Beste PEN Afrikaans-lede
Die bestuur van PEN Afrikaans kom op 9 Maart tydens die Woordfees om 1 nm bymekaar. Ons hoop lede sal kan wegbreek van die Woordfees se aanloklikhede om om 2 nm by ons aan te sluit vir 'n heel informele gesprek. Ons sal verslag kan doen oor die huidige stand van PEN Afrikaans se sake, en ons hoor ook graag van lede hoe hulle PEN se prioriteite sien.
Plek: die Erfurthuis in Van Ryneveldstraat. Tyd: 2 nm.
Ons hoop om baie van julle daar te verwelkom.
Baie groete
Sonja Loots
Voorsitter

