Onderhoude
Interviews about topical issues
Om ’n brug te bou: ’n onderhoud oor Johnny Clegg se "The crossing"
2018-12-14"Die sosiale rol van kuns is ’n komplekse ding op ’n filosofiese vlak, maar in die geval van hierdie liedjie word dit dalk die beste opgesom deur te sê dat dit iets is wat mens neem na jou mees basiese, eerlikste en rouste emosionele vlak, gestroop van die vooroordele wat oor tyd in jou gemoed saampak."
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes
2018-12-13Wyno Simes is onlangs as die nuwe kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangewys. Menán van Heerden het met Wyno gesels om meer oor die geskiedenis, literêre erfenis, dienste en oogmerke van NALN uit te vind.
Só skryf mens ’n akademiese artikel
2018-12-12"Teen die tyd dat die artikel geskryf word, is dit eintlik te laat om so ’n raamwerk te bou, aangesien die raamwerk al die aanvanklike navorsing moes gerig en gelei het."
LitNet Akademies Weerdink: ’n Globale perspektief op groepregte en diversiteit
2018-12-11Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2018/2019. Die eerste onderhoud in hierdie reeks hou verband met migrasie en populisme; groepregte; en globalisering en mobiliteit. Menán van Heerden gesels met Elirea Bornman.
Weerklink van ’n wanklank: ’n onderhoud met Pieter-Dirk Uys
2018-12-11"‘Moenie dat hulle jou bangmaak nie, maak hulle belaglik.’ Daardie woorde het my lewe verander. Lag vir jou vrees en maak dit minder vreeslik. En dít is wat humor vir my beteken."
Die intieme musiekspel: ’n onderhoud met André Gerber en Petrus du Preez
2018-11-27"Vir ons as teatermakers bly die vraag altyd: Hoekom moet ons dié storie vertel?"
Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers
2018-11-26"Ek het die artikel geskryf om opnuut aandag te vestig op die belangrikheid van Ina Rousseau se klein oeuvre waarin die deurlopende tema van die verlore paradys my opgeval het soos wat die titel van haar debuut, Die verlate tuin, reeds te kenne gee. By die skryf van my artikel het dit vir my geblyk dat waar dié tema in sekere gedigte nie eksplisiet uitdrukking vind nie, dit misgekyk word en die interpretasie nie reg laat geskied aan die integrasie van al die elemente in die gedig, dus in sy volle aanbod, nie."
Afrikaans is a major African asset – Dele Olojede
The more we eliminate this diversity, the lesser we become, says Africa’s first Pulitzer Prize winner
2018-11-22
What does Afrikaans mean in the context of Africa? And what can an institution such as Stellenbosch University gain, should it make work of ensuring there is no lesser place for it? Willem de Vries spoke to Dele Olojede, who has become a supporter of the campaign, Gelyke Kanse (Equal Opportunities).
’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie: ’n onderhoud
2018-11-15"Trauma (veral verlies en dood) is so deel van elkeen van ons se lewens, en met die lees van hierdie jeugroman het ek tot die besef gekom dat jou geloof en die verbreking van stilte tot heling en veerkragtigheid lei."
Boeke agter tralies kan lewens verander, koppe swaai
2018-11-15"Die projek, wat deel van ’n rehabilitasieprogram vorm, is ’n inisiatief van ’n vorige minister van korrektiewe dienste, Sbusiso Ndebele, wat self ’n ywerige leser is. Hy het gesê: 'Ons moedig gevangenes aan om te lees en om te studeer. Sodoende word ’n omgewing geskep wat tot verbetering bydra.'"
Ithisisi yokuqala yesidanga sobugqirhalwazi ngolwimi lwesiXhosa: udliwano-ndlebe noGqr Nompumelelo Kapa
2018-11-08UGqr Nompumelelo Kapa wenze imbali ngokuba ngumfundi wokuqala ezimbalini kwiYunivesithi yaseFort Hare ukubhala ithisisi yesidanga sobugqirhalwazi ngolwimi lwesiXhosa. UGqr Hleze Kunju uncokola noGqr Nompumelelo Kapa.
Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54: ’n onderhoud met Francois Tolmie
2018-11-06"Vir die gewone Bybelleser is die waarde van intensiewe wetenskaplike navorsing oor die Bybel juis dat dit nuwe aspekte in die teks belig wat vroeër misgekyk is. In die geval van die Ou en Nuwe Testamentiese wetenskap was daar in die afgelope paar dekades ’n metodologiese ontploffing wat ten goede meewerk omdat dit die Bybelteks wat vir ’n groot aantal van ons ’n gesaghebbende teks is, op veel meer terreine ontsluit het."
"Dis my ma se taal, my pa se stilwees en hoe hulle daagliks net leef"
2018-11-05“Bowenal als, is my ouers ’n groot inspirasie wat my werk op verskillende maniere aanraak. Dis my ma se taal, my pa se stilwees en hoe hulle daagliks net leef. Dis ’n rykdom wat ek as kind al besef het en dankbaar is dat juis hulle my ouers is.”
’n Onderhoud met die kykNET-program Megaboere 5 se nuwe aanbieder
2018-11-01"Daar is ’n ander taal, ’n ongesegde een: Suid-Afrikanerskap, medemenslikheid en hoop. Boere ken mos daardie taal."
Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis
2018-10-23"Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle bydrae tot navorsing oor Afrikaans.
Huppelkind, gister en vandag: ’n onderhoud
2018-10-18"Huppel is die universele kind. Hy is sorgvry en nuuskierig oor die mense, diere en dinge om hom."
Kanarie binnekort by plaaslike rolprentteaters: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout
2018-10-18"Ek dink mense is dikwels onder die indruk dat ’n 'ernstige' rol meer uitdagend is as ’n rol in ’n komediereeks byvoorbeeld. Of dit nou drama of komedie is, jy moet ’n karakter op ’n geloofwaardige manier aan ’n gehoor oordra, en dit is altyd ’n uitdaging."
Onderwys, opvoeding en gebruike in ’n nuwe era
2018-10-17"[T]oe ek begin met my navorsing, was ek reeds deeglik bewus van die heersende toestand van verbruik en misbruik van die aarde se natuurlike hulpbronne, maar ek het nooit werklik besin oor die meerderwaardigheid waarmee die mens die niemenslike bejeën nie."
Vernuwing in die bestudering van religie en religieë: ’n onderhoud
2018-10-11"Wat bedoel ons as ons praat van vernuwende insigte oor die mens, en hoe kan ons in die akademie enigsins oorspronklik of anders of verrassend oor mense dink?"
Onderhoud: Maak die skoolhoof die skool?
2018-10-10"Die onderwysers met wie ek die onderhoude gevoer het, het deurgaans gesê dat hulle verkies dat die skoolhoof ’n demokratiese leierskapstyl beoefen."
