Fiksiekompetisies
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Fiksiekompetisies | Fiction Competitions
Fiksie- en blitsfiksiekompetisie-inskrywings.
Neem deel aan een van ons kompetisies en lees al die ander inskrywings hier.
Fiction and flash fiction competition entries.
Enter one of our competitions or read all the other entries here.
My geliefde: Aan my lief
2012-05-31 "Ek wil vir jou ’n versie skryf in tale wat jou raak: in hartstaal, sielstaal, hemeltaal en tale sonder spraak ..."My dearest: To my love
2012-05-31 "I wish to write you gentle verse in languages that touch: words of the heart and soul and skies and words so tender, soft ..."My dearest: Beloved Acis
2012-05-31 "To you, beloved Acis, all of me stood for perfection, shared. You loved my eyes … my twin stars, you declared ..."My geliefde: Liefste Lodewyk
2012-05-31 "Die granate sit nou uitgeswel en volrooi aan die boom. Vanmiddag het ek die eerste knal van die oopbarsgranaat gehoor. Toe wens ek jy was hier. Hier saam my onder die granaatboom om saam met vet rooi sade oor die graspolle te dans. Om saam onder die bloedrooi sproeireën te staan en uitbundig te lag."My geliefde: Maskers
2012-05-24 "Ek is lief vir jou. Ons het beide keuses gemaak voor ons paaie gekruis het. Keuses wat ons moes uitleef. Want ons het belowe."My geliefde: Liefdesbrief-kompetisie | My dearest: Love letter competition
2012-05-17 LitNet wil graag die verlore kuns van die liefdesbrief in 2012 laat herleef. | LitNet would like to rekindle the lost art of the love letter in 2012.Vervaldatum-kompetisie: ’n Ou man wat wou weet
2012-05-16 Hennie Aucamp is een van die wenners in ons Vervaldatum-kompetisie met hierdie verhaal oor die doodsengel op besoek.Vervaldatum-kompetisie: Vrou op ’n eiland
2012-05-09 "Maar eers het sy die wortel van vergetelheid berei; dae lank, oor ’n stadige vuur. En toe die astrak reg was, het sy dit eenkant gesit om af te koel."Vervaldatum-kompetisie: Geduld het ’n vervaldatum
2012-05-03 Die radio-omroeper laat haar weer vanaand glimlag. Hy lees vir haar die dag se nuus en speel selfs musiek vir haar. Vir jare al is dit net hy en sy, elke aand. Sy is al so gewoond aan hom. Sy gaan hom baie mis.Vervaldatum-kompetisie: Die tiekiedraai
2012-05-02 "Die manne sit in die boskroegie langs die koöperasie voor die TV en wag vir die rugbywedstryd om te begin toe ek daar opdaag. Ek bestel ’n yskoue bier, groet die manne en maak myself gemaklik op ’n hoë stoeltjie."Vervaldatum-kompetisie: Donna se droom
2012-05-02 "Die Gauteng-matrieks se eindeksamen is verby en almal vier fees, behalwe Donna Verhage, wat voor die regopklavier in hulle sitkamer sit by flikkerende kerslig en oefen. Miniatuurborsbeelde van Bach, Beethoven en Mozart is haar inspirasie. Haar motivering."Vervaldatum-kompetisie: Twee bome
2012-05-02 Die plataanboom het geval in die nag se storm. Een van die twee wat hulle saam geplant het.Stadig draai Petrus om. Hy sal vir Maria moet gaan sê. Sy kop loop vinniger vooruit as sy bene. Hoe sal hy dit vir haar vertel? Hulle twee se bome, en nou het een geval. Wie se boom is dit wat daar lê? Hy kan nie onthou nie.
Vervaldatum-kompetisie: Suska se terugkoms
2012-05-02 "Elke dag loer Kennie deur die hortjiesheining tussen hulle huise en verlang om Suska weer te sien. Miskien het sy weggeloop of het ’n dief haar gesteel en nou wil hy geld hê om haar terug te bring. Reeds toe hy Suska die eerste keer in die tuin van die groot huis met die gewels sien speel het, het Kennie geweet dat hy met haar gaan trou."Vervaldatum-kompetisie: Seereis
2012-04-26 Die skielike kilte wat van êrens teen haar kom aandruk, laat haar ril en Naomi trek die handdoek stywer om haar vas. Gaan druk haar lyf teen die reling en staar na die golwe wat van die boeg af wegssteier.Pelgrimstog
2012-04-19 Dis nog skemervroeg die Saterdagoggend toe Bohuslav my wakker maak vir ons reis na Tabor. Hy is ’n oggendmens, ek nie. Hy moet my dus aanjaag sodat ons betyds by die bus op die dorpsplein kan wees. Gelukkig het die ander reisigers alreeds hulle sitplekke in die voorste gestoeltes ingeneem, sodat ek op die lang agterste sitplek verder kon slaap tot dagbreek.Vervaldatum-kompetisie: Onder die kloktorings van Santissima Trinità dei Monti
2012-04-18 Dis eers wanneer sy die foto’s op die skerm vergroot dat sy die detail tussen al die strukture opmerk: skulpmotiewe bo vensterkosyne, duiwe op ’n daklysie, ’n wolkstreep in die lug, die blinde oog van die kloktoring.Vervaldatum-kompetisie: Valentynsdag het verval
2012-04-18 Dis Saterdagoggend, die mall is so besig soos ’n sopkombuis en in elke winkel is daar lang rye mense wat by die betaalpunte toustaan om die laaste winteruitverkoping-specials met hulle kredietkaarte te betaal. Ek is haastig. Dis my af naweek. Gerhard het gaan visvang saam met sy seun en dis my naweek van “me time” met ’n groot uitroepteken agterna!Vervaldatum-kompetisie: Vergifnis sonder vervaldatum
2012-04-18 Hoe kon hy dit doen? Hoe? vra Liza vir die soveelste keer die vraag in haar gedagtes. Sy wou net die beste vrou en ma wees. Sy onthou toe hulle tien jaar gelede ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Almal vertel tot vandag toe watter pragtige paartjie hulle is. Straal altyd van geluk. Veral nadat hulle na ses jaar geseën is met ’n pragtige, gesonde dogtertjie.Vervaldatum-kompetisie: Môre is nog ’n dag
2012-04-18 “Ek wil weet wat jy gaan doen.” Maggie staan hande in die sye.“Ek dink nog.”
“Ek dink jy dink te lank,” wip sy haar en slaan die glasdeur van die kantoor agter haar toe.
Ciska sluit haar oë en wag vir die slae in haar kop om op te hou tamboer. Maggie is reg. Dit was slegs die derde keer dat dit gebeur het, maar almal was in die afgelope jaar.
