan die demokratiese politiek deel te neem. Dit is oor die algemeen makliker om nuwe inhoud aan ou simbole te gee as om nuwe simbole te skep. Dit het ons gesien met die herlewing van die simboliek van die Groot Trek en die Suid-Afrikaanse Oorlog die afgelope vyftien jaar. Hierdie simbole kan Afrikaners opnuut aangryp, maar ook universeel verdedig word, want dit hou verband met die stryd om die voortbestaan in geregtigheid van ’n minderheid teen koloniale en imperiale magte. Dit is iets wat ander gemeenskappe in die land vanweë ons gedeelde geskiedenis ook goed verstaan en kan respekteer. Dit is deel van die verhaal van ons almal se voortgesette stryd om waardigheid.

    “Die Stem” is egter ’n ander saak. Dit is ’n aangrypende gedig, maar die feit bly dat dit tussen 1948 en 1994 mettertyd op tragiese wyse in die nasionale verbeelding met apartheid en die aftakeling van ons waardigheid verbind is. Om ’n deel daarvan in die huidige volkslied in te sluit, was deel van die politiek van wedersydse erkenning wat die land op ’n nuwe koers geplaas het. Dat die verwagtinge van die nuwe koers weens die vergrype van ’n rasnasionalistiese staatselite uitbly, beteken nie “Die Stem” moet as’t ware uit die brose weefwerk van wedersydse erkenning geskeur word nie. Om “Die Stem” soos Hofmeyr in te span, is olie op die vuur van swart rasnasionaliste en vervreem Afrikaners se medelandsburgers en potensiële bondgenote, wat ewe veel onder die rasnasionaliste ly.

     

    Vir Hofmeyr, wat ’n meester van (populistiese) simboliek is, om dit te ontken, is hoogs problematies. Dat die Ekonomiese Vryheidsvegters onmiddellik “Die Stem” uit die volkslied wou verwyder, sou allermins by Hofmeyr se belangegroep ’n gevoel van tuiskoms en sekerheid skep – die pragtige “Die Stem” is nogmaals met goedkoop politiek besmet.

    En van wanneer af is ’n geliefde lied “heilig”? Afrikaners met ons diep verbintenis tot die Christelike tradisie weet goed dat slegs God en Sy Kerk heilig is. Om ’n geliefde lied heilig te verklaar, is vermetele heiligskennis.

    Ook moet gevra word of Hofmeyr nie oënskynlik gedink het dis belangrik om sy medekunstenaars by die betrokke konsert te raadpleeg oor die sing van “Die Stem” nie. Ook hulle is nou teen wil en dank met sy keuse verbind. Hofmeyr sou glo ook ’n ultimatum gestel het oor die seremoniemeester wat Innibos daardie aand wou gebruik – óf hy, óf ek – oënskynlik omdat Hofmeyr nie van die persoon se liberale politiek hou nie.

    Met hierdie soort antidemokratiese, onwaardige populisme behoort Afrikaners hulle nie op te hou nie. Ons het genoeg inspirerende verhale van geregtigheid, waardigheid en wedersydse erkenning in ons geskiedenis om vandag ons plek as selfstandige, volwasse demokrate vol te staan in die volgehoue stryd om ’n waardige lewe vir onsself saam met al Suid-Afrika se gemeenskappe.

    << Gaan terug na Poolshoogte <<

  • Avatar
    Anna S Ahllers

    Ek verstout myself om hier 'n stuiwer in die armbeurs te gooi met kommentaar op bogenoemde skrywes.

    Dat Steve 'Die Stem' gesing het en so ook talle mense in die stadions by rugbywedstryde, voel ek die hele gesprekvoering en aftakeling van hom en diesulkes is swak smaak.  En as hy voel 'Die Stem' is heillig, is dit sy DEMOKRATIESE REG om so te voel.  So ook die sing daarvan in die openbaar.  By myself ondervind ek steeds die oorweldigende emosie by die aanhoor van die eerste akkoorde en die sing daarvan - ja;  laat my heilig voel.  Asof ek tot enigiets in staat is deur Hom wat my weë bepaal.

    Ek glo die oorgrote meerderheid van blanke Suid-Afrikaners doen elkeen sy/haar bietjie om 'n nuwe land te bou, maar dit beteken definitief nie dat ons nou ons verlede en herkoms moet versaak en weggooi nie.  'n Mens kan net mens wees as jy weet waar jy vandaan kom - goed of sleg - en daarop verbeter en jou foute regmaak.

    Hoekom moet ons vandag alles prysgee om 'n nuwe land te kan bou?  Hoekom moet ons ons geskiedenis negeer en net op die swak eienskappe daarvan konsentreer?  Hoekom moet ons ons identiteit verloor en dan wat word?   Ek sien al meer 'n rigitng van die minste weerstand en val maar in met wat ook al nodig is om vrede te hê.

    DIT SAL NOOIT GEBEUR NIE.   Kyk maar om julle hoe die land besig is om in anargie te verval.   Hoe meer daar toegegee word, hoe meer word daar geëis.   Hoe meer daar gegee word, hoe groter raak die korrupsie.

    Dalk is ek te ongeletterd om die dinge te begryp;  ek weet net dat niks waarmee ek grootgeword het, meer waarde het nie.   Ek mag nie trots wees nie; ek mag nie 'n identiteit hê nie; ek mag nie op16 Desember kerk toe gaan en dankie sê vir Sy beskerming nie.  Dit lei ook tot aanklagte van rassediskriminasie en teregwysing dat ek op 'hul vader se grond' beweeg!

    So kry 'n slag ent met die agteroor se gebuig en staan op vir ons demokratiese regte.

  • Avatar
    CorneliusHenn

    Beste Anna S Ahllers,

    FW de Klerk het reeds sy stem hieroor dik gemaak en beveel dat jy jou trots op jou erfenis ter wille van vrede rondom sy ideaal hier vermag, liefs uit die openbaar moet weghou.

    Hy het dit duidelik gestel dat jy as opregte (sportmal) Suid-Afrikaner, net "Nkosi Sekelel’ iAfrika" as jou trots in die openbaar behoort te sing.  

    Dit skyn dus dat “Die Stem” heel spoedig uit ons Volkslied gaan verdwyn aangesien enigiets wit Afrikaans, ander Suid-Afrikaners verskriklik aanstoot gee (heel ergste natuurlik vir die nuwe/neo wit Afrikaanses).  

    Hartseer groete,  

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top