In ʼn kommentaar onderaan een van die skrywes ontken Kobus die feit dat die Drie-enige God van die Christen by die Konsilie van Nicea geskep is. Ek wil graag dié konsilies onder oë neem, en indien ek enige onjuistheid kwytraak, moet iemand my dit uitwys, en korrigeer.
Nadat Konstantyn in 322-3 vir Licinius oorwin het, het hy die enigste keiser van die Romeinse Ryk geword. Om orde in die Ryk te skep, het hy besluit dat daar slegs een religie moet wees, en hy rig toe briewe aan ʼn hele aantal kerkleiers om op ʼn sekere datum by Nicea te vergader. Nicea is gekies, omdat dit binne bereik was vir biskoppe van Asië, Sirië, Palestina, Egipte, Griekeland en Trasië.
Ons weet nie presies hoeveel biskoppe daar was nie, maar Eusebius praat van 250, terwyl Athanasius in sy brief “Ad Afros” sê daar was 318.
Die Konsilie is deur Konstantyn geopen. Hy het ʼn kleed van goud en edelgesteentes gedra, en op ʼn goue troon gesit, spesiaal vir hom gemaak. Sy openingsrede was in Latyn en hy het veral die wens uitgespreek dat daar religieuse vrede in die Romeinse Ryk moet heers.
Tydens die byeenkoms, is Jesus Christus uitgewys as die God van die Romeinse Ryk en dit het nogal heelwat teenkanting uitgelok, veral van Arius, wat beweer het dat Jesus Christus ʼn mens is, nie ʼn god nie. Arius het verskeie kere voor die raad verskyn, en sy opinie is ernstig bespreek. Die meerderheid was egter gelowiges, en het geglo dat Jesus Christus ʼn god is. Alhoewel Eusebius die oorheersende figuur was naas Konstantyn, was dit veral Athanasius en Hosius wat verantwoordelik was vir die opstel van die geloofsbelydenis, wat ons almal so goed ken. Hier is ʼn letterlike vertaling in Engels:
We believe in one God the Father Almighty, Maker of all things visible and invisible; and in one lord Jesus Christ, the only begotten of the Father, that is, of the substance [ek tes ousias] of the Father, God of God, light of light, true God of true God, begotten not made of the same substance with the Father [homoousion to patri], through whom all things were made both in heaven and on earth; who for us men and our salvation descended, was incarnate, and was made man, suffered and rose again on the third day, ascended into heaven and cometh to judge the living and the dead. Those who say: There was a time He was not, and He was not before He was begotten; and that he was made out of nothing [ex ouk onton]; or that the Son of God is created, or mutable, or subject to change , [them] the Catholic Church anathematizes.
Diegene wat nie wou toegee dat Jesus ʼn god is nie, is met die banbliksem getref. Theonas van Marmarica en Secundus is onmiddellik verban. Arius en sy geskrifte is ook dadelik met die banvloek getref, sy boeke is verbrand en hy is verban na Illirië. Die lys van ondertekenaars is vandag gehawend maar word nog ondersoek deur mense soos H. Gelzer, H Hilgenfeld, O Contz, C.H. Turner, en andere.
Verder het hulle besluit oor wanneer Paasfees gevier moet word, en dan was daar ook ʼn hele aantal kanons waarvan no. 3 nogal die lagspiere prikkel. Geen geestelike mag saam met ʼn vrou gesien word nie, behalwe as dit sy ma, suster of tante is. No. 12 sê weer alle biskoppe wat Licinius in sy oorlog teen Konstantyn ondersteun het, moet ʼn boete betaal.
Die tweede Konsilie van Nicea het in 381 vergader onder keiser Theodosius I en is deur 150 biskoppe bygewoon. Die Holy Ghost (qui simul adoratur) is toe bygevoeg tot die geloofsbelydenis van Nicea.
En van toe af aanbid Christene die Drie-enige God.
Angus


Kommentaar
Ai Angus
Die Geloofsbelydenis is mos baseer op wat Jesus oor homself, sy Vader en die Trooster gesê het en wat die Jode briesend gehad het en tot Jesus se dood gelei het.
Sien ook my kommentaar onder 'Nie so taai nie'.
Goed gestel Angus en baie waar. Daar was van diep verlede baie drie-eenhede, dis 'n diep-gewortelde "pagan" ding. En die drie dae dood en toe opstaan is ook 'n ou ding wat van sonaanbidding kom, soos die son laer sak in winter en dan stop en draai sodat somer begin, kan jy vir drie dae nie 'n verskil sien in hoe hoog die son rys nie, dis waar die drie dae van dood vandaan kom. En Y'zeus/Iesous/Jesus is die laaste van 16 messiasse wat dieselfde "credentials" het, seun van 'n god, ma 'n maagd, al daai dinge en almal van hulle sal terugkom om te regeer.
Die kennis is daar vir almal wat wil kyk, maar die oorgrote meerderheid Christene luister soms na 'n preek, verder hou hulle die vakansiedae en is tog so tevrede omdat hulle "gered" is sonder om op te hou sondig.
Elk geval, dankie vir 'n leesbare stuk.
Duitswester
Angus, Dit wat jy hierbo aanhaal, is geen ondersteuning vir jou stelling dat die Drie-enige God by die Konsilie van Nicea geskep is nie. Dit is inderdaad wel bevestiging vir wat ek weergee het - dat die konsilie orde gebring het en van alle afgode ontslae geraak het en dit wat reeds in die Woord te vinde is omtrent die geopenbaarde aard van God in die geloofsbelydenis te verwoord.
Jy verstaan eenvoudig nie wat aangaan nie.
Is dit maar die algemene probleem van julle ateïste en ander ongelowiges dat alles so oppervlakkig gelees en benader word?
Nes Duitswester - jy kan jou aan geen opinie wat hy uitspreek oor die HERE Jesus Christus steur nie want hy is so pseudo-judais en hulle is bekend daarvoor dat hulle nog in die ou Testament gleuf lewe en nog nie by die Nuwe Testamentiese ontwikkeling (lees openbaring) omtrent God kon uitkom nie.
Dankie, Angus vir die waarheid en ’n feitlike samevatting. Kan moontlik vir baie Christene ontstellende inligting wees.
Panda, daar is dinge wat jy net nie begryp nie... een daarvan is dat dit wat julle as ateïste oor sake Gods kwytraak, vir die gelowige glad nie 'ontstellende inligting' is nie, want jul verstaan niks daarvan nie en jul interpretasies is geskoei op jul onbegrip en die gelowige besef dit sommer gou.
Al wat eintlik daaromtrent ontstellend is, is om te sien hoe ingrypend agnostisisme mense kan laat dwaal... hoe jammerlik.
Kobus, Jy moet dit tog maar ernstig oorweeg om jou te laat toets oor hierdie verbeelde spirituele intelligensie besigheid. Een van die dae glo jy dalk nog jy is die apostel Paulus se reïnkarnasie.
Hi Angus,
Vir jou kennisname.
Die Konsilie van Nicea het nie die Drie-Eenheid "geskep" nie, inteendeel hulle het dit slegs bevestig dienooreenkomstig die apostels se leringe van wie Christus Jesus is - die enigste ware God en Tweede Persoon van die Drie-Eenheid saam met die Vader en die Heilige Gees.
Hoop dit maak dinge vir jou duideliker.
Groete
Dolf
Beste FC Boot,
Die geloofsbelydenis is deur die konsilie van Nicea geformuleer op grond van hoe hulle die Bybel vertolk. Daar moes nog besluit word of Jesus 'n god is of mens. Die heilige gees het aangewaai gekom vanaf 'n Cipriotiese mite.
Groete,
Angus
Beste Duitswester,
Sjoe! dankie vir al daai inligting. Lyk my die Christen-mitologie berus sommer op hope stories, vertellings, gelowe, bygelowe, mites, fabels, natuurverskynsels en wat nie alles nie. 'n Bietjie hiervan en 'n bietjie daarvan.
Groete,
Angus
No worries Angus. Ek het redelik diep in die mites gekrap en baie boeke gelees, meeste was geldmors. As jy belangstel kan ek jou 'n kortlys gee van die boeke wat ek nie vir vuurmaakhout gebruik het nie.
Die Christelike geloof, saam met die Christelike bybel se ontstaan lê diep en ver in paganisme.
Ek was op 'n tyd 'n vurige Christen, maar ek het toe die bybel begin lees.
Duitswester
Beste Kobus,
Jy glo dat as jy gesê het dat ek nie verstaan nie, dan is dit so. Nee, Kobus, ek kan verstaan dat die Christen die werk van die Konsilie sal insien as 'n wegdoen van afgode en die skepping van orde. Dit is immers wat Konstantyn beoog het. Feit bly staan, dis hier waar Jesus 'n Romeinse god geword het. Dis hier waar die Drie-enige god geskep is. As die Konsilie van Nicea die geloofsbelydenis nie so geformuleer het nie, sou jy ook nie geweet het van 'n Drie-enige god nie.
Ons ateïste verstaan maar te goed, juis omdat ons ateïste is. Dis die Christen wat in 'n beswymingstoestand verkeer en dinge deur 'n gekleurde Christenbril sien.
Groete,
Angus
Daar is net een God, Angus - naamlik God Drie-enig. Die Romein, Konstantyn, wat gewoond was aan die Romeinse panteon van gode, het hierdie aspek na sy bekering tot die Waarheid eenvoudig ook op die Romeinse Ryk van toepassing gemaak en is dit na al die eeue nog steeds wêreldwyd. Geen keiser of mens kon God (Wie die HERE Jesus Christus insluit) 'skep' en dit sou standhou na al die eeue nie nie.
God is, en alles wat leef het deur God se werke tot stand gekom.
Jy skop teen die prikkels. En jy is 'n ligsinnige spotter, as mens sommige van jou skryfsels moet oordeel - soos byvoorbeeld aan Duitswester net hierbo. Spot gaan jou geensins baat nie, net benadeel.
Ek wens net dat christene hul oë kan oopmaak en die waarheid besef want hulle is almal "gebrainwash" van kleins af om die nonsens in die bybel te moet glo! Vra jouself net een vraag waarom sal 'n almagtige opperwese diere en menslike offers wil hê soos in die OT? Want dit kom van heidense gelowe af; daai barbaarse mense het geglo dat gode offerhands wil hê - dierlik sowel as menslik! Waarom sal die bybelse god en jesus slawerny ondersteun as enige regdenkende mens weet dis verkeerd? Want die bybel is mensgemaak en die bybelse god is deur mense geskep!
Die skeppingsverhaal, noag se ark ens is alles gesteel van babiloniese mites af baie ouer as die bybelgeskrifte! Gaan lees gerus die Epic of Gilgamesh dan sal jy sien waar kom die bybelstories vandaan! Die bybel se god bestaan nie en indien wel is hy 'n "evil demon"! Gaan lees jou bybel en sien hoeveel onskuldige mense en diere die bybelse god doodmaak vir absoluut idiotiese redes! Maar hou die "maagde" vir julle om te verkrag natuurlik! Die aarde is nie 6000 jaar oud en is ook nie plat nie en die son draai ook nie om die aarde nie soos die bybel sê! Die bybel dink siektes kom van bose geeste af maar ons weet vandag dit kom bakterie en virusse af! Daar is geen iets in die bybel wat bewys dat dit van god af kom nie, absoluut niks!
Daar is niks van planete of enige wetenskaplike of biologiese feite wat ons nie vandag weet nie wat genoem word! God maak al die wette wat om te eet en hoe maar vergeet om te sê jy moet melk kook voor jy dit mag drink om veilig te wees! Hy is meer gepla dat jy mag nie 'n donkie en bees saam ploeg nie! Die ergste van alles jesus het geglo dis waar! Hy het ook gesê hy kom vinnig binne die leeftyd van sommiges wat voor hom staan! Dis 2000 jaar later en jesus het nie gekom nie en hy sal ook nooit nie! Die bybel is geskryf deur bygelowige rassistiese en seksbehepte woestynpriesters om mense in beheer te hou deur te dreig met die bybelse god! Groete!
Beste Duitswester,
Dieselfde hier. Al verskil is, ek het ateïs geword toe ek begin bid het, nog voor ek kon bybel lees. Ek het vroeg al ontdek bid is sommer twak, toe ek mooi op my knieë gevra het dat my gevrekte hoenderhaan weer lewend gemaak moes word.
Groete,
Angus
Angus
Jy het dalk te gou handdoek ingegooi vir die verhoring van jou smeekgebed vir die opwekking van jou haantjie. Jy weet mos dat die spoed van lig byna 900 000 keer vinniger as die van klank is. Nou waar is die hemel — jou gebed se bestemming? Iewers in die Melkweg waarvan die ander kant 180 000 lj van die aarde is of dalk nog in ’n ander sterrestelsel miljoene ligjare verder? Jou gebedjie het mos maar relatief gesproke so pas in die pad geval. Gee nog bietjie kans .
Groete,
Panda
Beste Dolf,
Alles is vir my so duidelik soos daglig. Jou skrywe is vir my nag. Nêrens in die Bybel word daar van 'n Drie-enige god, of 'n Drie-eenheid melding van gemaak nie. Die eerste keer dat daar van 'n Drie-enige God gepraat is, is na die tweede Konsilie van Nicea.
Die woordjie "drie" kom egter veelvuldig in die Bybel voor. Dit begin by Gen. 18:2 toe God verskyn in die vorm van drie mans aan Abraham. Dit eindig met Openb 21:13 met die beskrywing van die nuwe Jerusalem met sy drie poorte aan elke kant. Seker 'n poort vir elke god om in te gaan, of sal die drie so saam deur een poort geskwies kry?
Groete,
Angus
Angus, daai 12 poorte is vir die 12 stamme
Beste Kobus,
Jy sê daar is net een God, nl God Drie-enig. Dit klink presies soos die sjampoe wat ek gebruik: three in one, dit was, voed en spoel sommer so in one go.
Daar is nie net een god nie. Elke geloof hier op aarde het elkeen sy eie god of gode geskep.
Ek skop teen g'n prikkels nie. Waarom sou ek? Godsdienste amuseer my, en ek kan dit nie verhelp om uit te bars van die lag vir al hulle manewales nie. Dit wat in die Bybel staan, vind ek net so lagwekkend. Een van my kollegas is 'n Indiër, en heel beskaafde en geleerde ou. Hy het so 'n week gelede vir hom 'n nuwe Mercedes gekoop, maar jy moet sien hoe dit behang en besmeer is van die blomme en koek. Hulle het glo 'n hele seremonie gehou en die priester het die motor so geseën. Dis nou om al die gode tevrede te stel en te voed.
Ai, julle gelowiges verskaf my oneindige plesier, en dit vergoed so effens vir die oorlas.
Groete,
Angus
Beste Panda,
Nee, man, dis nou al 56 jaar gelede en my hoenderhaan het nog nie hier aangestap gekom nie. Waar trek my gebedjie nou? Seker darem al by Alpha Centauri? Is dit nie waar die hemel is nie? Elizabeth Klarer het mos so beweer.
Groete,
Angus
Ai Angus
Jy spot lekker nê. Maar eintlik spot jy maar uit onkunde.
Waar kom die gedagte van ‘n God Drie-enig nou eintlik vandaan. Dit is reeds baie vroeër ontwikkel.
Tertullian was ‘n Latynse teoloog wat vroeg in die derde eeu geskryf het. Hy het die woord ‘drie-enig’ en ‘persoon’ op skrif gestel en verduidelik dat Vader, Seun en Heilige Gees – een is in wese, maar nie in persoon nie.
Dit strook dan ook met Jesus se uitspraak soos vervat in Johannes 14 1953 vertaling:
1 LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.
5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
Sien jy nou dat dit ’n ander konsep is as jou drie-in-een sjampoe - waarin drie bestanddele so vermeng dat jy nie een kan uithaal en op sy eie kan laat werk nie en nog dieselfde resultaat behaal nie.
Dalk tyd dat jy jou 23 Bybels aan ’n museum skenk wat hopelik lees jy maar verstaan nie.
Groete.
Angus skryf: “In ʼn kommentaar onderaan een van die skrywes ontken Kobus die FEIT dat die Drie-enige God van die Christen by die Konsilie van Nicea GESKEP is”. Indien ek Angus reg verstaan, was die konsep van ‘n drie enige Christen God voor Nicea, onbekend.
Ek kan ook se dis ‘n feit dat gravitasie nie voor 1687 bestaan het nie, en dat dit ‘n skepping van Newton is, dat meetkundige theorems nie voor 300vC bestaan het nie, en dat dit skeppings van Euclid is.
Die universiele wette van gravitasie en meetkunde theorems was altyd daar. Newton en Euclid het sodanige wette en theorems formeel geformuleer. Dieselfde geld vir die opstel van die belydenis van Nicea I en II (Nicean Creed). Dit is vergesog dat by die 200 biskoppe eensklaps oortuig sou word oor die konsep van ‘n drie-enige God, indien daar nie vooraf reeds daarin geglo was nie. Die tradisioneel erkende kerkvaders wat die Nicea belydenis selfs eeue voorafgegaan het. het daarin geglo:-
POLYCARP 70 – 160nC, disipel van die apostel Johannes skryf: “O Lord God almighty (die Vader). . . I bless you and glorify you through the eternal and heavenly high priest Jesus Christ, your beloved Son, through whom be glory to you, with Him and the Holy Spirit, both now and forever,"
JUSTIN MARTYR 100 – 160nC skryf: “For, in the name of God, the Father and Lord of the universe, and of our Savior Jesus Christ, and of the Holy Spirit, they then receive the washing with water,"
IGNASIUS biskop van Antioch – sterf 117nC, skryf: "In Christ Jesus our Lord, by whom and with whom be glory and power to the Father with the Holy Spirit for ever,"
IRENAEUS 115 – 190nC, biskop van Lyons, skryf: "The Church, though dispersed throughout the whole world, even to the ends of the earth, has received from the apostles and their disciples this faith . . . one God, the Father Almighty, Maker of heaven, and earth, and the sea, and all things that are in them; and in one Christ Jesus, the Son of God, who became incarnate for our salvation; and in the Holy Spirit, who proclaimed through the prophets the dispensations of God, and the advents, and the birth from a virgin, and the passion, and the resurrection from the dead, and the ascension into heaven in the flesh of the beloved Christ Jesus, our Lord,……”
TERTULLIAN 160 – 215nC skryf: "We define that there are two, the Father and the Son, and three with the Holy Spirit, and this number is made by the pattern of salvation . . . [which] brings about unity in trinity, interrelating the three, the Father, the Son, and the Holy Spirit. They are three, not in dignity, but in degree, not in substance but in form, not in power but in kind. They are of one substance and power, because there is one God from whom these degrees, forms and kinds devolve in the name of Father, Son and Holy Spirit,"
https://carm.org/early-trinitarian-quotes
Ek als ateis is van mening dat in die soeke na waarheid, dat gedurig objektief na die breë prentjie gekyk moet word, en nie selektief om ‘n troetel mening te onderskraag nie, selfs bereid wees om vooropgestelde menings gedurig onder die vergrootglas te plaas in die soeke na waarheid.
Hierdie kêrel is een van die rare uitsonderings onder die ateïste waarna ek in 'n kommentaar verwys het, wat nie so eenogig en bevooroordeeld na alle sake Gods kyk soos sy sielsgenote geneig is om te doen nie.
Duitswester
Ek vind jou vreeslik geveins. Jy dans gedurig saam met ateiste om die Christelike geloof by te dam om elke draai, en tog wil jy voorgee jy is 'n gelowige in die Joodse Jahova God. By herhaling het ek jou gevra watter godsdienstige sekte of kultus behoort jy aan, want wat ek van jou skrywes aflei is dit nie hoofstroom Judaisme nie. Tot datum het jy my vrae ontduik, ooglopend met die wete dat ek sodanige geloofsaanhang feitlik gaan verslenter.
Met 'n vorige skrywe het jy Middel-eeuse Christene verkwalik omrede hulle Jode vervolg het. Toe ek vir jou uitgewys het dat Jode in daardie tyd by uitstek die blanke Europese slawe mark oorheers het, Christen blanke slawe gekastreer het en na die Moeslem Middeooste uitgevoer het, was jy daarna ook tjoepstil.
Kom by man.
Kom by Jaco, jy is 'n sodomietiese ateis en jy verbeel jou ek moet my geloof aan jou verduidelik? Om te wat? Daar is geen manier op aarde wat jy eens 'n greintjie daarvan ooit kan begryp nie.
Los dit uit
Duitswester
Beste FC Boot,
Ek het alreeds vir Kobus hieroor gepreek, en nou is dit jou beurt. Julle Christene se ou truuk is om diegene met wie julle ʼn debat voer, te beskuldig van onnoselheid en onkundigheid. Waarom julle dit doen weet ek nie; seker maar om julle eie onkundigheid en onnoselheid weg te steek, of miskien is dit dat julle aan die verloorkant is.
Ek weet baie goed dat Tertullianus die term Drie-eenheid gebruik het in sy werke, ek is nie so onkundig as wat jy kastig wil voorgee nie. Ek weet ook dat hy ʼn Montanis was, en dat hy geglo het dat die mens besete raak deur die heilige gees, baie soos die Blourokke hier by ons. Dan val hulle op die grond neer, kruip rond, prewel allerhande tale en bevoel die mooi meisietjies se boude so in die rondkruipery. Tertullianus se idees is totaal verwerp deur die Roomse kerk.
Ek weet ook dat Theophilus van Antiochië die term lank voor Tertullianus gebruik het, ek is nie so onkundig nie.
Nog iets wat ek weet, is dat die Konsilie van Nicea die geloofsbelydenis van die Christene geformuleer het, en elke Christen bely dat hy glo in God, die vader, Jesus Christus, die seun en in die heilige gees.
Jy hoef nie vir my aanhalings uit die Bybel te gee nie. Ek ken die Bybel beter as die meeste Christene (Blourokke ingesluit.) Ek het die Bybel al drie keer van hoek tot kant deurgelees. Het jy? Ek glo nie so nie, anders was jy ook ʼn ateïs.
Groete,
Angus
Beste Jaco Fourie,
Ek het ongelukkig FC Boot beantwoord voor ek jou kommentaar gelees het. Ja, die woord is "geformuleer".
Ek wil jou darem ook verseker, ek is nie so onkundig en onnosel as wat jy wil voorgee nie. Ek kan jou ook verseker, Browniepunte by Kobus is eintlik 'n belediging.
'n Natuurwet is mensgemaak. Die swaartekragwet is deur wetenskaplikes geformuleer nadat sekere natuurverskynsels waargeneem is. Swaartekrag het bestaan, maar dit is deur Isaac Newton geformuleer. Sy model was vir 200 jaar die enigste, maar daar was 'n paar klein dingetjies wat dit nie kon verduidelik of voorspel nie. Die planeet Mercurius was nog altyd die probleem en ook waarom lig buig as dit verby die son kom. Albert Einstein se swaartekragmodel verduidelik alles wat newton se model doen, maar dit verduidelik ook die ligbuiging en planetêre bewegings.
Ek sou sê as jy dalk maan toe wil vlieg, is Newton se model genoegsaam vir jou berekeninge. Jy kan ook Einstein se model gebruik, as jy wil , maar ek kan jou verseker, dit gaan jou hoofbrekens besorg. Dus, hou maar by Newton se gravitasiewet.
Groete,
Angus
" 'n Natuurwet is mensgemaak"... watter loutere snert. Geen mens het die natuurlike fenomeen gemaak wat deur 'n natuurwet beskrywe word nie. Mense het dus reeds bestaande natuurwette (vaste natuurlike fenomene) ontdek en gewoon beskryf, maar baie beslis nie gemaak nie.
Beste Jaco,
Ek het met bogenoemde my punt nie duidelik gestel nie.
Gravitasiewette, en meetkundige teoremas was nie maar altyd daar soos jy wil voorgee nie. Eers nadat Newton en Euklides dit geformuleer het, was dit daar. Wette en teoremas is die beskrywing hetsy deur taal of wiskundige notasie van dit wat bevind is na navorsing.
Groete,
Angus
Ek dink nie jy verstaan wat jy self kwytraak nie, Angus - die wetenskaplikes het die 'ongedefinieerde' maar reeds bestaande natuurlike fenomene (wat na die verwoording daarvan 'natuurwette' genoem is), waargeneem en dit wat hulle waargeneem het, verwoord - dus het die natuurwette bestaan voor dit deur wetenskaplikes in woorde geformuleer is - woorde wat 'n lank reeds bestaande natuurlike fenomeen gewoon beskrywe.
Angus
Wees verseker ek beskou jou geensins onkundig of onnosel nie, inteendeel soos ek by vele geleenthede in die verlede genoem het, het ek 'n hoe agting vir jou kennis, veral mbt die wetenskap, taalkunde en ewolusie, al drie waarin ek persoonlik in ver tekortskiet, ook deur myself in die verlede erken.
Die argument in jou brief hierbo is dat die konsep van 'n drie-enige God vir die eerste keer by Nicea plaasgevind het wat ek as my reg kon bevraagteken, en die voorbeeld gegee dat soos swaartekrag altyd bestaan het en eers deur Newton in 1687 wetenskaplik geformuleer was, so ook was dit die geval met Nicea wat die eeue oue bestaande geloof in 'n drie-eenige God formeel in 'n Kredo (Creed) geformuleer het. Dit was nooit my bedoeling gewees om 'n wetenskaplike debat oor swaartekrag uit te lok, wat geensins deel van jou argument hierbo uitgemaak het nie.
Die ongeluk met baie hier op SêNet is dat aliansies onderling gevorm word tot gevolg dat eerder as om objektief die inhoud van 'n brief te beaam of te bevraagteken, daar liefs teenoor die betrokke opponent persoonlik aangeval word. Pleks om die bal te speel, word die opponent eerder toegetakel.
Ek soek nie "brownie" punte by Kobus, jouself of enig ander persone op SêNet nie. Ek ken nie een van julle persoonlik nie. Ek probeer myself objektief toespits op die inhoud van enige brief hier op SêNet, en indien ek dit nodig ag, daarop respondeer. Daar is tye wat ek met jouself, Kobus, FC en ander gaan saamstem, en ander tye hewig van sal verskil.
Ek lees die kommentare en wyshede van die manne. Ek hoop van harte hul soeke sal hul iewers bring of dat daar eendag antwoorde op hul vrae sal wees. Die skepping bly vir my 'n wonderwerk wat ek nie kan of wil verklaar nie. Ek geniet en probeer dit bewaar. Ek probeer elke dag in vrede en harmonie met ander en die omgewing te leef. Daar is vir my meer belangriker sake as om te soek na iets wat ek weet ek nie sal vind nie. Een van die mees onverklaarde "wonderwerke" is, hoe kom die siel/gees van 'n mens by sy/haar liggaam in die baarmoeder uit. Sterkte manne, ek hoop julle kry waarna julle soek. Ek hoop ook julle sal nie teleurgesteld wees nie. Dit is nie so moeilik nie. Dit is voor die hand liggend. Maar soek maar aan. Sterkte.
Beste Kobus,
Nee, die BESKRYWING van dit wat in die natuur gebeur, is die natuurwet. Daarom word dit Kepler se wet genoem wat Newton gelei het om Newton se wet van swaartekrag te formuleer. Natuurgebeure verander nie, maar wette kan verander, verkeerd bewys word of bygevoeg word. Die Kepler/Newton-wet het 'n verdere byvoeging gekry met Henry Cavendish se navorsing. Einstein se swaartekragmodel gebaseer op sy relatiwiteitsteorie kan meer dinge verduidelik as Newton se model, maar sluit dit in.
'n Mens praat van 'n swaartekragwet of -model of -teorie.
Groete,
Angus
Jy begryp nie eens die strekking van die taal nie... wat nog te sê die res. As jy reg moes wees, sou dit beteken dat niks in die natuur sou plaasvind totdat dit deur een of ander knaap geformuleer of beskrywe is nie, want dan eers verkry dit krag van 'n natuurwet en word dit 'n vaste werkswyse.
Watter snert raak jy dus kwyt. Kyk, dinge gebeur volgens vasgestelde natuurlike fenomene (natuurwette) en dan kom die knaap en beskryf dit. Die voorkoms en werking van die fenomeen het met die knaap se beskrywing daarvan niks te make nie want dit is hoegenaamd nie daarvan afhanklik nie - met of daarsonder werk dit steeds so omdat dit 'n natuurwet is.
Jy is werklik te insigloos dit in te sien en om te redeneer daaroor, vir redes reeds genoem elders, en waarop jy jouself bejammerend beantwoord met 'ag foeitog'... Nogal so, ja. Te twisgierig is jy.
Beste Kobus,
Moenie jou onvermoë om te kan lees, so ten toon stel nie.
Groete,
Angus
Moenie jou probleem myne probeer maak nie, dit werk nie, Angus.
Ek het Duitswester se response 12/4/16 misgekyk waar hy skryf: " jy verbeel jou ek moet my geloof aan jou verduidelik? Om te wat? "
Hierdie man is altyd vinnig om Christene by te dam in ondersteuning van ateïste, al is hy selfs nie een is nie. Hy weier om sy geloofsaanhang te openbaar vir die leser hier op SêNet, en soos hy se: "Om te wat?" Ja maat om jou geloof ook te kan uitmekaar skeur soos wat jy met die Christelike geloof doen!
Pinki Ponk
'n Mens kan 'n saak debatteer met opponente waar beide partye hulle stellings feitlik kan staaf al dan nie, maar om onnodiglik 'n tirade teenoor Christene te voer sonder feitlike ondersteuning en valse voorstellings te maak soos bv oa te se: ‘want hulle is almal "gebrainwash"’, toon vir die leser dat jy onverdraagsaam bevooroordeeld is, en is ook baie slegte smaak.
Ek is 'n ateïs, maar juis omrede ek 'n ateïs is, pla dit my hoegenaamd nie waarin ander glo nie. Indien dit vir hulle in hulle lewens gelukkig maak, respekteer ek hulle geluk. Om te verwag hulle moet soos jy glo, is voorbarig.
Kan nie glo na al die jare wat ek LitNet vermy het, dieselfde bende nog steeds mekaar hier aanvat nie. Ek moet erken ek het julle en die intense debatte nogal gemis! Sal gou weer gesels ...