Die tiende ATKV-Woordveertjies het Vrydag 8 September op die Anura-landgoed buite Stellenbosch plaasgevind. Hennie van Greunen was die regisseur van dié glansryke geleentheid. Foto's: Naomi Bruwer.
Die gasvrou vir die aand was Nina Swart.
Spoegwolf het gesorg vir die musiek.
Die Prys vir Poësie is vanjaar aan Bibi Slippers vir Fotostaatmasjien (Tafelberg) toegeken.
Stian Bam lees voor uit Fotostaatmasjien.
Rosita Oberholster het die Prys vir Romanses vir Troue in ’n towerbos (Romanza) ontvang.
Die ATKV se Woordwystoekenning word al meer as ’n dekade lank jaarliks toegeken aan ’n woordeboek of taalgids wat grense verskuif. Die ATKV-Woordwystoekenning 2017 gaan aan Ouma Geelmeid ke kx’u ||xa||xa N|uu, uitgegee deur die Centre for African Language Diversity, Universiteit van Kaapstad.
Die prys is in ontvangs geneem deur Matthias Brenzinger, direkteur van die Centre for African Language Diversity.
Die Woordveertjie vir Beste Liefdesroman is aan Chanette Paul vir Offerande (LAPA Uitgewers) oorhandig.
Die Woordveertjie vir die Beste Niefiksieboek in Afrikaans is vanjaar die eerste keer toegeken. Dit is oorhandig aan Elsabé Brits vir Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, uitgegee deur Tafelberg.
Vanjaar se Toekenning vir Leesbevordering gaan aan die Jazz Town-biblioteek, Uitenhage, in die Oos-Kaap.
Bruce Koopman het die biblioteek in sy motorhuis in Lukie-straat, Jazztown, Uitenhage, ingerig.
Christo Davids het die Prys vir Dramateks vir My seuns ontvang.
Christo Davids
Die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur is toegeken aan Karin Brynard vir Tuisland (Penguin Random House SA).
Lee-Ann van Rooi lees voor uit Tuisland.
Die ATKV-Prosaprys is deur Deidre Le Hanie, besturende direkteur van die ATKV, oorhandig aan Dan Sleigh vir 1795, uitgegee deur Tafelberg.
Dan Sleigh
Stian Bam en Lee-Ann van Rooi
Die ATKV-Kinderboektoekennings bestaan uit vyf kategorieë en die volgende wenners is aangewys:
In die voorleeskategorie: graad RR tot graad 1
Jaco Jacobs en illustreerder Karen Lilje vir LAPA Uitgewers se Grom!
Selfleeskategorie: graad 2 tot graad 3
Jaco Jacobs en illustreerder Zinelda McDonald vir LAPA Uitgewers se Viskos.
Jaco Jacobs het die prys in ontvangs geneem.
Selfleeskategorie: graad 4 tot graad 5
Fanie Viljoen en illustreerder Elsbeth Eksteen vir LAPA Uitgewers se Oepse daisy, Lulu.
Selfleeskategorie: graad 6 tot graad 7
Elizabeth Wasserman vir Elf dae in Parys, uitgegee deur Tafelberg.
Selfleeskategorie, graad 8 tot graad 10
Cecilia Steyn vir Tienerharte 3: Hartedief, uitgegee deur Human & Rousseau.
Die wenners
Kommentaar
Raakgevat! Alles hier is perfek en lieflik. Geluk aan elke wenner.