Paul Kruger

  • 0

Toe ek nog ’n land was sonder ’n kleur
en mense, sonder boek kon leer, het hy geleef
die man met baard, vir my geveg met hart en swaard
Geveg vir vrede, geveg vir my, sodat my mense my kon kry
Geveg vir vrede, RSA, Die republiek wat ons nou dra
Voor skei van kleur, voor skei van land
Het hy geleer in wind en sand
Stil geraak, my bewaar, want vrede is hoe jy my spaar

So wou ons jou bewaar groot held
Jy't soveel meer gespaar as geld
Soveel meer gegee as goud, meer helder gebrand as hout

Jy’t soveel meer gevoel as steen en ons besef jy was geleen
Maar soos jy ons wou bewaar, wou ons jou ook nog altyd spaar
Al wat ons kon, ’n standbeeld bou
En altyd so ook dink aan jou
Maar verstaan was min en pyn te groot
En saam…geskiedenis ook dood

’n Jammerte verstaan is vaal
As vrees en woede jou kom haal
’n Jammerte kleur moes my skeer
En blok dat almal anders leer
’n Jammerte leer is min in iemand wat van voor begin
Totsiens my vriend mag jy weer skyn
Jy’s nog steeds hier, selfs in verdwyn.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top