Skrywersonderhoude

LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.

LitNet talks to writers, for the story behind the stories.

Lokprent: Die Bastion Blom-reeks binnekort by LAPA

2012-08-30 "Bastian is al gewoond daaraan dat vreemde dinge in sy pa se antiekwinkel gebeur ... "

Speurders, seks en skryf – Naomi Meyer gesels met Chanette Paul

Naomi Meyer 2012-08-30 "Hierdie trekvoëlpatroon het voortgeduur nadat ek uit die huis uit is, veral toe ek boonop met ’n man trou wat ook nie vir lank op een plek kon bly nie. Tussen hom en my pa het ek in stede gebly en op dorpe, in koshuise en kommunes, in woonstelle en huise en karavane, op kleinhoewes, op plase en in woonwaparke. Elke plek het sy eie gevoel en dinamika. Dis moontlik hoekom ruimte vir my so ’n belangrike element in my stories is."

Lokprent: Die afreis van Abel Lotz deur Chris Karsten

2012-08-28 "Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor."

Lokprent: Storieman Omnibus 1 nou beskikbaar

2012-08-28 "Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks."

’n Boekkuier in drie en 'n half hoofstukke

Naomi Meyer 2012-08-24 Daar is drie boeke op die spyskaart van LAPA se boekkuier in Pinelands. En die stroopwafels agterna, verdien ten minste ’n hoofstuk van hul eie in Naomi Meyer se foto-essay.

Boekbekendstelling: Die Neus

2012-08-21 Kerneels Breytenbach gesels in September met Deborah Steinmair oor haar jongste raaiselroman, Die Neus, by dié boek se bekendstelling in The Book Lounge. 

William Gumede's Restless Nation launch at Taj Cape Town

2012-08-21 Join renowned political commentator William Gumede at the launch of his latest book, Restless Nation: Making sense of troubled times.

Boekbekendstelling: Storieman is terug

2012-08-21 Die eerste omnibus van die geliefde Storieman-reeks word vroeg September bekendgestel.

Boekbekendstelling: Go'el Yisra'el – Verlosser van Israel

2012-08-21 Kuier saam Marzanne Leroux-Van der  Boon by die bekendstelling van haar jongste boek op 1 September in Kroonstad.

"Kiekies van Cradock" – die Karoo Skrywersfees 2012

Etienne van Heerden 2012-08-16 Etienne van Heerden het sy boek Haai Karoo by die Karoo Skrywersfees bekendgestel en toesig gehou oor twee LitNet-panele wat daar aangebied is. Hier is ’n klompie "persoonlike kiekies" van 2012 se fees.

Foto's: Bekendstelling van Kry my by die gewone plek aguur

Henry Cloete 2012-08-16 Die bekendstelling van Loftus Marais se nuwe digbundel, <em>Kry my by die gewone plek aguur</em>, het op 15 Augustus by The Book Lounge in Kaapstad plaasgevind.

Restless Nation launch at the Book Lounge

2012-08-16 Tafelberg invites you to the launch of William Gumede's latest book, Restless Nation: Making sense of troubled times.

Die afreis van Abel Lotz deur Chris Karsten word bekendgestel

2012-08-16 Een van drie bekendstellingsgeleenthede van Chris Karsten se jongste boek, Die afreis van Abel Lotz, vind volgende week, 21 Augustus, by die Protea boekwinkel in Stellenbosch plaas.

Bekendstelling van Haai Karoo deur Etienne van Heerden

2012-08-09 Jy word uitgenooi na die Karoo-bekendstelling van Etienne van Heerden se bundel verhale Haai Karoo by die Schreiner Karoo Skrywersfees.

Boekbekendstelling: Samba deur Jeanne Els

2012-08-09 Kom geniet 'n lente-kuier saam met Lux Verbi en skrywer Jeanne Els in die Swartland.

Die Afrikaanse Skryfgids – vir almal wat (wil) skryf

Leti Kleyn, Naomi Meyer, Riana Scheepers 2012-08-09 "Die grootste argument, myns insiens, vir ’n Afrikaanse skryfgids is dat die leser bekend en vertroud is met die medewerkers se werk as briljante voorbeelde. Ons medewerkers is elkeen ’n meester op sy vakgebied, só het ons hulle gekies; hulle is geloofwaardig en betroubaar."

From "whydunnit" to "whodunnit" – Michiel Heyns on his novel Lost Ground

Michiel Heyns, Naomi Meyer 2012-08-07 Michiel Heyns, well-known translator and English professor, recently won two prizes for his novel Lost Ground. The book is packaged as a crime novel, but readers of more serious novels will be pleasantly surprised by the story, if not completely blown away. Naomi Meyer asked Heyns about this memorable book.

Gesogte ATKV-Woordveertjies vir presteerders se finaliste vir 2012 bekend

2012-08-06 Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 14 September aangebied word. Hier is die finaliste.

Exclusive Books 2012 Boeke prize shortlist

2012-08-03  "The Boeke promotion titles are for everyone that enjoys a good story."

Nuut by LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers 2012-08-03 Kyk bietjie na LAPA Uitgewers se nuwe boeke vir Augustus. 
Top