Oortuigend

  • 9
Met gelykenisse en metafore word daar gretiglik verkondig dat die mens steeds skaapagtig onnosel is.
 
CM
  • 9

Kommentaar

  • Neels(Husky)Visser

    Dagsê, CM.
    Ek vermoed jou briefie verwys na die "ewigdurende" stryd tussen evolusie en geloof in 'n hoër mag? 'Daar is 'n paar dinge wat my opgeval het en laat wonder oor die teorie van evolusie. En hiermee wil ek nie in 'n argument met jou betrokke raak oor die onderwerp nie, maar ek glo daaraan dat mens ander se standpunte oor dinge mag respekteer. Hierdie is my eie beskeie opinie.
    Vir evolusie om te kon gebeur sou daar reeds 'n paar dinge in plek moes wees. Beweging, is nodig vir "enigiets" om te kan gebeur. Maar vir beweging om plaas te vind, is daar tog energie nodig, voordat dit kan gebeur? Sonder 'n vorm van energie wat toegepas word kan beweging nie teweeg gebring word nie. En as daar nie beweging was nie, sou tyd sekerlik nie kon bestaan het nie, of hoe? En daar moes ook ruimte bestaan het vir beweging om te kan plaasvind. As daar geen plek is vir "iets" om heen te beweeg nie, sou beweging ook nie kon plaasvind nie.
    Met ander woorde energie, tyd en ruimte moes in plek wees voordat beweging sou kon plaasvind. Sonder hierdie "reeds bestaande" dinge sou evolusie of enigiets anders nie kon plaasvind nie, volgens my. Daar sou geen materie kon bestaan het vir evolusie, of enige ander proses om mee te werk nie Dus, is daar noodsaaklike dinge wat evolusie voorafgegaan het. En dit wil vir my voorkom asof evolusie, as gevolg daarvan nie aaspraak daarop kan maak dit dit "eerste" was nie?
    Maar my vraag is nou dit! Wie of wat sou die nodige elemente dan in plek gesit het?
    Sou jy saamstem, dat dit wil voorkom, asof iets voor evolusie bestaan het wat die nodige dinge reeds vooraf bewerkstellig het? Wat sou 'n mens hierdie energie of krag kon noem, wat nog voordat evolusie kon gebeur, reeds in werking was?
    So jy sien, vir my kan evolusie daarom nie die "alfa en omega" wees nie. Ek sou daardie titel eerder aan die "Energie" wat alles begin het toedig. Juis omdat ek vermoed dat Hy wat die proses begin het, sekerlik by magte kan wees om dit weer te stop.
    En selfs ek, wat maar 'n nietige mens is, besef dat die Energie wat alles begin het oorspronklik buite die proses sou moes staan om dit aan die gang te sit!
    Lekker vriendelike groetnis.
    Husky.

      • Neels(Husky)Visser

        CM,
        dis eintlik nogal 'n jammerte dat jy sulke kort briefies skryf. Iemand soos ek wat lanklaas hier aangemeld het, raai dan maar waaroor dit gaan wanneer ek dit lees. Maar dit lyk darem nie asof jy te veel gekant is teen my skrywe nie?
        Lekker Groetnis.
        Husky

        • Husky,
          Ek is nie gekant teen enige skrywe nie, en nie deel van enige stryd nie. Daar is niks om te raai nie.
          Groete
          CM

          • Neels(Husky)Visser

            CM, jammer as ek jou skrywes (dus vir jou ook) dan verkeerd opgesom het. En toe sommer ongevraagd my opinie gegee het oor 'n onderwerp wat niks met jou sinnetjies te doen het nie.
            Vriendelike Groetnis.
            Husky.

      • Neels(Husky)Visser

        Kobus,
        dankie vir die verwelkoming. Lyk vir my ek het die trant van CM se skrywes hier, heeltemal misverstaan! Ek het vir 'n wyle gedink hy is een van die mense wat, nog aan die outydse teorie van "evolusie wat alles begin het" vasklou. Maar nou ja, ek het darem soort van apologie aangeteken.
        Maar eweneens is dit lekker om weer van jou ook te hoor.
        Vriendelike Groetnis
        Husky.

        • Kobus de Klerk

          Neels, dit was en is altyd goed om jou bydraes te lees, want dit is sinvol.

          Terloops, jy is nie verkeerd oor CM nie. Hy is 'n ateis wat verseker vasklou aan die nosie van 'evolusie wat alles begin het'. Jou bydrae was in die kol, maar hy sê hy het oor iets anders as die evolusie vs Goddelike skepping geskrywe. Hy skryf net een sinnetjie op 'n slag, so, hy loop maar die risiko dat mense daaruit neem soos dit voorkom.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top