Jong skrywers: Wen $1000 en 'n reis na Reykjavik

  • 0

PEN Afrikaans, die Afrikaanse afdeling van PEN Internasionaal, soek twee jong kortverhaalskrywers tussen 18-30 jaar oud om te benoem vir ’n internasionale kompetisie waarin die wenner $1000 en ’n reis na die internasionale PEN-konferensie in Reykjavik, Ysland, wen.

Geakkrediteerde PEN-sentra mag elk twee skrywers, ’n man en ’n vrou, vir hierdie kompetisie benoem. Skrywers mag nie op eie stoom vir die kompetisie inskryf nie en slegs benoemings deur PEN-sentra sal aanvaar word.

PEN Afrikaans sal op eie koste die twee wenskrywers se kortverhale in Engels, Frans en Spaans laat vertaal en hul kortverhale vir die kompetisie inskryf. PEN Internasionaal se beoordelaars kies dan uit al die sentra se inskrywings drie finaliste om in September 2013 die PEN Internasionaal-konferensie in Ysland by te woon.

Die wenner kry $1000 en die weninskrywing word in die PEN International-tydskrif gepubliseer. Selfs indien finaliste nie wen nie, kry hulle waardevolle blootstelling deurdat werk gelees word deur die invloedryke beoordelaarspaneel. Carole Blake van die literêre agentskap Blake Friedmann, wat internasionaalbekende Afrikaanse skrywers soos Deon Meyer, Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden verteenwoordig, is een van die beoordelaars.

Om deel te neem moet skrywers voor of op 10 Junie 2013 ’n getikte kortverhaal van tussen 2000-4000 woorde stuur aan penkompetisie@gmail.com.

Hulle moet ook ’n kopie van hul ID saamstuur asook volle naam, woonadres, en kontaknommers. Verhale wat nie die voorgeskrewe lengte is nie, word gediskwalifiseer.

“Hierdie is ’n wonderlike geleentheid waarvoor selfs gevestigde skrywers hul kiestande sou gee,” het Sonja Loots, voorsitter van PEN Afrikaans, gesê. “Die enigste probleem is dat die sperdatum om die draai is, so jong skrywers sal moet opskud.”

KOMPETISIEREëLS

  • Deelnemers moet op 20 Junie vanjaar 18 jaarof ouer; en jonger as 30 jaarwees (let egter op die sluitingsdatum van 10 Junie).
  • Die kompetisie is slegs oop vir skrywers wat nog nie ’n boek gepubliseer het nie. Bydraers tot bloemlesings soos Nuwe Stemme en Nuwe Stories mag wel inskryf, mits hulle aan die ouderdomsvereiste voldoen.
  • PEN Afrikaans behou die reg voor om ’n wenner of wenners aan te wys slegs indien die gehalte van inskrywings dit regverdig.
  • Kortverhale moet in Afrikaans wees.
  • Kortverhale moet getik en in Word-formaat wees.
  • Kortverhale moet tussen 2000 en 4000 woorde lank wees. Inskrywings wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, sal gediskwalifiseer word.
  • Slegs een inskrywing per deelnemer. Indien meer as een inskrywing ontvang word, sal slegs die eerste gelees word.
  • Die sluitingsdatum is Maandag, 10 Junie om 14h00, Suid-Afrikaanse tyd. Geen laatinskrywings sal aanvaar word nie.
  • Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar.
  • Inskrywings moet vergesel word van ’n afskrif van die skrywer seID of paspoort.
  • Inskrywings moet vergesel word van deelnemer se volle naam, woonadres en kontaknommers (telefoonnommers).
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • PEN Afrikaans se beslissing sal geneem word deur ’n beoordelaarspaneel wat uit die PEN Afrikaans-bestuurslede saamgestel is.
  • Aangesien daar min tyd is om die vertalings te laat doen, sal die vertalers se oordeel vertrou word en sal daarby volstaan word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top