Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet offers no compensation for published stories.
The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Ester Byleveldt2012-02-09Dirkie Draak voel alleen. Hy het niemand om mee te praat of speel nie. Almal hardloop weg as hy naderkom. “Hoekom is almal bang vir drake?” vra Dirkie Draak.
Tanita Da Silva2012-02-09Druidaad rek sy oë wyd oop. Hy is nog vaak, maar is so bang hy vergeet sy droom. Die riete kraak in sy pokkelpote toe hy elke ooglid oop sukkel.
Celia Claase2012-02-09Amangkurat het hom vererg. Vir twee miljoen jaar al is die eiland sy blyplek, maar deesdae kom hier elke week meer mense aan. Die vissermanne wat vir ’n uur of twee hulle bote anker, kan hy nog verdra. Maar gister het ’n ma, pa en twee kinders sommer kom uitkamp op die strand.
biesiesbewe2012-02-09In die middel van die Honderd Akker Bos loop ’n drakie stoksielalleen onder die ou akkerbome. Hy weet nie eintlik hoe hy hier beland het nie.
Ockert J du Preez2012-02-08Haar ogies was geel en rooi. Al die reundrake het gedink sy was baie mooi. Altyd opgetof en opgetooi. Haar naels was die skoonste van al die wyfiedrake en haar skubbe het altyd in die son geblink soos ’n reënboog.
Marion Erskine2012-02-08Diep in die woud aan die rand van die dorp het Lofti die draak gewoon. Lofti het nie maats gehad nie, want die menselinge van die dorp het nie van drake gehou nie. Hulle het gesê hy is “te groen” en “te groot” en die feit dat hy vuur genies het, was eenvoudig een te veel.
Elrene Koch2012-02-08Lank, lank gelede in ’n klein dorpie ver weg het daar ’n vet, glibberige, geeltand-draak gebly. Sy naam was Manie, kort vir Kleptomanie.
Jaco Fouché2012-02-06Die yskas is wit en laer as Jan se kop. Eileen sê: “Ek sal lekker maklik bo-op kan bykom.” Dis ’n Wyness. Die naam is sigbaar op die winkelvensters wat op die supermark uitkyk.
Ockert J du Preez2012-02-02Op die eerste dag van die Jaar van die Draak besluit Driekus Draak om sy vuurblasery te staak. Alles het goed gegaan, totdat sy krag af gaan.
Lindie White2012-02-01Hy’s grieselgroot. Styfrond-vet en vrat-lelik. Met asem wat stink na ’n bedompige drein. Met 'n frons waarin ’n Land Cruiser sal vasval!
Wilna Dreyer2012-02-01Diep, diep onder die wortels van ’n ou tamatieplant het ’n reuse-oupa-draak gewoon. Sy huisie was eenvoudig, met net ’n stofie, ’n stort en ’n stoepie.
Elmarie du Preez2012-01-30Die jaar van die draak het begin die jaar 2050. My ouma het altyd gesê dit is net stories, soos vampiere, die tandmuis, Kersvader, feetjies, kabouters die tokkelossie.
Gustaaf Pienaar2011-12-14En ek dog nogal “sjalom” is ’n mooi Joodse groetwoord … Talle huiseienaars in ons kusdorp versier Kerstyd hul huise met veelkleurige liggies en so fiets vroutjie en ek nou een Vrydagaand deur die strate om die skouspel te geniet. Ons kom ’n Joodse gesin teë ...
Sonja Cilliers2011-12-14Vyf dae voor Kersfees glip Direlma by dr Fuch se estetiese kliniek in. Styf gespuit stap sy ’n uur later uit. Vee haar kuif oor haar voorkop voor sy by Pick ’n Pay instap sodat niemand die V-vormige driehoekie bloedkolletjies op haar voorkop sal ...