Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Die visie van die ATM is om die nasionale Afrikaanse Taalmuseum en -monument só te bedryf dat Afrikaans so inklusief moontlik in sy volle omvang gerespekteer en waardeer kan word. Besoek hulle webwerf by http://www.taalmuseum.co.za/.
Neville Alexander-gedenklesing: Afrikaans se erfenis – verlede, hede en die volgende 100 jaar
2025-09-29"Afrikaans is meer as sy verlede, sterker as sy hede en vol moontlikhede vir sy toekoms, maar net as ons betrokke bly, bou en skep."
’n Lesing, ’n voorreg, ’n viering van Afrikaans
2025-09-29"Dit was een van die hoogtepunte in my jaar. Ek het huis toe gegaan met dankbaarheid – vir die geleentheid, vir die mense en vir die besef dat Afrikaans, met al sy teenstrydighede en sy geskiedenis, steeds ’n lewende taal is wat die vermoë het om te groei en te verras."
Persverklaring: Neville Alexander-pryse: Húlle wen R90 000 | Neville Alexander awards: They win R90 000
2025-09-23’n Rymkletser, ’n kuberdigter en ’n meester van boekefeeste is vanjaar se waardige wenners van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se sesde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans. | A rapper, a cyber poet and a master of book festivals are this year’s worthy winners of the Afrikaans Language Museum and Monument’s sixth Neville Alexander prestige awards for the advancement of Afrikaans.
Uitnodiging na die Neville Alexander-gedenklesing op 20 September in die Paarl
2025-09-09Ons nooi jou graag na die luisterryke sesde Neville Alexander-gedenklesing op 20 September waartydens die skrywer Cliffordene Norton die rede sal voer.
Foto’s: "Hoe beleef ons taal?" by die Taalmuseum en -monument
2025-08-21Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het op Saterdag, 16 Augustus 2025 ’n taaldagbespreking aangebied. Hier is foto’s en hoogtepunte van die geleentheid.
Persverklaring: "Hoe beleef ons taal?" vra Taalmuseum en -monument
2025-08-15Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi belangstellendes na die GRATIS en gewilde taaldagbespreking op Saterdag, 16 Augustus 2025 – dit boonop in ’n jaar wat erkenning gee aan drie mylpale vir hierdie jong Afrikataal. Die interaktiewe, lewendige gesprek in die Paarlse middedorp word daarna afgerond met heerlike verversings en informele kuiergesprekke.
Persverklaring: Madrassas, weerstand én Afrikaans
2025-08-04In Suid-Afrika het madrassas nie net gedien as ’n instelling vir Islamitiese godsdiensonderrig en weerstand teen slawerny, kolonialisme en apartheid nie, maar dit het ook ’n beduidende rol gespeel in taalontwikkeling, veral met betrekking tot die skep en behoud van Arabiese Afrikaans.
Persverklaring: Bekroonde skrywer Danie Marais lei slypskool vir stokperdjie-digters op 7 Junie 2025 by die Taalmonument
2025-05-30Vir diegene wat dalk soms ’n bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ’n gedig op te tower, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weereens ’n poëtiese oplossing: ’n slypskool op Saterdag 7 Junie 2025, met die beminde digter, vryskutjoernalis, musiekskrywer en omroeper Danie Marais.
Persverklaring: Oesmaan | Harvest moon – Afrikaanse Taalmonument, 14 Maart 2025
2025-03-04Besoekers kan die volmaan van nader bekyk tydens ’n heerlike aand op die beeldskone Paarlberg. Die Afrikaanse Taalmonument nooi almal hartlik uit om hierdie natuurverskynsel op Vrydag 14 Maart te geniet as deel van die instelling se halfeeuvieringe.
Persverklaring: Magiese musiek en piekniek – vier Taalmonument met Jeodhouse Band
2025-01-13Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument vier in 2025 haar 50ste bestaansjaar. En om op ’n hoë noot daarmee weg te spring, tree die Jazz-, R&B- en popsensasie Jeodhouse Band op Paarlberg aan vir ’n soel someraand met magiese musiek, perfekte pieknieks en ongelooflike vergesigte.
Persverklaring: Sterrekykpiekniek by die Taalmonument op 21 Desember 2024 – alle oë op goddelike Jupiter
2024-12-20Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Jupiter – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 21 Desember 2024.
Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50
2024-12-12"In ’n mens se lewe dui hierdie ouderdom op ’n middeljarigheid, op ’n stadig word, op die koms van mankoliekheid, en kruipende melankolie. Maar in die lewe van ’n monument is dit maar die eerste oogwink."
Persverklaring: Uitsonderlike gebeure sal Paarlse ikoon se 50ste vier
2024-12-12Dit gaan ’n jaar wees om te onthou! Só het Michael Jonas, die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), op Saterdag 30 November 2024 belowe tydens die vermaaklike bekendstelling van dié instelling se feesprogram vir 2025 wanneer beide entiteite 50 jare vier. Daarnaas is ’n nuwe webtuiste, logo en buiteluguitstalling onthul terwyl verskeie kunstenaars ook opgetree het.
Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument
2024-10-28Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.
Persverklaring: Taalmonument vier 49ste jaar met ’n dans
2024-09-09In die aanloop tot die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar, vier die vriendelike personeel haar 49ste verjaardag met ’n swierige dans op Saterdagaand, 12 Oktober 2024, waarheen een en almal genooi word. Die tema is "Denim en diamante" en Coolsounds Band sal die musiek optower om almal op hul tone te hou tussendeur die eet, drink en kuier.
Persverklaring: "Wie en wat word in 2025 gevier?" vra Taalmonument
2024-07-18’n Taalgesprek in taalmaand oor taaljaar: Op die vooraand van die 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal in Suid-Afrika, nooi die Afrikaanse Taalmuseum en-monument belangstellendes na ’n insiggewende taaldagbespreking op Vrydag, 16 Augustus 2024. Die interaktiewe, lewendige gesprek by die monument op Paarlberg sal boonop met ’n heerlike aansitete, ook gratis, afgerond word waartydens nog idees kuier-kuier uitgeruil kan word.
Persverklaring: Gratis Arabiese Afrikaanse werkswinkels in Kaapstad op 27 Julie 2024 | Press release: Free Arabic Afrikaans workshops in Cape Town on 27 July 2024
2024-07-05Om die herlewing van Arabiese Afrikaans te versterk bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Historium Trust en Cape Family Research Forum twee gratis werkswinkels oor hierdie unieke skryftradisie in Kaapstad aan. | To strengthen the revival of Arabic Afrikaans, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM), Historium Trust and Cape Family Research Forum are offering two free workshops about this unique writing tradition in Cape Town.
Persverklaring | Die Afrikaanse Taalmonument: Wen R10 000 vir 'n monumentale logo!
2024-05-02Wen R10 000 vir 'n monumentale logo! En vertolk só geskiedkundige rol vir Taalmonument se 50ste. Soos Afrikaans self, is die monument ten nouste gewortel in die kontinent van Afrika, dus mag die inheemse kreatiwiteit vloei! Sperdatum is 31 Mei 2024.
Persverklaring: Chadleigh Gowar stel nuwe album op Paarlberg bekend | 16 Maart 2024
2024-03-04Die bekroonde gospel- en jazzkunstenaar Chadleigh Gowar stel sy langverwagte nuwe album, The love I know, op Saterdag 16 Maart 2024 by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl bekend. Kom geniet ’n skemerpiekniek in die pragtige en intieme Tuinteater aan die voet van die monument.
Uitnodiging: Taalmonument se volmaanpiekniek beloof ’n belewenis
2024-01-30Bewonder die Dassiemaan op Paarlberg, 23 Februarie 2024 | Admire the Dassie Moon on Paarl Mountain, 23 February 2024