Lewende en dooie standbeelde

  • 0

In 'n Duitse voertuig kom hy aan ...
met rooi verfstempel te wraak sy argwaan ...
oor koloniale simbole van weleer ...
vir party groepe helde, nou begroet met afkeer

Gewapen met Apple-selfoon en Diesel-hemp
word Madiba se wekroep vir verdraag-saam
deur die uwe gedemp

Is Mandela se nalatenskap net ook maar 'n dooie standbeeld by Sandton Square? En word die nasie volgens waardes en ras toenemend verdeeld?

Kom ons soek saam met God almal na 'n groter verbond; na die DNS in hierdie wordende Volk se wond

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top