Skedelkis

  • 1

Fotobron: australianteacher.org

My drome is in ’n skedelkis
sy  beslag: wenkbroue,
handvatsels is kraakbeen.

as verbeel kan loskom
kan ek ’n sonseil oopspan
wat  die lig kan skep
om bollend voor fotone
óm planete te vaar,
tussen sonne te sny;
’n warrelstroom geklits
soos ’n melkweg agter my.

Die lyf se anker sleep my vas –
sal ek dit op ’n Skedelkus laat lê?

© A. Döckel

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top