PEN Afrikaans bring hulde

  • 0

PEN Afrikaans bring namens Afrikaanse skrywers hulde aan ons ontslape oud-president, Nelson Mandela. Hy is vir ons 'n simbool van die bevryding van ons land, die leier wat 'n era van vreedsame versoening ingelei het toe daar 'n gevaar van 'n bloedige oorgang was. Hy het hom in die jare van sy gevangeskap uit eie keuse verdiep in die Afrikaanse letterkunde, en sy standpunt oor vryheid van spraak was van deurslaggewende belang in die tempering van publikasiesensuur en staatsinmenging ten opsigte van die gepubliseerde woord. Ons is dankbaar vir die vryhede wat hy gebring het. Mag hierdie vryhede, en die versoening wat daardeur bewerkstellig is, lewend gehou word en sy nagedagtenis op dié manier geëer word.

 

Terug na die Nelson Mandela Gedenkmuur

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top