PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. Kontakadres: penafrikaans@gmail.com
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Reglement
Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund
PEN African Network eis die vrylating van Eritrese skrywers en joernaliste in aanhouding
2015-11-18"Die PEN African Network (PAN), wat bestaan uit ’n koalisie van PEN International-sentrums in Afrika, doen ’n beroep op Sy Eksellensie, Isaias Afewerki, die President van Eritrea, en die edelagbare Minister van Justisie, Fawzia Hashim, om onmiddellik die lot van al die joernaliste wat deur die owerheid van Eritrea aangehou word, openbaar te maak en om diegene wat nog lewe, onmiddellik en onvoorwaardelik vry te laat."
Vernietig 'n taal, vernietig denke
2015-11-16"Die slotsom is dat die uiteindelike vernietiging van 'n taal 'n vernietiging van denke is."
Enkele stellings rondom Afrikaans (Uit: Parool/Parole)
2015-11-13"In Suid-Afrika – en tot ʼn mate ook internasionaal – is dit gemaklik en opsetlik om Afrikaans uit te sonder en beswadder met die kwas van rassisme."
"'n Skande wat onthou sal word": Die diktaat van Open Stellenbosch
2015-11-13Breyten Breytenbach lug sy mening oor die rektor se bestuurspan se aanbeveling/besluit betreffende die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid op hierdie Vrydag die dertiende.
'n Terugblik op #FeesMustFall en stellingnames deur PEN Afrikaans
2015-11-06"As woordkunstenaars en intellektuele, is dit ons morele verantwoordelikheid om by te dra tot die openbare diskoers wat help bou aan ’n meer gesonde Suid-Afrikaanse demokrasie."
Die 81ste PEN International-kongres in Québec, Kanada
2015-11-06Bettina Wyngaard en Danie Marais het as afgevaardigdes van PEN Afrikaans die 81ste PEN International-kongres in Québec, Kanada, tussen 13 en 16 Oktober vanjaar bygewoon.
Jong skrywers: Wen $1000 en kry ’n kans om opgeneem te word in die US Woordfees 2016-kortverhaalbundel
2015-11-06PEN Afrikaans soek twee jong kortverhaalskrywers tussen 18 en 30 jaar oud om te benoem vir ’n internasionale kompetisie waarin die wenner $1 000 en ’n reis na die volgende PEN International-kongres kan wen. Sluitingsdatum: 15 Desember 2015.
PEN Afrikaans reageer op Nitesh Patel se apologie
2015-11-03"Nitesh Patel, die hoof van finansiële oplossings vir kliënte by Standard Bank, het in ’n kort verklaring aan PEN Afrikaans en aan Beeld sy eie en Standard Bank se volgehoue steun aan die kunste en aan die boekbedryf toegesê."
Verklaring van PEN Afrikaans teen Nitesh Patel van Standard Bank se uitsprake rakende boekaankope
2015-11-02"PEN Afrikaans dring aan dat Nitesh Patel van Standard Bank sy stelling oor die aankoop van boeke sal terugtrek. Standard Bank moet sigself ook in die openbaar van hierdie punt distansieer."
Navorsers en fasiliteerders vir kort projek oor moedertaalonderrig gesoek
2015-10-23Twee Afrikaanssprekende navorsers en twee fasiliteerders word vir ’n korttermyn-navorsingsprojek oor Afrikaans as onderrigtaal op skoolvlak gesoek.
’n Verklaring deur PEN Afrikaans rakende #Feesmustfall | A statement by PEN Afrikaans regarding #Feesmustfall
2015-10-22"Daar is ongetwyfeld vrae te vra oor die koste van opvoeding, maar ons is ewe bewus daarvan dat iemand langs die pad moet betaal."
PEN Afrikaans: Notule van Algemene Jaarvergadering 2015
2015-09-30Notule van die derde algemene vergadering van lede om 14:30 op Saterdag, 19 September 2015 in die Goodnow-saal in Wellington.
PEN Afrikaans: Bestuurder se verslag en vooruitskouing
2015-09-23Danie Marais het by PEN Afrikaans se Algemene Jaarvergadering die vereniging se bedrywighede en vooruitsigte uiteengesit.
PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2015
2015-09-23Kerneels Breytenbach het in die voorsittersverslag van PEN Afrikaans aktuele kwessies soos die Open Stellenbosch-debat en die voorgestelde wysigings aan die kopieregwetgewing aangespreek.
Huldeblyk: TT Cloete
2015-07-30"Tog gaan dit nie net om wat 'n mens doen nie, maar juis en veral oor hoe jy dit doen. Dit is dan ook vir die kwaliteit, die styl en die aard van sy werk en lewe wat TT Cloete onthou sal word."
Internasionale erkenning vir die jong Afrikaanse skrywer Carien Smith
2015-07-15"Die 27-jarige Carien Smith het pas met haar kortverhaal “Likkewaan” die langlys van ses vir die PEN International New Voices Award 2015 gehaal."
Drie vrae aan Joanne Alexander: Wenner van Kuier, LAPA en PEN Afrikaans se kortverhaalkompetisie
2015-07-03"Ek is vir altesaam 26 jaar al 'n taalonderwyser. So ek't maar altyd 'n liefde vir Afrikaans gehad, wat ek by my ma geërf het. Ons het grootgeword met boeke, biblioteke, lees en nogmaals boeke."
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2015
2015-06-19Ons AJV word gehou op 19 September, om 12:00, by die Breytenbach Sentrum op Wellington tydens vanjaar se Tuin van die Digters-fees.
Die xenofobiese geweld wat Suid-Afrika teister
2015-04-21Ons doen hiermee 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om alles in sy vermoë te doen om orde en vrede te herstel, die veiligheid van slagoffers te verseker en die oortreders te vervolg.
Video: Breyten Breytenbach oor die impak van die Afrikaanse skrywer
2015-04-01Op Woensdag 25 Maart 2015 het PEN Afrikaans hulle eerste oop gesprek aangebied. Die tema was: “Watter impak kan die Afrikaanse skrywer nog in die hedendaagse Suid-Afrika maak?” Kyk 'n video met Breyten Breytenbach se toespraak.
