PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. Kontakadres: penafrikaans@gmail.com
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Reglement
Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund
Oestyd-skryfuitdaging: Intussen
2013-01-15 Opgedra aan die boere en werkers wat regtig omgee. Ek spoeg op die ingebusdes wat toegelaat het om deur magsoekers misbruik te word sonder om te dink. En ek bid vir regverdige oplossings – Engemi FerreiraOestyd-skryfuitdaging: Die dak lek
2013-01-08 Lena druk haar linkerduim teen haar tandvleis. Dis rou, daar waar gister nog twee wit voortande gepronk het. Sy sug. Sy stem nie saam met die gewoonte nie, maar Kerwick het aangedring.Oestyd-skryfuitdaging: Plaaswerkers
2012-12-20 Katriena vou die wasgoed en hang dit om die draad reg langs haar. “Van waar sal my hulp kom …”Oestyd-skryfuitdaging: Oestyd
2012-12-20 "Hy druk twee druiwekorrels teen mekaar, voel die beroering onder sy naeltjie. Hy gaan eendag met ’n vrou trou met sulke groot, sagte borste."Oestyd-skryfuitdaging: Stroop
2012-12-20 "Die Toyota se neus druk hy summier tussen die wingerd in en dan dreun die trekker, hooggelaai met druiwe en net een lig flikkerend, verby. Dis oestyd."Oestyd-skryfuitdaging: Groepsgebiede
2012-12-20 "Die nuus oor die radio is oorweldigend. Niel Amstrong het die historiese eerste tree op die oppervlakte van die maan gegee. ’n Man op die maan! Sy moet die ongelooflike nuus deel."Oestyd-skryfuitdaging: Om den brode
2012-12-20 Sonder elektrisiteit of lopende water. Hulle woon op ’n hoogtetjie met ’n arendsuitsig oor die barre landskap waar boerbokke vergeefs wei.Oestyd-skryfuitdaging: Parstyd
2012-12-20 deur die hitte getem tot ’n trae pashet die snyers, stille draers van jare se swaarkry
hulle dagtaak met mandjies vol druiwe
skouerhoog tussen die rye gedra
Oestyd-skryfuitdaging: Plaasopstande in Suid-Afrika 2012 – Ek sou wou sien ...
2012-12-19 Ek sou wou sien dat fondse uit die Staatskas beskikbaar gestel word aan almal wat verliese gely het gedurende die plaasopstande.Oestyd-skryfuitdaging: Opdrag aan die tyd voor my
2012-12-19 Gladys staan in ’n wit kombuisen sing haar struggle songs.
Sy bevry die skottelgoed
wurg en druk die onderdrukkende water
uit die spons uit.
Oestyd-skryfuitdaging: Bokke van skape
2012-12-19 Dit was net ‘n krap en kreunin die donker straat na die reën.
Die gladde klippad praat as die wiele
van die genadelose perdekar dit omkrap.
Oestyd-skryfuitdaging: Die martelaar
2012-12-19 Ek kan nie onthou hoe ek daar gekom het nie, ook nie wanneer nie. Vir ’n oomblik is ek niemand en alles.Oestyd-skryfuitdaging: Volksmoord-Vrydag
2012-12-19 Die krom kryger strompelOor die oop rooi vlakte.
Oestyd-skryfuitdaging: Wingerd
2012-12-19 'n Korreltjie soet druif kan versuuras 'n mens vroeg opstaan
en jou rug krom
