Open Book 2012: Philida-bekendstelling

  • 0


Titel: Philida
Skrywer: André P Brink
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798155212

Klik hier om Philida te koop by kalahari.com.

André P Brink se tweetalige bekendstelling van sy nuutste slaweroman, Philida, was een van die hoogtepunte van die Open Book-fees in Kaapstad. Op Vrydagaand 21 September het Tracey Randall (historikus van Solms Delta) en Willemien Brümmer (joernalis en skrywer) met Brink in gesprek getree, waar hy vertel het hoe moeilik dit was om hierdie boek die lig te laat sien. Hy het sy vrou weer en weer bedank vir haar bystand en geduld.

Philida

’n Vol saal tydens André P Brink se bekendstelling

Tracey Randall, André P Brink en Willemien Brümmer

Tracey en Willemien in gesprek met Brink

Naas Steenkamp neem aandagtig notas.

Pierre Barkhuizen en Willemien Brümmer

Naas Steenkamp en Willemien Brümmer

Na afloop van die gesprek het Brink eksemplare geteken. Hier staan hy by Günther Fintel van Kaapstad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top