Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Die visie van die ATM is om die nasionale Afrikaanse Taalmuseum en -monument só te bedryf dat Afrikaans so inklusief moontlik in sy volle omvang gerespekteer en waardeer kan word. Besoek hulle webwerf by http://www.taalmuseum.co.za/.
Persverklaring: Taalmonument vier Jeugdag met virtuele konsert
2020-06-09Ter ere van Jeugdag 2020 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Marco Mentoor Produksies ’n opwindende gratis aanlynkonsert wat opkomende Drakensteinsterre aan ’n wêreldwye gehoor sal bekendstel.
Persverklaring: Koronahumor span die kroon
2020-06-05Wen! Met nuutskeppings soos "koeshoes", "grendelgriep" en "kwarantynwyn" asook die snaakse Afrikaanse meme en grappies wat soos ’n virus op sosiale media versprei, is dit duidelik dat daar geen tekort aan kreatiwiteit in hierdie tyd is nie. Daarom word almal uitgenooi om, as deel van die ATM se 45-jarige vieringe, hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies op te tower.
Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar
2020-06-03Die Afrikaanse Taalraad, LitNet en die Afrikaanse Taalmuseum bied op 16 Junie 2020 vanaf 10:00 tot 11:00 'n webinaar aan met die tema "Die toekoms van Kaaps". RSVP teen 11 Junie 2020.
Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps
2020-05-18"Ter ere van die feit dat Afrikaans – en eindelik ook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) wat 45 jaar in 2020 vier – deels te danke is aan pogings om die Bybel in hierdie taal te vertaal, is die instelling verheug om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet saam te snoer om nuwe vertalings van die Bybel in Kaaps in die Groen Galery uit te stal."
Persverklaring: Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie
2020-05-14Die internasionale museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is "Museums vir gelykheid: Diversiteit en inklusiwiteit", wat weer die kollig plaas op die werklike doelstellings van museums, skryf Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).
Persvrystelling: Streel jou ore met dié gesproke woorde en musiek
2020-02-26Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste feesjaar bied Saterdagmiddag 29 Februarie 2020 ’n opwindende program met musiek en stories uit die boonste rakke. Die veeltalige, multikulturele program beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en niesprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.
Persvrystelling: Son, skemerkelkies en jazz by Taalmonument
2020-02-18Die veeltalige, multikulturele naweekprogram beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.
Persvrystelling: Bevorder geletterdheid stap-stap in pragtige omgewing
2020-02-06Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se naweeklange 45ste feesvieringe spring op 29 Februarie 2020 om 08:00 weg met ’n "45 Minute vir Afrikaans"-pretstap.
Persvrystelling: Pak die Bul by die horings by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek fokus op Taurus en sy rooi oog
2020-01-29Kapenaars en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die sterrebeeld van die Bul (Stier) en sy kenmerkende rooi oog – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 22 Februarie 2020.
Persvrystelling: Vier saam-saam Taalmonument se 45ste jaar in 2020
2020-01-14Die veeltalige, multikulturele program sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.
Persverklaring: Grondwoorde van ver vind tuiste in Paarl
2019-12-19Om op ’n skeppende noot mee weg te spring vir die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste bestaansjaar in 2020, is die instelling verheug om die werke van Grondwoorde 2019 se wenners in die Groen Galery uit te stal.
Persvrystelling: Verwelkom die Jagter by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek se fokus is op die sterrebeeld Orion
2019-12-12Kapenaars en besoekers kan hierdie Desember die skitterende sterrehemel – spesifiek die Jagter, ook bekend as Orion – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 21 Desember 2019.
Persverklaring: Dans van die vlamme aan die brand by Taalmonument
2019-10-30ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die gewilde Psychedelic Theatre op Saterdag, 28 Desember 2019, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree.
Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery
2019-09-11Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, Solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer.
Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense
2018-11-06"Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite ..."
Persvrystelling: Taalmonument ken Alexander-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans toe
2018-10-18"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) kondig met trots aan dat Suzie Matlhola van Johannesburg en Ernest Loth van die Paarl die 2018-wenners van die Neville Alexander-prestige-eerbewyse vir die bevordering van Afrikaans is."
Die derde Neville Alexander-gedenklesing: uitnodiging
2018-10-03Die derde Neville Alexander-gedenklesing vind op 13 Oktober in die Oorlogsmuseum in Bloemfontein plaas.
Persvrystelling: Afrikaans se wortels bekyk
2018-10-02"Die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en die Erfenisstigting bespreek gedurende hul herkomsseminaar op 20 Oktober die wording en vestiging van Afrikaans as volwaardige inheemse taal."
Persvrystelling: Poëtiese leesfees tussen graniet en olien vier Erfenismaand
2018-09-20"In aanloop tot Erfenisdag op 24 September, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet, asook die ATKV-Skryfskool, te snoer om minder bekende digters se werk by die monument se Groen Galery uit te stal."
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid
2018-07-31"Die samestelling van die ATM se personeel en raad weerspieël die diverse realiteit van die sprekers en dit word toenemend beskou as ’n ruimte waar mense ’n gedeelde liefde, Afrikaans, saam vier. Die totaliteit van Afrikaanssprekendes is besig om die taal te eien, tot almal en veral die taal se voordeel."