Nuwe Stories-onderhoud: Donovan Greeff

  • 0

1. Wie is Donovan Greeff?

Donovan Greeff is ’n skrywer en deeltydse brandstigter, aan die lig gegee in die vroeë tagtigs en grootgebid in die wydheid en stof van die Namib waar hy stories en gedigte leer lees het. Hy het skoolgegaan in die Boland en mens geword in die Kaap.    

2. Beskryf jou reis tot by Nuwe Stories met vyf kort stoppe langs die pad.

Ek het matrikuleer aan die Hoër Jongenskool Paarl en studeer aan beide die Universiteit van Kaapstad en Stellenbosch. Daarna was ek vir ’n lang ruk in die buiteland, waar ek in die movie-wêreld gewerk het, en het drie jaar gelede teruggekeer na Kaapstad, waar ek my tuis voel. Dinge vind steeds plaas.  

3. Sonder om te veel te verklap, vertel vir ons lesers so ’n ietsie oor jou verhaal wat in Nuwe Stories opgeneem is.

Dis ’n visioen van wat moontlik wag op ’n agtelose wêreld wat nie wil sien nie, met ’n bietjie George A Romero ingeroer vir die tydsgeeskrui.

4. Ek gaan aanneem jy is ’n leser. Wie is die skrywers wie se werk jy die graagste lees, en waarom hou jy van hulle werk?

Jorge Luis Borges, David Foster Wallace, Wilma Stockenström, Raymond Carver, Donald Barthelme, Saki, Anton Tsjechof, Marlene van Niekerk, Jeanette Winterson, Franz Kafka, Guy de Maupassant, Colm Tóibín, Peter Verhelst … Daar’s nog baie ander; ek staak maar by hierdie. Die meeste van my heroes is lankal reeds dood. Daar is natuurlik uitsonderings. Sover as wat dit die “waarom” aangaan, kan ek slegs getuig dat dit maar my smaak is. 

5. Het jy ’n gunsteling-storie? (Dit kan ’n boek wees, of ’n spesifieke kortverhaal, of enigiets anders wat storiematig is.)

Incarnations of Burned Children deur David Foster Wallace.

6. Het jy ’n vyfjaarplan vir jou loopbaan as skrywer?

Ja, iets in daai lyn.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top