My wens vir jou

  • 1

My wens vir jou:
mag jou drome almal waar word
mag jou son vir altyd skyn
mag daar geitjies teen jou mure woon
en feetjies in jou tuin
mag jou gode vir jou glimlag
en jou vriende by jou staan
mag jou oë vir ewig glinster
waar ook al jy gaan

© Colette Pretorius

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top