Portale

Akademiepryse 2017: SA Akademieprys vir vertaalde werk aan Daniel Hugo – commendatio

Thys Human Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"As vertaler bly Hugo deurgaans getrou aan Hertmans se taalregister en styl, wat plek-plek nogal barokagtig raak. En, net soos Hertmans, span Hugo bekende woorde op só ’n wyse in dat verrassend nuwe betekenisse ontstaan."

Akademiepryse 2017: Erepenning vir 'n dokumentêre TV-program in Afrikaans aan die regisseur Richard Finn Gregory – commendatio

Marisa Keuris Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Boere fassineer egter ook op vele ander vlakke: die besondere leefwyse van hierdie groepie mense word simpatiek uitgebeeld en hoewel die eenvoudige (selfs armoedige omstandighede) van hierdie mense die toeskouer opval, is dit eerder die pretensielose eerlikheid van hierdie groepie persone wat die kyker aangryp en roer."

Akademiepryse 2017: Die Proteaprys vir beste Geskiedenisverhandeling in Afrikaans en die Generaal Christiaan de Wet-beurs aan Anneke van Heerden – commendatio

Wessel Visser Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Ten spyte van die feit dat die meeste argivale dokumente oor die Suiderkruisfonds verlore geraak het, het me Van Heerden deur goeie navorsing ook daarin geslaag om 'n akademiese narratief oor hierdie grootliks vergete organisasie te skryf en die baanbrekerswerk wat dié fonds ten opsigte van die sosiale en maatskaplike versorging van 'n hele geslag Suid-Afrikaanse soldate verrig het, te boek te stel."

Akademiepryse 2017: Huberte Rupertprys vir klassieke musiek aan Hanna van Niekerk – commendatio

Izak Grové Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Haar pionierswerk hier het gelei tot etlike van haar studente as nasionale en internasionale pryswenners."

Akademiepryse 2017: Eugène Maraisprys vir poësie aan Bibi Slippers – commendatio

Andries Visagie Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Dit is opwindend om die werk van ’n digter te lees wat nie daarvoor terugdeins om die nut van eksperiment in die poësie na waarde te skat nie."

Akademiepryse 2017: Eugène Maraisprys vir drama aan Amy Jephta – commendatio

Andries Visagie Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

Die drama is ontstellend en boeiend en getuig van ’n baie fyn aanvoeling vir die uitbeelding van dramatiese situasies wat die aandag van lesers sowel as toneelgangers enduit bly vasvang.

Akademiepryse 2017: Eugène Maraisprys vir prosa aan Lien Botha – commendatio

Willie Burger Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-23

"Wonderboom is ’n boeiende leeservaring wat ontstel weens die reliëf wat aan ons eietydse ervarings gegee word, wat dikwels ook snaaks is, en wat op indringende wyse nadink oor die maniere waarop die verlede benut word om sin te maak van ons bestaan."

Video: Antjie Krog se toespraak by die ontvangs van die Hertzogprys 2017

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-22

Antjie Krog het op Woensdag 22 Junie die Hertzogprys vir poësie by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stellenbosch-bekroningsgeleentheid in ontvangs geneem. Die prys is toegeken vir haar bundel Mede-wete. Hier is 'n video van haar toespraak.

Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek

Menán van Heerden, Isabeau Botha, Janine Brown Onderhoude 2017-06-21

"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken. 

Word ’n boekfluisteraar

Izak de Vries ATKV-Portaal 2017-06-20

"My terugvoering aan die skool was dat ek besef het dat al die bibliotekarisse wat as sprekers opgetree het, die woorde 'veilige hawe' gebruik het!"

Pos beskikbaar: Kommunikasiebeampte

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2017-06-20

"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi hiermee geskikte kandidate uit om aansoek te doen om die pos as kommunikasiebeampte. Aanstellingsdatum: 3 Julie 2017."

Protes teen die voorgestelde wysigings aan die Suid-Afrikaanse kopieregwet

Izak de Vries PEN Afrikaans 2017-06-17

"Die bestaande wetsontwerp is swak opgestel en het verreikende gevolge vir skrywers en uitgewers. PEN Afrikaans versoek dus alle belanghebbendes om hulself te vergewis van die erns van die saak."

Rymklets saam met Jitsvinger op Jeugdag: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Jitsvinger Onderhoude 2017-06-14

"Rymklets is die billboard van streeksdialekte, die baarmoeder van nuwe woorde en die fakkel van progressiewe letterkunde." 

PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2017

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2017-06-09

Oor: vaarwel aan PG du Plessis; internasionale eer aan Breyten Breytenbach; nuwe kommerwekkende poging tot wysiging van SA kopiereg; aansoeke vir NATi-befondsing in 2018 sluit 30 Junie; skryf voor 3 Julie in vir die tweede Kunste Onbeperk Teksmark; skryf voor 28 Junie in vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse; Trippel-7-kandidate by die 2017 ATKV-Winterskryfskool; Izak de Vries – kaalvoet-Comrades-held; kortlyste vir die 2017 Media24 Boeke-pryse; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie

Persvrystelling: Brei-athon ter viering van Nelson Mandela-dag

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2017-06-09

"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in samewerking met Paarl Museum en die Dorkas en Busy Beez Vroueklubs bied op Saterdag 24 Junie 2017 hul jaarlikse brei-athon aan ter viering van Nelson Mandela-dag."

Uit die argief: ’n Nuwe, kommerwekkende poging om Suid-Afrikaanse kopiereg te hervorm

Catrina Wessels, PEN Afrikaans Kopiereg-wetsontwerp 2017-06-08

Die hersiene weergawe van die wetsontwerp wat veranderinge aan die Wet op Outeursreg voorstel, is op 16 Mei 2017 by die parlement ingedien. Indien hierdie wet aanvaar word, kan dit verreikende negatiewe gevolge vir skrywers en uitgewers hê.

PG du Plessis: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-06-08

"Hy het onder meer in 1972 die Hertzogprys ontvang vir sy dramas, Siener in die suburbs en Die nag van Legio."

PG du Plessis: sy nalatenskap sal nog jare lank eggo

LitNet In memoriam 2017-06-08

"Dit is met leedwese dat die ATKV verneem dat die formidabele woordsmid PG du Plessis op Woensdag 7 Junie 2017 oorlede is. Woorde ontbreek om sy bydrae tot die wêreld van Afrikaans te beskryf en sy nalatenskap sal nog jare lank eggo."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2017

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2017-06-06

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van resensies van Afrikaanse boeke wat in Mei 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persvrystelling: Noord-Kaapse SAPD se taalbeleid onder skoot

LitNet Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2017-06-06

"Volgens ’n direktief van die Noord-Kaapse adjunk-provinsiale kommissaris, moet alle verklarings voortaan in Engels afgelê word en word polisielede verplig om verklarings wat in Afrikaans afgelê word self in Engels te vertaal."

Top