Fotoblad: Nuwe Stories-bekendstelling

  • 0

Die bekendstelling van die Nuwe Stories-kortverhaalbundel het op 13 September by die Cape Town Hotel School plaasgevind. LitNet se Henry Cloete het ’n paar foto's by die geleentheid geneem.

Klik hier om Nuwe Stories te koop by Kalahari.com.


Christine Wessels het as seremoniemeester opgetree.


Jeanette Ferreira was een van die samestellers.


Suzette Kotzé-Myburgh was ook ’n samesteller.


Janita Holtzhausen van NB Uitgewers oorhandig Wilken Calitz se kopie van die bundel.


Janita Holtzhausen en Alida Eloff


Janita Holtzhausen en Carolyn Meads


Janita Holtzhausen en Madré Roothman


Marga Collings, Bibi Slippers en Henning Pieterse


Die skrywer en digter Henning Pieterse


AJ Cloete en Tanya van Buuren


Jaco le Roux en Amanda Cabrejo


Suzette Kotzé-Myburgh en Jacques Myburgh


Janita Holtzhausen en Bibi Slippers


Jeanette Ferreira en Tanya van Buuren


Wilken Calitz, Mari Borstlap en Christine Wessels

NB Uitgewers het die volgende persvrystelling oor die geleentheid uitgereik:

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd: Aankondiging van wenners en bekendstelling van Nuwe Stories

Die wenners van Human & Rousseau se Nuwe Stories 2012-kortverhaalwedstryd is Donderdagaand 13 September aangekondig. Die wenners is:

1ste prys:         “Ikoon” deur Bibi Slippers
Naaswenner:   “Wentzel” deur Alida Eloff
Naaswenner:   “Alles kom tot niks” deur Henali Kuit

Die prysgeld lyk soos volg:
1ste prys R8 000
Twee naaswennerpryse van R3 500 elk
Die skrywers wie se verhale gekies is vir publikasie het elk R1 000 ontvang.

Die beoordelaars van die wedstryd was Abraham de Vries, Henning Pieterse en die nagraadse studente in kreatiewe skryfkuns aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch.

Die wenners is Donderdagaand 13 September by ’n glansgeleentheid by die Kaapse Hotelskool in Mouille Punt aangekondig. Nuwe Stories, ’n bundel waarin die 21 beste inskrywings vir die kortverhaalwedstryd verskyn, is ook by die geleentheid bekendgestel. Christine Wessels het as seremoniemeester opgetree. Die samestellers van die bundel, Jeanette Ferreira en Suzette Kotzé-Myburgh, het perspektief op die inskrywings vir die wedstryd en die samestelling van die bundel verskaf. Henning Pieterse het namens die beoordelaars van die wedstryd kommentaar gelewer oor die wenners van die wedstryd.

Marga Collings van Human & Rousseau het die geleentheid gebruik om die Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd aan te kondig. Hou die pers dop vir verdere inligting.

Oor die wenners:
Bibi Slippers is die poësie- en fiksieredakteur by LitNet. Sy is ook onlangs aangestel as artikelredakteur by Rapport MyTyd. Haar gedigte is opgeneem in Nuwe Stemme 4 en Letter to South Africa − Poets calling the State to Order.

Alida Eloff is gebore in 1987. In 2011 verwerf sy haar BA-graad in visuele kuns aan die Universiteit Stellenbosch. Sy werk tans as fyngebak-chef in Pretoria.

Henali Kuit is 23. Sy het in Pretoria groot geword en Engels by die Universiteit van Pretoria gestudeer. Deesdae bly sy in Suid-Korea, waar sy Engels-onderwyser speel.

- Klik hier om LitNet se onderhoude met die skrywers te lees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top