Kommentaar

US Woordfees: God is 'n metafoor

Johann 2016-04-04 Arnold Taylor en Penzius het die kosmiese agtergrond ontdek. Fred Hoyle het die hipotese gestel dat die heelal staties is. Verstommend genoeg is na sy dood in 2004 erkenning verleen aan sy hipotese. As godvrate beweer dat God altyd was en is, geld dit ewe

Wanaanwending

Kobus de Klerk 2016-04-04 Jy raak werklik onsin kwyt. Waar kom jy aan die goed wat jy kwytraak? Gelowiges dink selde indien ooit aan die hel en deel daarmee omtrent slegs wanneer dit in gesprekke met ongelowiges relevant word. Die hel is nie deel van ons toekoms nie en is dus nie

US Woordfees: God is 'n metafoor

Johann 2016-04-04 Ai tog boet, die woord 'sonde' bestaan net tussen die blaaie van jou bybel! Registreer did nou nog nie by jou dat slegs tussen gelowiges moord, doodslag, oorlog en offerandes geregverdig word? Verstommend hoe die christene ly aan kognitiewe dissonansie! L

US Woordfees: God is 'n metafoor

Johann 2016-04-04 Om net die bybel aan te haal as gesag vir jou standpunt is mos belaglik! Wat van die Hindu bybel, die Veda? Wat van die Koran? Ten minste sê hulle heeltemal korrek dat as daar 'n god is dat dit nie deur die mens beskryf of aangehaal kan word nie. Daarvo

Nie so taai nie

F C Boot 2016-04-04 Beste Angus Wat ek vir jou gegee het was die klassieke verhouding en dit staan jou dus vry om daarmee te maak wat jy wil. Terloops waar is jou verduideliking oor dit wat die oorsaak van die Oerknal was?

US Woordfees: God is 'n metafoor

Francois Nel 2016-04-04 Aan Johan en Kobus de Klerk Ek stem baie saam met jou Kobus, goed gesê. Ek glo dat die rede hoekom mense nie in ’nGod wil glo nie is omdat hulle nie aanspreeklik wil wees vir hulle gedrag nie. As ons sê daar is nie ’n God nie dan kan ons mos babat

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

Frans Petoors 2016-04-04 Met my mensekennis, wat oor jare opgebou is, is dit tipies, as jy hom uitvang stry hy tot die dood toe, maar erken née! As jy dan in 'n hoek gekeer word en sien daar is geen uitkom kans meer nie, is die antwoord altyd, "I did not know" Hoe kan jy 'n pres

Amper waardige wesens

Kobus de Klerk 2016-04-04 Angus, jy verstaan en ken werklik nie krag van God nie - vir jou is alles menslik-doenbaar of niks. As jy na die skepping kyk, behoort jy mos te weet God se vermoëns is totaal en al bo jou vuurmaakplek. Maar as ateïs is jy so onontvanklik vir God en SY

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers

Tobie v.d. Westhuizen 2016-04-03 Ek was nog altyd by Lapa. maar weet nie of ek nog daar is nie. Julle boeke bly iets goed vir ons op die platteland!

US Woordfees: God is 'n metafoor

Angus 2016-04-03 Beste Gert, Man, ek sukkel om te verstaan wat jy skryf, help my dus reg. In sin een bedoel jy: Die mens is die enigste wese met 'n God-besef omdat hy die enigste wese is met 'n intellek? As dit is wat jy wou sê, dan stem ek saam met jou. (Nie nodig om

Nie jammer nie dominee

Angus 2016-04-03 Kobus beweer die ateïs is te onnosel om te verstaan en Reusedwerg sê weer die menere is te slim vir die onnosel gelowiges. Nou wat nou? Wie is dan die onnoseles? Diegene wat hulle verbeel hulle het spirituele intelligensie en kan spoke sien? Of hulle wa

Testamentnalating

maneul petersen 2016-04-03 Goeie dag aan mnr Dirk Rigter ek sit met ’n soortgelyke probleem en is desperaat vir hulp. Ek is ’n 32-jarige man wat met my vrou en twee kleuters by my stiefma en haar dogter bly wat eers my eie pa en eie ma se eiendom was. My biologiese ma het geste

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

Lola 2016-04-03 Stem volkome saam. Wat my bekommer is JZ het nie toespraak geskryf nie, eenvoudig dit afgelees met geen insig en poor judgement - hy vat geen verantwoordelikheid, lei aan geheueverlies en toon geen berou.

Johnré se amper blaps

Reusedwerg 2016-04-03 'n Mens is nooit te oud om te leer nie. Ek is elke keer tot stomheid geslaan. Die stelsel van Apartheid is in 1994 met 'n moerse gejuig dood en begrawe. Ek verwonder my elke keer aan mense wat apartheid onthou. Dit laat my dink aan die Zimbabwiese oorlogv

Welkom in die Vuil-Driehoek

Duitswester 2016-04-03 Welkom driehoekers, Vamboland lyk al vir 50 jaar so. Die Vambo-beeste en -bokke het al geleer om die papier van die plastiek te skei en te eet, want mensgemaakte droogte sorg dat daar nie gras is nie. Die gras wat wel opkom word gevreet voor dit saad skie

Johnré se amper blaps

Duitswester 2016-04-03 Hy sou aan die "huff and puff" gegaan het met 'n goed-geoefende vals vertoning van skok, wel wetende dat die spyker se kop tuit. Duitswester

Johnré se amper blaps

Angus 2016-04-02 ʼn Mens kon dié Johnré geteer en geveer het, maar in die hele RSA is daar nie iemand met so ʼn naam nie.

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

A. Fouche 2016-04-02 Een ligpunt in die donker politieke wêreld.

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

J Dippenaar 2016-04-02 Was opgewonde na uitspraak maar bek-af na halfwas verskoning v president. Hoop die mafia wat ons regeer se mag kan gebreek word.

Nie so taai nie

Kobus de Klerk 2016-04-02 Angus, Daar is net een God. Hoe die Moslems, Hindoes (Boeddhiste glo nie werklik in 'n God nie, terloops), ens die Godheid probeer tipeer en bedien, doen geen afbreuk aan daardie feit nie - dit is almal religieë wat poog om die aanhangers daarvan tot

US Woordfees: God is 'n metafoor

Kobus de Klerk 2016-04-02 Lê die goddelike geheim nie juis in die wete van God nie, want die wete van God is verantwoordelik vir sy bestaan in ons denkwyse, wat is die doel van enige entiteit sonder ’n begrip daarvan? God is immers glad nie sigbaar as ’n mens of vatbare visue

US Woordfees: God is 'n metafoor

Kobus de Klerk 2016-04-02 Hedendaagse wetenskap is verantwoordelik vir niks behalwe net die ontdekking van sommige van die dinge wat van die begin af reeds deur God in SY skepping daar geplaas is vir ons latere ontdekking en benutting nie. Moet dus nie maak asof die hedendaagse

US Woordfees: God is 'n metafoor

Kobus de Klerk 2016-04-02 Jy skep die indruk dat jy oneerlik met jouself is, of jy vertstaan nie wat aangaan nie. Natuurlik doen jy dieselfde sonde as Adam en Eva - hulle sonde was rebellie teen God se gesag, en so is joue, klaarblyklik. Of jy nou sê jy 'aanvaar' nie hulle sonde

US Woordfees: God is 'n metafoor

Kobus de Klerk 2016-04-02 Die dood van die Egiptiese eersgeborenes destyds was die keuse wat die Egiptenaars via hul koning gemaak het, deur hulle, ten spyte van vele waarskuwings, teen God te verset, want hulle het GOD geminag. Dit wys net weer daarop dat keuses wat mense maak

US Woordfees: God is 'n metafoor

Kobus de Klerk 2016-04-02 Die HERE Jesus Christus is GOD ewig voor HY in die gestalte van mens gebore is - HY is naamlik die Woord van God en het juis perfekte Mens geword om alle mense wie Hom aanneem (die uitnodiging is beslis vir jou ook) van die ewige dood te verlos deur SY kr

US Woordfees: God is 'n metafoor

Kobus de Klerk 2016-04-02 Die Bybel is die kompilasie van God-geïnspireerde geskrifte van verskeie mense oor die verloop van meer as 'n duisend jaar... Jy verg natuurlik Spirituele intelligensie (te kry by dieselfde God WIE die Skrifte inspireer - sien gerus Jakobus 1:5-8) en 'n

Backseat braaier

Grote Griet 2016-04-02 Goeie hel! So baie deurmekaar gedagtes en woorde het ek lanklaas gesien! "... roekelose reklame van hierdie subliminale kriminele se denke ..." "... waterpas parallakse van gronddom-vuurgevrete ..." Wat de moer gaan in jou kop aan? Jy moet opho

US Woordfees: God is 'n metafoor

F C Boot 2016-04-02 Beste Johann Appel sê jy. Die Bybel praat van 'n vrug wat in volksmond 'n appel geword het. Die grootste probleem waarmee alle gelowiges en ongelowiges worstel is die vermensliking van God. Dit is maar 'n mens se manier om iets wat te groot is vir die m

Boeke vanjaar bekroon deur die SA Akademie

Annatjie 2016-04-02 Ons gelukwense aan hierdie besondere skrywers. Groot waardering vir hulle bydrae in ons taal. Annatjie.

Gedig: In 'n vergange tyd

Hannes Steyn 2016-04-02 Haai Johann, treffend ... soos gewoonlik dankie.

Amper waardige wesens

Angus 2016-04-01 Kobus dink hy leef in 'n wêreld waar slange, bome en esels kan praat, waar mense opgetower word uit grond en ribbebene, waar wilde diere ewe hondmak, twee-twee 'n ark binnestap, waar 'n ongehoorsame vrou in 'n soutpilaar verander en 'n man sommer 'n hele

Sizwe Banzi is Dead neem voortou met vier KKNK Kanna-nominasies

Johann Olivier 2016-04-01 Geen nominasie vir Chris van Niekerk in Pa - skokkend!

Hoe klink ’n boek op die moltrein? Marinda Botha vertel van Beta than Paper

Alta Stevens 2016-04-01 Goeiedag. My een vriend is brsig om blind te word met makulêre degenerasie en kan nie meer lees nie. Het u dalk 'n lys van oudio boeke? Hy het graag biografieë en Deon Meyer ens gelees. Dankie

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

Francois Engelbrecht 2016-04-01 Tom, dit is nie net die steun wat Zuma van sy parlementslede kry wat pla nie, maar ook die uitsprake en beledigings wat deur senior ministers en amptenare teenoor die OB as persoon gemaak is. 'n Parlementslid en natuurlik ook 'n minister, se eerste taak b

Video: Bekendstelling van Donker Stroom deur Carel van der Merwe

Marie van Graan Westonaria 2016-04-01 Baie geluk aan die wenners. Ons is baie trots op jul almal. Welgedaan. Hou aan skryf.

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

Frans Petoors 2016-04-01 Uiteindelik is Zupta uitgewys wat hy werklik is. Hy kan egter wonderwerke voorsien, kyk maar net hoe merkwaardig het Shabir Sheik van terminaal siek, na perdfris en gesond herstel. Zupta is blykbaar ook 'n bedrewe Sangoma, miskien kan hy al ons mediese pr

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2016

davida 2016-04-01 Baaaaie geluk, Louise Viljoen! SUN MeDIA spog vir 'n eerste plek!!!

Tien vrae: Herman Lategan oor Binnekring van spookasems

Ansie Leicester 2016-04-01 Beste Herman 'n Paar maande gelede het jy die mooi storie in die Rapport Weekliks geskryf van die Carl Buchner skildery wat jy by hom gekry het en wat helaas weggeraak het. Ek het 'n uitknipsel gemaak, maar helaas dit het ook weggeraak! Hoe op dees

Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla

karen 2016-04-01 Uitstekende verslaggewing! Qatif, Saudi-Arabië.
Top