Skrywersonderhoude

LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.

LitNet talks to writers, for the story behind the stories.

Die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs 2024: ’n onderhoud met Lynthia Julius

Naomi Meyer, Lynthia Julius Skrywersonderhoude 2023-12-13

"Jy raak eintlik bang as die nuus dat jy die beurs ontvang het, klaar ingeskop het. Jy dink aan die mense wat dit voor jou gekry het. Dis sterk skrywers, en iewers tussenin skop 'impostor syndrome' in. Maar dan moet jy hom eenkant skuif, want hier lê werk voor en ’n boek moet geskryf word."

’n Gesprek oor Gebeente | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Etienne van Heerden, Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-12-06

Waarom kry ’n mens nie die dorpie Gebeente op ’n kaart nie? Hoekom het hierdie roman twee mense wat ’n misdaad moet ondersoek – die gewone speurroman het dikwels net een speurder nodig?

Mr BookFestivals talks about his autobiography, BookBedonnerd | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Darryl David, Mphuthumi Ntabeni Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-12-06

The conversation meanders through churchyards, book towns, festivals and academic departments. Darryl David, the man who has started so many book festivals, also talks about his love for his wife, his daughter, his dogs and church buildings.

Emperor of Rome: Mphuthumi Ntabeni interviews Mary Beard

Mphuthumi Ntabeni, Mary Beard Books and writers 2023-11-30

A transgender Roman emperor? Why were there no bedrooms in Caesar’s palace? How about an emperor who may have worn more shoes than Imelda Marcos? Is democracy better than a benign dictator? These are but a few of the hot topics Mphuthumi Ntabeni teases out of Mary Beard during an interview in Cape Town.

Onderhoud met Sophia Kapp oor die Wen!-reeks

Louise Viljoen (JBay), Sophia Kapp Skrywersonderhoude 2023-11-27

"Kinders doen goed wat vir hulle lekker is, en die beste manier om hulle aan die lees te kry en te hou, is om vir hulle boeke te gee wat lekker lees."

Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies

Stefaans Coetzee, Hestelle van Staden Skrywersonderhoude 2023-11-20

"Ek sê altyd truth is stranger as fiction, so ek dink steeds die ware verhale is soms baie vreemder."

Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

AJ Opperman, Anchien Troskie Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-15

“Geheime is gevaarlik,” sê Anchien Troskie vir AJ Opperman in hierdie onderhoud oor haar roman Die laaste kanariegeel notaboek. Die gesprek het plaasgevind tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Opperman vra uit oor die gebruik van kleur, die skryfproses en hoe sy die verskillende tydvakke in die roman nagevors het.

Die hond met die stert sonder swaai | The dog with the broken wag: ’n onderhoud met Paula Fourie

Naomi Meyer, Paula Fourie Skrywersonderhoude 2023-11-15

"Vir my is dit belangrik dat kinders lank voordat hul self kan lees en agter ’n skoolbank ingedruk word, moet besef dat mens met woorde kan speel en dat hulle jou kan meesleur soos ’n onstuitbare stroom. Ek hoop hierdie kinderboek dra daardie boodskap oor!" Onderaan die onderhoud met Paula Fourie verskyn daar ook inligting oor die boekbekendstelling wat op 18 November in Kaapstad plaasvind.

Deur die tonnel van twyfel: Waarom Kombuis hom nie as Christen beskou nie

Jean Oosthuizen, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2023-11-14

"Van nou af wil ek net ek wees, nie ’n Christen of ’n Moslem of ’n ateïs nie, net ’n mens weerloos en sonder maskers, deel van die groot en onverstaanbare kosmos."

kammawaarwêreld: ’n onderhoud met Estelle Kruger

Johan Anker, Estelle Kruger Skrywersonderhoude 2023-11-10

"Vir my wat as kind en as getroude vrou “stom” moes wees, was die skryf van die boek ’n proses van heling en groei – ’n skoenlapper wat vry kan vlieg uit ’n papie en vir die wêreld die kleure van my kaleidoskoop kan wys."

Grietjie se loutering: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

Naomi Meyer, Bettina Wyngaard Skrywersonderhoude 2023-10-30

"Natuurlik is daar oral ’n Grietjie, selfs al is die persoon in ’n ander beroep. Die skrywer se werk is om iets universeel in die alledaagse uit te lig, dink ek. En ons het die ongelooflikste vroue wat elke dag in hul klein hoekie veg om omstandighede rondom hulle te verander."

Stefaans Coetzee in gesprek met Marie Lotz

Stefaans Coetzee, Marie Lotz Skrywersonderhoude 2023-10-25

"Ek dink dit sal my kreatiwiteit inkort as ek moet sit en nadink of ʼn toneel gaan werk as dit verfilm word. ʼn Mens moet dit oorlaat aan die draaiboekskrywer en filmmaker."

Stefaans Coetzee in gesprek met Madelein Rust

Stefaans Coetzee, Madelein Rust Skrywersonderhoude 2023-10-25

"Ek skryf nooit met ’n film in gedagte nie, maar ek geniet dit regtig wanneer lesers vir my sê my boek lees soos een. Van nature skryf ek baie beskrywend omdat die storie wel soos ’n film in my kop afspeel."

Dis net vel, my pel: ’n onderhoud met Izak de Vries

Naomi Meyer, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2023-10-24

"Aangesien alle mense in Afrika, naby die ewenaar, ontstaan het, was al die eerste mense se velle swart. Ons almal het dus swart voorouers."

"Ons een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën," vertel Hendrik Hancke, skrywer van Onkant!

Jannike Bergh, Hendrik Hancke Skrywersonderhoude 2023-10-24

"Ons twee een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën; ons span het die regte temperament om uitkloprugby te speel en daardie ervaring kan goud werd wees teen ’n span wat ’n baie makliker halfeind gespeel het die afgelope naweek."

Rassie, stories oor rugby en die lewe deur Rassie Erasmus, saam met David O’Sullivan: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Jacobs Skrywersonderhoude 2023-10-24

Gaan Suid-Afrika die Wêreldrugbybeker met een punt wen? Jaco Jacobs waag voorspellings en praat oor sy vertaling van Rassie Erasmus se outobiografie. "Dit is regtig ’n lekker boek om te lees. Ek het op ’n dag vir my pa gesê: 'Die rede waarom ek nie juis rugby kyk nie, is dat daar nie ’n storielyn is nie.' Toe antwoord hy: 'Dis omdat jy nie die karakters ken nie.' Met die vertaling van hierdie boek voel dit of ek ’n hele klomp van die karakters leer ken het."

Katvis deur Annelie Botes: ’n boekbespreking | Toyota US Woordfees 2023

Maryke Roberts, Chris Botes Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-10-16

"Dit sou makliker wees om die son te oortuig om in die weste op te kom as om Annelie te oortuig om ’n boek halfpad te los." Maryke Roberts het ’n gesprek met Chris Botes, Annelie Botes se man, gelei. Annelie sterk tuis aan na ’n hele paar operasies en kon nie die fees bywoon nie.

Die loutering van Manon Viljoen: ’n onderhoud met Chris Marnewick

Naomi Meyer, Chris Marnewick Skrywersonderhoude 2023-10-05

"Twyfel is deel van ons daaglikse bestaan, en Manon se vertwyfeling oor haar liefde vir Nantes, en syne vir haar, begin sommer dadelik in hoofstuk 1 en stap saam met haar dwarsdeur die gebeure in die boek."

Hartsmense: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2023-10-03

"Daar is ook vir my ’n soort elitisme aan die siening van: 'Ek is ’n ernstige skrywer, ek sal nie so laag daal om myself te bemark nie.' Dit voel disrespekvol teenoor jou lesers. Dit voel asof hierdie siening dikwels sê: 'My tyd is te kosbaar om met julle te praat oor die karakters wat ons almal liefhet.' Soos jy kan agterkom, het ek sterk menings hieroor."

We need to talk

Freek Robinson, Sihle Khumalo Interviews 2023-09-28

Sihle Khumalo says conversation is important. We need to talk about the difficult things, the hard things, the things that make us uncomfortable. Freek Robinson starts the conversation.

Top