bring die kameras!
kliek die geskiedenis, kyk!
regarder la vue!
nie deur jare verweer,
nou: deur verf besmeer
gedagtes slingerloop deur spoke
van lank gelede,
elke detail: met sorg gegiet
druppels reën rol-val
oor die beeld,
sprakeloos
en uitdrukkingloos: is hy
die son bleekskyn deur gapings
in boom se blaar
in hul eensame houding
het verlate strukture ’n vreemde bekoring
oë gevorm deur beeldhouer van weleer
sál weer die dagbreek groet
en skemer hom omvou,
nóg ’n keer

