Oom Paul

  • 0

Eens was die afgebeeldes helde,
maar nou sal jy selde
iemand vind wat weet of omgee in wie se belang
ons hul gelykenis vas wou vang.
Maar vat aan hom en ek word ’n patriot
wat my met kettings aan hom vas wil gord;
diegene wat hom met verf bemors luid uitkryt.
Vergeet maar van die duiwe wat hom steeds beskyt.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top