Van mens tot standbeeld

  • 0

Vasgevang in 'n gedaante van klip of metaal.
Jy herrys tot 'n toonbeeld van vervloë dae.
Staar jy voor jou uit, jou kop dapper omhoog,
Regop, fors, en alleen met nostalgie wat hang in die lug.

Jy dra swaar aan die etiket wat om jou nek hang.
As hulle maar weet. As hulle maar weet.
Jy verteenwoordig ’n era wat ons nie wil herhaal.
Ons kan in elk geval nie met jou kompeteer.

Vir jare staan jy al daar vasgevang in reën en wind.
Mense kyk en neem foto’s met ’n geskiedkundige lessie daarby.
Wat sal hulle weet wat jy voel, vergete sonder doel.
Soms voel dit dit was alles verniet.

Soos `n dief in die nag, sluip die onheil weer in.
Dit voel soos lank, lank gelede se onmin.
Jou statige gedaante ruk onder vandalisme.
Wat doen julle nou aan my, het ek nie al genoeg gely?

Politiek is die oorsaak, apartheid kry die skuld.
Mense distansieer hulle van die euwel.
Wat is die rede, waarom, hoekom?
Op die einde – tipies mens.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top