Standbeelde

  • 0

ek het nog altyd gewonder
of daar onsigbare, maar werklike standbeelde tussen mense staan
wat al die oomblikke tussen ons opdeel
in spiritueel gedokumenteerde skaduwees
en ander spirituele dinge
wat tussen die lyne
hulself, sonder toesig, vermaak
en self hul loop neem tussen die ego’s van
tempels, hoofde, harte, vingers, verstande

die denkende mens en sy droom

en dit, tussendeur al die ander dinge wat daagliks
meer werklik is as hierdie limp en headless words

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top