Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Stasiesongs
2015-04-15“Ek staan op die perron ... heeltemal onseker van my status in hierdie wêreld, in hierdie stad, hierdie familie ...” Franz Kafka
Huweliksbootjie
2015-04-15’n Janfrederik wekker die groep voor sonop. Tienuur vertrek nege roeibootjies. En sommer met die inroei-slag kry ek en Manlief nie ons roeie nie ...
Stap in die spoor van ’n leeu
2015-04-14 Ek onthou die reuk van olifantmis en geknakte riet, van sweetvel, sweethare maar bowenal die walms van Zero se neusflanke onder my trillende vingers. Die Jeep wat hoes en proes en dan diep vasval in die riviersand en dieselfde bosgeluide wat in Noag se tyd al gehoor is, wat my kop inbars. En die lawaai […]Bestemming: berusting
2015-04-14 “Gaan. Jy kan nie vir ewig bly vasklou aan iets wat nie meer bestaan nie.” Waar woorde, maar ongevoelig. Wil my beste vriendin na amper twee jaar steeds nie verstaan nie? “Jy is die een wat altyd sê dinge gebeur met ’n doel,” verdiep sy die pyn in my hart. “Gesê het,” help ek haar […]My lewensreis begin op 1 April 1948 om 12 uur middag in Belfast, Suid Afrika
2015-04-14 En voordat julle dink dis ’n grap moet ek julle ernstig vermaan: dis geen grap nie! Van die reis vooraf weet ek niks. My ma het wel vertel dat ons op die 31ste Maart met my pa se Ford op die grondpad gejaag het (teen 30 myl per uur?) sodat ek tog net voor 12 […]In transit
2015-04-13Hulle reisstorie het in Middelburg begin. Michael het sy welvarende besigheid verkoop, die trollie uit sy kop gebou, proviand gekoop en sy avontuur begin. Die detail was verstommend: hy het beplan om van Middelburg af tot in Durban en dan kuslangs tot in Kaapstad te loop, trollie, hond en al ...
Reistog na die wildevy
2015-04-13 Ek verheug my aan die herfslug hoewel die bosveldson steeds bloedig steek in die middel van die dag. Ek begin my staptog met ‘n kinderlike opgewondenheid. Ek was lanklaas by die krans; ek kan nie wag om te sien of die wildevy al begin verkleur het nie. Die kwêvoël skinder oor my teenwoordigheid in […]’n Kruiwa is gemaak om te stoot
2015-04-13Vasgepen aan jou lirieke wat ek heeltemal te laat gebore is om te ken. So luister ek na jou hart en vat die houe wat die lewe al na jou kant toe gegooi het saam met jou ...
