Hulle staan in dorp en stad
langs strate en riviere
op pleine en in tuine
donkie en koeksister
Mandela en Verwoerd
in gelyke bruinerige kleur
wit bemis deur duif
elke ander voël
groen of rooi geverf
wit voetspore na die Elgro-buiteverkope
(ai tog, Totius)
bied sonder praat of politiek
sitplek aan die siel met dronkverdriet
beskou stom:
die onheilige bont mensdom
ek leun gesellig agteroor
beskou my mede-sitters
op die trappies
langs die burgers om Oom Paul ...
gelukkige bontspul -
Werda?!

