Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 September
- ‘Poësie van die diaspora’ wen Ingrid Jonkerprys
Nuus: Hilda Smits wen Jonkerprys. - ’n Kort, wellustige soen
Profiel: Murray La Vita praat met Eben Venter
2 September
4 September
- Die laaste reis van SA se skrywer-askeet
Boekeblad: Johann Rossouw resenseer Slot van die dag en Afskeid van Europa deur Karel Schoeman - Broodnodige gesprek oor ras
Boekeblad: Francois Bekker resenseer Saam in Suid-Afrika deur Chris Jones en Pieter van Niekerk - Goeie stories skryf hulself
Boekeblad: Riaan Grobler resenseer Boereverneukers deur Izak du Plessis
6 September
7 September
- Vroue-manifes op PEN-kongres voorgelê
Kuns/boeke/nuus - Leser moet self oor Christelike bundel oordeel
Cas Vos oor die samestelling en kritiek op Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte. - Kuns/vermaak/boeke: Jansen besing lof van sy ma in nuwe boek
8 September
11 September
- Digter weerloos sterk in ‘gekoude papier’
Boekeblad: Neil Cochrane resenseer Krap uit die see deur Fourie Botha - Weg van‘rock bottom’ die lig in
Boekeblad: Lucia Swart-Walters bespreek Hykie Berg deur Hykie Berg met Marissa Coetzee
13 September
15 September
16 September
18 September
- ‘Christelike’ verse vir die twyfel en die glo
Boekeblad: Charl-Pierre Naudé resenseer Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte, saamgestel deur Cas Vos - Oor die aard van menswees
Boekeblad: Riette Rust resenseer Oorkant jou: ’n Verhaal uit die binnekamer deur Juliana Coetzer
19 September
21 September
- Nuus: Bennie Griessel is terug
- Om ’n tweede mening te kry
Kuns: Storie oor uitgewer Naledi wat al hoe meer hoëprofieldigters trek
24 September
- Nuus: Winnie Rust gedenk met skryfwerksessie
- Pragboek oor Boereoorlog ’n ‘museum in ’n boek’
Kuns/boeke: Storie oor die boek Die Anglo-Boereoorlog in 100 objekte
26 September
27 September
28 September
Die Groot Ontbyt
Dia van Staden het in September die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
5 September
1. Elton die verskriklike April verloor dit deur Carin Krahtz
2. Die boosaardige broers Botha deur Adeline Radloff en Alex van Houwelingen
3. Paaiboelie deur Chanette Paul
4. Saam in Suid-Afrika deur Pieter van Niekerk en Chris Jones
12 September
1. Die einde van die storie deur Santie van der Merwe
2. Nuwe stemme 6 saamgestel deur Bibi Slippers en Charl-Pierre Naude
3. Nou.hier deur Corné Coetzee
4. In die skadu van ‘n legende deur Pieter van der Westhuizen
19 September
1. Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg
2. Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé
3. Robyn se ongetemde man deur Dina Botha
4. Alles begin met Anna deur Annemari Coetser
26 September
1. Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte deur Cas Vos
2. Boereverneukers deur Izak du Plessis
3. Ek leer deur Leon Rousseau – 3 boeke vir kinders
Flits
Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144).
Op 24 Augustus het Piet Matipa gesels oor sy grootwordjare in die kinderhuis, oor sy werk as misdaadjoernalis en nou sepieskrywer, en oor die skryf van sy eerste boek, Dwarsklap – Skakerings van swart in die nuwe Suid-Afrika:
Op 7 September is hierdie onderhoud met Paul Beatty gevoer – die skrywer wat verlede jaar met sy roman The Sellout die gesogte Booker-prys gewen het:
Op 7 September is ook ’n insetsel uitgesaai oor die Kaapstadse Open Book-fees, wat groot internasionale skrywers soos Paul Beatty en Nathan Hill gelok het. Lauren Beukes en Irna van Zyl gee hulle indrukke:
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:
|
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser
Liné Enslin "Alles begin met Anna is ’n familiesage met storielyne wat soos treinspore Suid-Afrika se oorlogsgeskiedenis deurkruis en uiteindelik by dieselfde eindbestemming aankom." |
|
Swanesang deur Karel Schoeman: ’n FMR-resensie
JC de Villiers "In hierdie werk slaag die skrywer in ’n besondere mate daarin om die veelvuldige faktore wat die nedersetting aan die Kaap – op daardie stadium ’n uithoek van die wêreld – beïnvloed het, aan te dui." |
|
Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Chris van der Merwe "Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens." |
|
Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: ’n resensie
Alta Cloete "Chicklit soos Vet feetjies vlieg nie is maar een van die subgenres wat deesdae gretig gelees word en in haar werk in hierdie kategorie sluit Loots weer eens aan by die neiging tot meer realistiese heldinne in romantiese fiksie." |
|
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie
Adean van Dyk "Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer." |
|
Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie
Andries Visagie "Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur." |
|
Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie
Nadia de Kock "Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry." |
|
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Dewald Koen "Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf." |
|
Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Elzette Steenkamp "Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel." |
|
’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie
Nini Bennett "Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses." |
|
Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie
Org Potgieter "Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie." |
|
Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie
Christo Lombard "Binne die reeds interessante gesprek tussen die teoloog en die letterkundige in hom betrek Van der Merwe die huidige aktuele 'gesprek tussen geloof en wetenskap' ook op ’n besonder deurdagte en stimulerende wyse in die ontwikkeling van sy gedagtes oor die meer omvattende en allesbepalende gesprek tussen God, mens en wêreld. Hierdie belangrikste van alle gesprekke is vir hom 'die gesprek sonder einde'." |
|
Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie
Org Potgieter "Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur." |
|
Die Poort: Krygers deur Nelia Engelbrecht, ’n resensie
Henriëtte Loubser "Tieners lees dikwels eerder Engels as Afrikaans, waarskynlik omdat die genres wat hulle verkies (soos fantasie, wetenskapfiksie en futuristiese verhale), nie geredelik in Afrikaans beskikbaar is nie. Juis om hierdie rede is die Poort-reeks so ‘n lekkerlees- en uiters waardevolle toevoeging tot die fantasiegenre in Afrikaans." |
|
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n resensie
Martie Retief-Meiring "Die leser sal enduit lees, en vir Du Plessis vergewe vir sy soms te gemoedelike styl. Dis dalk die geselligste manier om oor boereverneukers te praat." |
|
Oor berge en dale, op reis met 'n monumentjagter: ’n onderhoud met Jackie Grobler
Jackie Grobler, Naomi Meyer "Ek het my doelbewus daarop toegespits om gedenkplekke van al Suid-Afrika se uiteenlopende gemeenskappe in te sluit." |
|
Hilda Smits: ’n onderhoud met die wenner van die Ingrid Jonker-prys 2017
Hilda Smits, Naomi Meyer "En aan die begin was daar rympies …" |
|
Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n onderhoud
Juliana Coetzer, Naomi Meyer "Van my kliënte het gevra: Vertel my storie. Vertel sodat ander daaruit kan leer. So is die boek gebore." |
|
Op die vingerpunte van die heelal: ’n onderhoud met René Bohnen
René Bohnen, Naomi Meyer "Ek kan nie ’n tyd onthou voor gedigte nie." |
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende September op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
12 September
Ver in die wêreld, Kittie
Dit gebeur soms dat wanneer jy ʼn boek finaal toemaak, jy net wéét dat die karakters nog vir baie lank saam met jou sal wees – hulle sal soos ou vriende deel van jou bly en jy sal soms wonder hoe dit met hulle gaan, skryf Louise Viljoen oor Santie van der Merwe se boek, Ver in die wêreld, Kittie.
14 September
Schalk Schoombie se ‘Rooi haring’
Schalk Schoombie se jongste roman, “Rooi haring”, is ʼn “troosroman”, een wat ʼn uitweg bied na ʼn wêreld van kos, glansganse én mediameelopers, gekenmerk deur naywer wat wrewel word en eindelik uitloop op moord, skryf Johan Myburg.
28 September
Boerekos met ’n twist
Die boek bevat veel meer as net ’n versameling smullekker nostalgiese resepte. Annelien deel kwistig raakvat-raad uit en vertel van kortpaaie en plaasvervangers – haar “resep met ’n les”-konsep wérk, skryf Louise Viljoen.
Rapport Weekliks
Die volgende resensies het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Nelia Richter en Johan van Zyl, verskyn:
3 September
- Groen soos die hemel daarbo (Eben Venter) deur Frederick J Botha
- Onderhoud met Jan Terlouw (Aldi Schoeman)
10 September
- Die laksman se dogter (Gerda Taljaard) deur Neil Cochrane
- Op pad (Dana Snyman) deur Jeanne Henning Els
- Liminal (Douglas Reid Skinner) deur Joan Hambidge
17 September
24 September
- Artikel: “Die taal van vertaal” deur Eben Venter
- Hykie Berg: ’n Storie van hoop (Hykie Berg) deur Gustav Greyling
- Oorsigresensie (Kinderboeke): Vir jonges van vlees (en gees)
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 6 September
Ilse Salzwedel gesels met prof. Charles van Onselen oor sy interessante geskiedkundige boeke. Francois Lötter van die Breytenbachsentrum in Wellington vertel meer die Tuin van Digters wat op 15 en 16 September daar gehou word. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekewêreld, en jy kan onder meer luister na die digter John Ashbery wat een van sy gedigte voorlees. Die Afrika-skrywer van die week is Christopher Okigbo.
Woensdag 13 September
Ilse Salzwedel was by die ATKV Woordveertjies in Stellenbosch en sy gesels met van die bekroondes. Bruce Koopman van Uitenhage vertel watter verskil sy huisbiblioteek maak in die lewe van die kinders van die Jazztown-woongebied by Uitenhage. September is internasionale geletterdheidsmaand, en Lizelle Langford van die READ Opvoedkundige Trust vertel van hulle Red Reading Boxes. Johan Myburg vertel meer oor die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor nuwe boeke uit die pen van Salman Rushdie en John le Carré.
Woensdag 20 September
Die bekroonde jeugroman Vaselinetjie word hierdie Vrydag as 'n rolprent uitgereik. Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van Vaselinetjie, Anoeschka von Meck. Dan Sleigh gesels oor die ATKV Prosaprys wat onlangs aan hom toegeken is vir sy roman 1795, en Christo Davids vertel meer oor sy drama My seuns wat met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon is as beste dramateks. Die Afrika-skrywer vandeesweek is Frank Chipula van Malawi. Johan Myburg gesels in sy internasionale letterkunde-insetsel onder meer oor die Man Booker-kortlys, 'n toekenning vir die skrywer A.S. Byatt en plagiaat deur die Franse digter, wyle Pierre Des-Ruisseaux.
Woensdag 27 September
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Francois Loots oor sy nuwe roman, Die diepblou see. Ilse Salzwedel gesels met Karina Szcurzek, weduwee van die skrywer Andre P. Brink, oor haar biografie. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer hoe skrywers oor sosiale media voel.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 5 September
Juanita Swanepoel lees verse van Olga Kirsch.
Dinsdag 12 September
Chris van Niekerk lees speelse verse.
Dinsdag 19 September
De Waal Venter lees verse uit sy bundel Oop sirkel.
Dinsdag 26 September
Petru Wessels lees verse van Suid-Afrika se ouer vrouedigters.
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Op 4 September het ’n resensie van Corné Coetzee se debuutdigbundel, Nou, hier, verskyn.
Op 26 September het ’n resensie van De Waal Venter se digbundel, Oop sirkel, verskyn.
In September is ook ’n onderhoud met De Waal Venter geplaas.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende September die volgende resensies en rubrieke gelewer:
11 September
Burger oorweeg in ’n rubriek twee teenoorstaande beginsels – die plesier- en realiteitsbeginsel in letterkunde.
18 September
Rooi haring – Schalk Schoombie & Per ongeluk – Lloyd Zandberg
25 September
James Wood, The Nearest Thing to Life – ’n boeiende mengsel van literêre kritiek en outobiografiese herinnerings
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Skakels na boekbesprekings vir haar blog asook verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.


4 September