Hou jy daarvan om gedigte te skryf?
Stuur in jou gedig, jy kan lekker kontantpryse wen!
Junior kategorie:
- Graad 8 tot 12-leerders
Senior kategorie:
- Volwassenes
Prysgeld
Junior kategorie:
- Eerste plek: R3 000
- Tweede plek: R2 000
- Derde plek: R1 000
Senior kategorie:
- Eerste plek: R5 000
- Tweede plek: R4 000
- Derde plek: R3 000
In vanjaar se kompetisie gee ons lewe aan die woorde op papier en Hemelbesem het ingestem om die algehele wengedig deur performance poetry op te voer.
Kyk hier na ’n voorbeeld hoe Hemelbesem dit doen:
Sluitingsdatum vir inskrywings: 31 Mei 2016
Stuur jou gedig per e-pos na kuier@kuier.co.za met ATKV-gedigtekompetisie in die onderwerplyn; OF pos dit na ATKV-gedigtekompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000; OF inbox dit na Kuier op Facebook by www.facebook.com/kuierinstyl
Reëls en voorwaardes:
- Geen laat inskrywings word aanvaar nie.
- Jy kan net een gedig inskryf en dit mag nie langer as 14 reëls wees nie. Jou gedig moet in Afrikaans (nes jy dit praat of skryf) wees, dit kan oor enige onderwerp handel en moet geen kru taal bevat nie. Dit moet jou eie, oorspronklike samestelling wees en nie voorheen elders gepubliseer wees nie.
- Inskrywings kan nie teruggestuur word nie en Kuier en die ATKV behou die reg voor om gedigte wat ingeskryf is, te publiseer.
- Die finaliste en wenner word deur die redakteur en beoordelaars aangewys.
- Die redakteur se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder hieroor gevoer word nie.
- Werknemers en naasbestaandes van Media24, die ATKV en ander borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Deelnemers moet Suid-Afrikaanse burgers wees. Diegene wat jonger as 18 is, moet skriftelike toestemming van hul ouers kan bewys.
- Pryse is nie oordraagbaar nie.
- Die finaliste en wenners moet bereid wees om in Kuier te verskyn en aan bemarkingsaktiwiteite van Kuier en die ATKV deel te neem.



Kommentaar
Hi ek stel belang om vir kuier se ATKV-gedigtekompetisie in te skryf, maar is daar 'n inskrywingsfooi en is daar 'n spesifieke onderwerp vir die senior kategorie?
Laat weet my asseblief
Ek wil rerrig deelneem
Daar is geen inskrywingsfooi nie. Die gedig kan oor enige onderwerp handel.
Ek ken 'n gr. 6 leerder wat baie mooi dig - mag sy inskryf?
Die junior kategorie is slegs oop vir graad 8- tot graad 12-leerders.
Kan ek nog môre, 31 Mei inskryf? Tot hoe laat?
Met plesier, todat dit nie meer Mei is nie!
Wonderlik! Baie dankie!
Goeie dag my gediggie is in yippie! Nou net duime vas hou! Ek wil weet kry mens bevestiging dat e-pos wel ontvang is? Baie dankie, lekker daggie en geniet die keuringsproses! 😉
Wanneer word die wenners bekend gestel?
Wanneer,hoe en waar word die wenners bekend gestel?
Is daar al 'n wenner bekend gestel?
Het iemand al gehoor oor die wenners?
Is daar al amptelike wenners?
Almal vra maar kry geen antwoord nie.
Ai kierie. Ek het heeltyd gedink dit sluit einde Junie. WAAR was my kop nou? Oudword is werklik nie vir sissies nie. My tyd.