Al Sittende stand

  • 0

Dertig jaar t'rug
’n Brose 18 en ’n half
Staan ons rûe gebrug:

‘Op watter bladsy is hy?’

Skree die Sersant Ontgroen Majoor
Niemand kyk oppie
In die middel rond?

‘Op watter bladsy is jy?’

Twee maande na die dood
1917- kerkraad wil hom beeld
‘Nee, aardig!’ kreet seker lede

‘Op watter bladsy is jul?’

Maar ses jaar later
Sit hy – voete oppie sypaadjie
En kyk – straat af, berg op

'Op watter bladsy is hy?'

‘Wie het hom gerooi?’
Skree die Gesante van oraloor
Vasgevang in midde-frustrasie en woede

‘Op watter bladsy was hul?'

Ook eens verlate sonner pa of ma
Gedobber oppie oop see
Siek, broos

'Op watter bladsy was hy?'

Sewe jaar innie vreemde
Nog ’n paar virrie roeping
Nét hy en ou Boet

'Op watter bladsy was hul?'

Uiteindelik t'rug in dié land
Te bou, te doop, te praat, te heel
Dag vir dag

Hy is byrie Griekwas se ‘Spreke van Salemo’

‘Sos swaweltjies wat nooit rissie
En nie eers iewerster loop sittie,
Vliegie gevloekery by jou se twee ore veby
Assie vloek 'ie vi' jou bedoel issie.’

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top