PEN Afrikaans teken protes aan teen die afdanking van agt SAUK-joernaliste

  • 28

PEN Afrikaans veroordeel ten sterkste die SABC se besluit om agt joernaliste – Lukhanyo Calata, Thandeka Gqubule‚ Foeta Krige‚ Vuyo Mvoko‚ Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp en Suna Venter – af te dank onder die rookskerm van ’n arbeidsgeskil. Dit is geen geheim dat hulle bloot hulle werk wou doen en dus die drakoniese sensuurmaatreëls van die SAUK bevraagteken het.

PEN Afrikaans het reeds beswaar aangeteken toe die bogenoemde joernaliste geskors is vanweë hul prysenswaardige verset teen Hlaudi Motsoeneng, die hoof- operasionele beampte van die SAUK, se verbod op verslaggewing oor gewelddadige opstande: https://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-maak-kapsie-teen-sauk-sensuur/

Vroeër vandeesmaand het Icasa (Independent Communications Authority of South African) die SAUK gelas om sy verbod op die dekking van gewelddadige protesaksie op te hef. Icasa het daarmee duidelik te kenne gegee dat die geskorste en intussen afgedankte joernaliste korrek opgetree het deur hulle teen hierdie verbod uit te spreek.

PEN Afrikaans vra dat skrywers en ander joernaliste, ook die internasionale PEN Gemeenskap, saam met ons protes sal aanteken teen die volgehoue kultuur van sensuur by die SAUK.

PEN Afrikaans protests the dismissal of eight SABC journalists

PEN Afrikaans strongly condemns the decision of the SABC to dismiss eight journalists – Lukhanyo Calata, Thandeka Gqubule‚ Foeta Krige‚ Vuyo Mvoko‚ Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp and Suna Venter – under the smoke screen of a labour dispute. It is no secret that these journalists merely intended to do their duty and therefore questioned the draconian censorship regulations imposed by the state broadcaster.

PEN Afrikaans already protested when the journalists in question were suspended after speaking out against Hlaudi Motsoeneng, COO of the SABC, who prohibited news coverage of violent protest action: https://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-maak-kapsie-teen-sauk-sensuur/

Earlier this month‚ the Independent Communications Authority of South African (Icasa) ordered the SABC to reverse its decision to ban footage of destructive protests. Icasa had thus clearly indicated that the suspended journalists, who have now been fired, were correct to take a stand against the SABC decision.

PEN Afrikaans implores writers and journalists, including PEN International, to join in protesting the culture of censorship at the SABC, as it poses a dangerous threat to press freedom in South Africa.

sauk8b

  • 28

Kommentaar

    • Martin Boshoff

      Marinda, wat beteken demokrasie in 'n Afrikaland waar daar nie voorwaardes is waaraan die stemgeregtigdes moet voldoen nie? Elke demokratiese land het sy eie vorm van demokrasie. In SA moes daar 'n federale regering gewees het met 'n grondwet met gewaarborgde minderheidsregte. Die ANC sal nooit 'n koalisieregering met gewaarborgde minderheidsregte aanvaar nie.

  • My Afrikaans is maar swak. Let me say in the strongest terms that this is a travesty. These journalists have been dismissed unfairly. They mush get their jobs back and the press must be free. That is what is in our constitution. I did not agree to this in my country.

  • Hazel Woodward

    This is an absolute disgrace and should NOT be tolerated by the international community.

  • Godskreiende skande. Dis eerbare mense met gesinne om te voed. Slagoffers van 'n waansinnige beleid.

  • Die apartheidsregering het sy burgers in die donker gelaat oor wat regtig in die land aangaan en wou net 'n rooskleurige prentjie vir ons verf om hulle skandes mee weg te steek. Goeie mense het geoffer wat jy vra met hulle lewens vir die beëindiging van apartheid en vir persvryheid. Laat ons nie verder op hulle grafte kots en 'n bespotting maak van die struggle waarin hulle gesterf het nie. Of wil hulle regtig weereens verval daarin om 'n rooskleurige prentjie te verf en sy burgers te probeer verblind met rooskleurige leuens?

    • Martin Boshoff

      Liesel is jy werklik ernstig wanneer jy skryf dat die huidige regering van SA beter is as die apartheidsregering van vroeër? Wat van die leuens van die huidige regering? Die meerderheid van die Suid-Afrikaners wou nie 'n oplossing vir die SA probleme hê nie, hulle wou aan bewind kom - ongeag van hulle kleur of godsdiens. Om Nelson Mandela aan te haal : Wat help demokrasie wanneer dit nie toegepas word nie? Glo jy werklik in een persoon een stem? Dink jy werklik jou stem is ewe veel werd as die van 'n krimineel? Met die republiekwording in 1961 moes daar 'n grondwet gemaak word wat vir die meerderheid mense in SA aanvaarbaar was - een met gewaarborgde minderheidsregte - 'n koalisieregering met verskillende partye. Of het jy 'n beter oplossing?

  • Nuus - inligting - bemagtig. Daarsonder is ons tot weinig in staat en kan nie ingeligte besluite maak nie.

  • Dorothy Nortje

    Icasa is a chapter 9 organisation, and thus its findings are binding. Like the President and the Public Protector, Motsoeneng has chosen to ignore Icasa and the matter will probably have to go to the Constitutional Court. It is our constitutional right to know what is going on in the country ... we are not children who can be dictated to.

  • suzette Booyens

    Hierdie saak verdien die hoogste aandag. Die afdankings moet teruggetrek word. Dit raak die wese van die demokrasie en persvryheid.

  • Ek ondersteun hierdie protes heelhartig ! Hierdie joernaliste is van die beste in die land en kan sekerlik vandag nog in ander poste instap, maar dit verander nie die beginsel dat hulle onregverdelik uitgeskop is nie. Suid-Afrika moet hulle ondersteun. Dis amper net so belaglik soos die Al Jazeera-joernaliste wat in Egipte òpgesluit was.

  • Sansonette van Schalkwyk

    This is a sad day. I think of so many who have fought and died to not have this as part of governance. This SHOULD not happen!

  • Pieter Engelbrecht

    Al hierdie beswaarstories sal niks maak nie en dien eintlik niks anders nie as net 'n uitlaatklep vir frustrasie. Wees meer innoverend en begin 'n boikot van alle produkte wat op RSG, en die ander kanale ( waar mense afgedank is), adverteer word.

  • Gustaf Claassens

    Vryheid van spraak is 'n Gronwetlike reg en in beskaafde demokrasieë ook deel van 'n Handves van Menseregte wat deel uitmaak van ons onderhandelende Grondwet. Dit is almal se plig en verantwoordelikheid om hiervoor op te staan en ons misnoë uit te spreek teen onbevoegde individue met narsistiese en diktatoriale karaktertrekke!

  • Dit is hartseer. Die kommer is besig om elke dag meer en meer soos 'n donker wolk in my saam te pak, want waar gaan alles eindig?

  • Ek teken ten sterkste protes aan en is gewillig om 'n petisie te onderteken as daar een opgestel word.

  • Hoe kan Zuma hierdie toelaat om in 'n demokratiese land te gebeur? Mag hierdie die ommeswaai bring om van die ANC diktatorskap ontslae te raak.

  • Die SAUK is ‘n openbare uitsaaier en nie ‘n Staats-uitsaaier soos PRAWDA in die ou Sowjet Unie nie. Ongelukkig het die nuwe Regering die SAUK oorgeneem by die ou Regering en "besit " dit nou . Hul sien dit duidelik in dieselfde lig as die Polisie en die Weermag wat hul oorgeneem het.

  • As ons hierdie diktatuur oogluikend gaan toelaat gaan ons uiteindelik met iets sit wat apartheid na 'n Sondagskoolpiekniek sal laat lyk.

  • Natuurlik maak ek ten sterkste beswaar. Wat my egter bekommer is dat gekke optrede soos hierdie, wat ongestraf voortgaan, net nog meer onderstreep hoe magteloos ons is om orde in ons land te help handhaaf.

  • Die Hooggeregshof het gister bepaal dat die optrede van afdanking nie geregtig was nie - hoera! O, ja? Moenie glo nie - nou gaan die gewone prosesse van appèl op appèl seker afskop - want wie is die Hooggeregshof dan nou?! Sekere mense minag mos gerieflik die hoogste gesag, want hulle staan daarbo. 'n Gesonde demokrasie (so word geroem) het sogenaamde teenwigte, soos 'n Grondwet, 'n onafhanklike regsbank en oppergesag van die wet as hoogste gesag, om misbruik, korrupsie, wanbesteding van staatsgeld (let wel, meesal belastingbetalers se swaarverdiende geld!) en despotisme uit te skakel - maar wat wou! Sekere mense blyk onaantasbaar te wees en hulle ego's word aangevuur deur ander met nog meer mag en selftoegeëiende voordele. Wat het geword van ons eenheidsvisie, van geregtigheid vir almal, eervolle behandeling van ander ... gaan dit ons nooit beskore wees nie?

  • Robert van Staden

    Luister enigiemand na PEN Afrikaans? Het PEN Afrikaans enige invloed? Is dit genoeg om bloot persverklarings te skryf en op die internet te pos?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top