Vas gegiet in die fondasie van ʼn
Land
Verskeur
Se hart
Wit verf spat oor woorde
Bedoel vir
Vrede
Betekenis krummel in ʼn
Hoop
Van gister
Vergete
Die perd verdrink onder die hand
Van die droë grond
En land
Ons filter die geskiedenis
Vir nog ʼn kliek
Moeder aarde ruk tempels af
Hy verwoes sy broer
Se handewerk
Verkleur staan ons sterk
Fondasie gegrawe
In al elf tale
Die toekoms onstabiel
Die onwillige hoer
Versteur
Die vader
Bedreig
Wie is wie
Kleur brand als tot grys
Verwaai oor
ʼn nuwe ou land

