
Dis reg ja, wenners, wenners, wenners ... Die stories se gehalte was van so aard dat ons besluit het om ’n eerste, tweede en derde plek aan te dui. En hier is hulle:
|
Eerste plek: Oom Dawid se rooi lorrie – Wendy Anthonie Ek het vir Wendy gebel om haar mee te deel en sy het sommer aan't huile geraak. "Dis wonderlik, want die storie is so na aan my hart," het sy gesê en mens kan dit sien wanneer jy van die rooi lorrie lees. Wendy is ’n ouma van Beaufort-Wes en haar droom is om haar boek Skaapvet en Golden Syrup die lig te laat sien. Soos met die rooi lorrie gaan dit oor haar onthoudinge van kindertyd. Nanette van Rooyen, mede-beoordelaar sê: "Hierdie skryfsel vertel 'n storie op so 'n wyse dat die leser saam reis. Dit word onbelemmerd eerlik oorgedra. Dit is die menslikheid van die verhaal wat hom uitsonder. Die humor 'n wonderlike vaartuig." "Die rooi lorrie is kostelik - 'n mens is saam in die stofwolk op die Swartbergpas," voeg Carié Maas by. |
![]() |
Tweede plek: Van 5241 na 9904 – Christien le Roux Christien le Roux se verhaal het ook opgeval want "dit is aweregs, maar met ’n besonderse tekstuur. Daar's 'n nostalgie wat deurskemer sonder om die verhaal soetsappig te maak. Verrassende slot," alias Nanette. Christien is ’n ou hand as draaiboekskrywer en aktrise wat al gewerk het aan baie produksies, onder andere Villa Rosa, After 9 en Temptation. |
![]() |
Derde plek: Op die pad na Arniston – Noddy Schutte Noddy Schutte se "Op die pad na Arniston" is ’n baie eerlike storie en reis in die verlede in, maar weer terug hede toe, op soek na ’n soort vergifnis. Daar is ’n interessante subteks wat gaan oor sy vrees dat sy dogter nou groot word en aan die wegbeweeg is grootmenswêreld toe. Tog is dit die bekendmaking van die verlede wat haar nog nader aan hom bring. Noddy is ’n afgetrede man en het onlangs besluit om te begin skryf. Hy het al ’n bundel kortverhale "Met ’n knippie sout" bymekaar wat hy hoop binnekort die lig gaan sien. |
Baie geluk aan hierdie drie skrywers; julle verdien dit. Wendy wen die Coopmanhuis-prys, Christien gaan bergfiets trap saam met Toerboer en Noddy kry ’n lekker vet boekpakkie.
Weer eens geluk en baie dankie aan almal wat ingeskryf het. Al die stories was lekker om te lees.
Nou ja, so is dit dan, 1001 reiswoorde het sy einde bereik. Maar daar is nog baie reise oor en baie stories daaroor. Dus, hou dop, baie binnekort looi ons julle weer met ’n nuwe reisskryfkompetisie.
Meer oor die pryse
![]() |
![]() |
|
Opsie 1: Groot Vyf-bergfietstoer van drie dae in die Mthimkhulu-gebied van die Groter Krugerwildtuin Toerboer is ’n avontuurtoerorganisasie en die aanbieders van hierdie toer. Vir meer inligting, besoek www.toerboer.co.za. Die prys se waarde is R10 500 (R5 250 x 2 persone wat deel) en sluit die volgende in: – 3 nagte akkommodasie Uitgesluit: – fietse (kan gehuur word) Daar word gemiddeld 40 km per dag op ’n mengsel van enkelpad (“single track”) en tweespoorpaaie getrap. Mthimkhulu is aangrensend aan die Nasionale Krugerwildtuin (geen heinings) en op die samevloeiing van die Klein en Groot Letabariviere. Dis Groot Vyf-terrein, maar die gidse weet hoe om jou daardeur te kry. Akkommodasie is in gemaklike koepeltente met die slaapgoed voorsien. Alle etes en eetgerei word ook voorsien en daar is ook ’n lekker warm stort saans. Bring ’n paar rand vir ietsie kouds uit die boskroeg. Ontspan – jy vat net ’n klein sakkie saam met jou op die fiets en die res van jou bagasie word saam met die onderhoudsvoertuig en personeel vooruit gestuur. Die kompetisiewenner en Toerboer moet gesamentlik op ’n geskikte datum vir die toer besluit. Die prys is geldig tot November 2015.
|
Opsie 2: Coopmanshuijs-vyfsterhotel in Stellenbosch As jy nie ’n avontuurlustige adrenalienvraat is nie, is hierdie opsie beslis joune. Twee nagte se vyfsterpamperlang in Stellenbosch se mees gesogte hotel. Ene Heer Coopman het vir hom in 1713 ’n indrukwekkende huis gebou. Vandag, 302 jaar later, kan jy twee nagte in die nasionale monument wat daaruit gespruit het, kom bly. Plus aandetes en ontbyt geniet in die wêreldklas Helena’s Restaurant. En om alles te kroon wag daar ’n spabehandeling vir jou en jou maat. Dié ikoniese boetiekhotel en spa word konstant aangegee as Nommer Een in Stellenbosch op TripAdvisor en het hul sertifikaat van uitnemendheid die laaste drie jaar sonder uitsondering gewen, wat Coopmanhuijs sodoende in die top 10% van hotelle wêreldwyd plaas. Aldus TripAdvisor. Vir meer oor die hotel besoek www.coopmanhuijs.co.za. Die prys, ter waarde van R8 000, is vir twee mense wat deel en moet geneem word buite seisoen en wanneer daar plek beskikbaar is. Die prys is geldig tot 30 November 2015. Vervoer na en van die hotel en drankies in die hotel is vir die wenner se rekening.
|
Die boekpakkie wat as meriete-prys toegeken word, sluit in:
![]() |
Die vierde stem Uitgegee deur Human & Rousseau |
![]() |
When in Broad Daylight I Open my Eyes Uitgegee deur Kwela |
|
|
Kaalkop 3 Uitgegee deur Human & Rousseau |
|
|
Beseringstyd Uitgegee deur Naledi |
















Kommentaar
Baie geluk aan die drie wenners, julle verdien dit beslis, geniet die pryse 🙂