Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
stippels
2014-03-04"ons raak mekaar nog net-net aan
soms
deur begenadiging
van facebook outlook en skype
glip “ek” en “jy”
deur vingerpunte
dansend op toetse muisknoppies"
Sal jy my like:)
2014-03-04----------Oooo---
-----------(----)---
------------)--/----
------------(_/-
----oooO----
----(---)----
-----\_)-
------\_)-
----------Oooo---
-----------(----)---
------------)--/----
------------(_/-
----oooO----
----(---)----
-----\_)-
------\_)-
Web-wals
2014-03-04"ek sien jou vir die eerste keer in eenvoud voor my staan
jou tegnologiese landskap brand my bol-eiers wit
terwyl ek self die vuurblaser is
wat reisend swerf van skakel tot skakel"
Kort, korter, twitter
2014-03-04 Rentia besin oor kort sinne in ons informasie-era - en die sogenaamde "twitter-roman" .uit die bouval van 'n koue kuberkombuis
2014-03-04 "êrens op die skrootwerf van die wêreldwye web,ingebed in silwerskoon laserskywe en in nanostokkies,
in die kunsmatige kwantums van geheue, is die geskrapte
blogplasings in spasies gerugsteun en vir ewig ingeëts"
Afrikaanse Bethlehem
2014-03-04"In die velde oos van Seagate*
het herders saamgedrom
en duisende daarheen aangelok,
om in die lig
van Blackberry en Dell
‘n nuwe Kersverhaal
vir álmal te vertel"
Om te tweet soos ? digter en ? gedig te laat tjirp – leer by Bibi
2014-02-25"Hoe kan mens iemand leer om gedigte te skryf? Hoe word mens ‘n digter in die digitale era? Hoe lyk ‘n ideale jong digter? En waar kan aspirantdigters meer inligting oor die werkswinkel kry? Rentia het haar nuuskierige ore aangesit en by die vriendelik-tjirpende Bibi gaan aanklop."
Poetry gets a tongue-lashing
2014-02-25 The best-attended spoken word collaboration from the UK is coming to Stellenbosch to knock you out with wordplay and music.emoticonoclasm
2014-02-25"see, there’s sensibly no C in Greek,
and no K in the Holy See whose iconolatry
by breakaway Byzantines was bellicosely
bristled over"
Falling off a log
2014-02-25"Yesterday I tried to register for internet
banking. Upfront the website warned
me to be careful when filling in my details
because if I did so incorrectly
three times over they would
close down my accounts"
Kommunikasie
2014-02-25"In vertikale verbande sein ‘n delikate teleskoop
stuur telegramme en telefoto’s in die lugruimte."
Wat 'n lewww.e
2014-02-25"Jy log on voor jou eerste beker boeretroos,
Met slaap in jou oë kliek-kliek jy oor jou internet se icon-kroos
Het daar dalk iemand deur die nag vir jou ‘n boodskap gestuur
Opgewonde om te sien wat verskyn op die digitale muur"
