Ons weelde

  • 0

Jou ontstaan spruit voort uit die verlede, ontwerp deur ’n storie, nee gebeurtenis.
Soos die Skepper mens sou vorm, so kom jy uit jou ontwerper se hande.
Jou ontstaan kom van deurnagdenke, opsoek na die regte vorm en beeld.
Visioen na visioen, skets na skets.
Deursettingsvermoë het jou vorm gegee, jare se geskiedenis saam gevoeg.
In pyl en boog, in krygsman en getroue ryperd.
So ook in spies en plesier.

Beeldbouer het nie kleur gekies; ure, dae - nee maande se harde werk.
Wie skepper blydskap bring na voltooiing, trots ’n nalatenskap vir kinders self.
Wie voort kon bou op talente, selfs om ander te motiveer.
Almal van die land se geskiedenis leer, dus ook toeriste na die land lok.

Om ’n beeld te verwoes, is nes die seer van ’n ouer wat ’n kind verloor.
’n Deel waarvoor mens lief was, nou weggeruk deur menseverskille.
Om ’n staanbeeld te verwyder, is net soos die uitskeer van ’n bladsy uit die geskiedenisboek.
Hoekom?
Beelde is geskiedkundige weelde …
Vryspraak regeer, maar dit is uit geskiedenis wat mens leer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top