PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. Kontakadres: penafrikaans@gmail.com
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Reglement
Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund
PEN Afrikaans teken protes aan teen die afdanking van agt SAUK-joernaliste
2016-07-19PEN Afrikaans vra dat skrywers en ander joernaliste, ook die internasionale PEN Gemeenskap, saam met ons protes sal aanteken teen die volgehoue kultuur van sensuur by die SAUK.
Joint statement from PEN South Africa and PEN Afrikaans regarding new developments around South African copyright law
2016-07-19PEN Afrikaans en PEN South Africa het oorleg gepleeg rakende verwikkelinge rondom kopieregwetgewing in Suid-Afrika wat moontlik verreikende gevolge vir skrywers en uitgewers kan hê.
Beswaarskrif: Aanslae op joernaliste en persvryheid in Lesotho
2016-07-12Na aanleiding van kommerwekkende aanslae op joernaliste en persvryheid in Lesotho, waaronder die skokkende onlangse aanval op die redakteur van die Lesotho Times-koerant, Lloyd Mutungamiri, het PEN Afrikaans saam met verskeie ander organisasies die volgende beswaarskrif onderteken.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2016
2016-07-01Oor: huldeblyke aan Adam Small en Margaret Bakkes; die taalbeleidsbesluite aan Unisa, UP en die US; sensuur by die SAUK; erkenning vir Bettina Wyngaard en PEN Afrikaans binne die internasionale PEN-gemeenskap; nuwe boeke in Julie.
PEN Afrikaans: Stellingname rakende die taalbeleidswysigings aan die US, UP en Unisa
2016-06-28"Mag hierdie waterskeidende oomblik in ons geskiedenis die begin van nuwe alliansies en ’n breë demokratiese beweging vir verdraagsame meertaligheid en bemagtigende moedertaalonderrig wees."
PEN Afrikaans maak kapsie teen SAUK-sensuur
2016-06-27"PEN Afrikaans maak ten sterkste kapsie teen die sensuur en die magsmisbruik van binne die staatsuitsaaier, die SAUK."
PEN Afrikaans: Huldeblyk aan Adam Small
2016-06-25"Sy afsterwe laat nie alleen 'n groot leemte nie, maar ontneem ons literêre toneel van 'n minsame, trotse figuur."
PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2016
2016-06-02Oor: Winnie Rust (14 April 1939 – 11 Mei 2016); die kaalvoetheld van die Comrades, Izak de Vries; potgooi van 'n RSG-onderhoud met Bettina Wyngaard oor Trippel-7; PEN Afrikaans se AJV 2016; nuwe boeke in Junie
PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2016
2016-05-04Oor: stellingname van PEN Afrikaans se bestuur oor die Universiteit Stellenbosch se konseptaalbeleid; Trippel-7 se suksesvolle storie-reis deur die Noord-Kaap; nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2016
Trippel-7 is inderdaad meer as gelukkige nommer
2016-05-03Sewe dae, sewe dorpe, sewe skrywers, 1 400 km, 174 deelnemers ... PEN Afrikaans se Trippel-7-projek was ’n voorspoedige, epiese storiereis.
Ahooi, Noord-Kaap en pasop, Afrikaans – Trippel-7 is op pad
2016-04-07Het jy ’n eg Noord-Kaapse storie wat die wêreld moet hoor of ’n eie verhaal wat eenvoudig gedeel moet word? Woon ’n gratis werkswinkel by.
PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2016
2016-04-05Oor: bekronings deur die SA Akademie en kortlyste vir die UJ-pryse; samekoms van PAN (PEN African Network) en die TLRC (PEN International Committee for Translation and Linguistic Rights) – 6 tot 11 Maart 2016, WITS, Johannbesburg; konsep vir Universiteit Stellenbosch se Taalbeleid; Trippel 7, die AKA en Spier Digtersfees; nuwe Afrikaanse boeke in April 2016
PEN Afrikaans Nuusbrief: Maart 2016
2016-03-01Oor: Afrikaans in die spervuur op kampusse; die reaksie van boekeredakteurs op die onlangse gesprek rondom die stand van Afrikaanse resensies; die Trippel 7-projek; verwikkelinge rondom die beoogde nuwe kopieregwetgewing; in memoriam: Leon Rousseau en Anton Prinsloo; ’n nuwe Afrikaanse prys vir resensente; nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2016
PEN Afrikaans: Taalgenoot Somer 2016
2016-02-18Resensies en artikels uit die Somer 2016-uitgawe van Taalgenoot.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Februarie 2016
2016-02-01Oor: Ledegeld en die beplande aanlynregister vir PEN Afrikaans-lede; ons twee wenners/kandidate vir die 2016 PEN International New Voices-kompetisie; die 2016 US-konvokasievergadering; die stand van Afrikaanse boekresensies; nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie 2016; die sluiting van Leserskring
In samehorigheid met Ashraf Fayadh
2016-01-12Op Donderdag 14 Januarie gaan 76 organisasies in 29 lande gedigte voorlees in solidariteit met Fayadh en as protes teen sy gevangenskap en doodsvonnis.
PEN Afrikaans: ’n Feestyd-boekbonus met die komplimente van Taalgenoot
2015-12-11Met die klik van jou muis kan jy nou gratis ’n Krismisboks in PDF-formaat aflaai.
PEN Afrikaans Nuusbrief – Wat was jou woord van 2015?
2015-12-09Oor: Nuwe Afrikaanse boeke in November en Desember; die woorde van die jaar; 'n terugblik op PEN Afrikaans se bedrywighede en die mondigwording van Kwela
Die reaksies van PEN Afrikaans-lede op Vrydag die 13de
2015-11-26Hier is Marié Heese, John Miles, Carel van der Merwe, DP van Velden, Fanie Olivier, Johan Liebenberg en Theresa Papenfus se reaksies.
PEN Afrikaans eis meertaligheid
2015-11-20"Ons eis dat die staat in ag neem dat die getal Engelse moedertaal-gebruikers ver oorskadu word deur die hoeveelheid moedertaal-gebruikers in sowel Zoeloe en Xhosa as Afrikaans. Dit is ewe noemenswaardig dat daar eweveel moedertaal-gebruikers van Setswana, Sepedi en Sesotho is as wat daar van Engels is."
