aan boord

  • 0

Fotobron: www.namibia-accommodation.com

my hart is ‘n skeepswrak
verskroei in ‘n woestyn
dryfhout wat aan skerwe lê
begrawe
jou liefde onder sandduine
verberg die mas wat eens trots
die rigting in my lewe was
ons windverwaaide woorde
skeur
deur die gate in my bors
en spook spook spook
in die kajuite van my lewe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top