Ek verlang na die grys nagedagte van ’n vervalle gebou
waarin haweloses en vlugtelinge ronddwaal
in die wete van geen heenkome
Want die biblioteek sal hul stenig omdat hul graag wil vashou aan iets oomblikliks –
iets soos die kleur oranje
of ’n rivier
of ’n soen
wat die ewigheid aanroer.
Soos om ’n wenkbrou met ’n lem by te kom,
lyk die aangesig van die geskiedenis nou kaler sonder jou.
Hoe kaler jonker.

