Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Trimpark
2026-01-29"Maar die tarentale was steeds daar êrens. Ek kon hulle hoor, maar nie sien nie."
Die Onderbroek-rebellie
2026-01-22"Soos baie ander rebellies was dié een ook van korte duur. Die een het vinnig, maar stil geëindig."
Die bospaadjie
2026-01-15"Ons het nou mooi gesien hoe lyk die breë pad wat na die hel toe gaan en hoe lyk die smal pad wat na die hemel toe gaan. Solly, kom ons begin by jou, watter pad sal jy verkies?"
Seun
2026-01-15"Hy kry ’n skewe trek om sy mond. 'Hy het seuns. Kyk na al sy familiefoto’s, al wat ek het, is medaljes ...'"
Oizes se dogter
2026-01-09"Buite het die storm hom uitgewoed. Die wolke skuif weg en sonlig straal direk op my af. Ek is in die kollig, goue stofdeeltjies dans om my. ’n Onverstaanbare vrede daal oor my neer. Miskien is daar tog hoop."
Stilte voor die storm
2026-01-09"Hulle gil nie. ’n Rukwind gooi ’n pikswart naaldekoker teen die rots voor my vas."
Die spook van Willempie Jooste
2025-12-19“In die jare daarna het ek hom dikwels in die nagte gehoor huil daar in die toring. ’n Aanhoudende, deurdringende gekerm wat ’n mens laat voel asof jy gaan mal word daarvan. Ek kon nooit vasstel of dit Willempie se spook is wat nie tot rus kan kom, of my gewete wat aan my vreet nie."
Weg
2025-12-19"Trane loop vrylik. Ek onthou alles wat ek oor die jare uitgeknip het. As die swarthond my byt en die skalpel diep kloof, kluisenaar ek myself agter ’n deur toe, delf in die skoendose en lees die berigte. Die geel papiere krummel elke keer meer en meer."
Torn asunder
2025-12-11"We’re on my three-seater couch, but the two of you are huddled on the left. Leaning back, I watch you reveal what you think is hidden." This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.
Memories of yesteryear
2025-12-11"Looking back, these memories remind us that life was woven together by simple rituals, laughter, and tradition. They are treasures of yesteryear, still alive in our hearts, teaching us to value the heritage that shaped us."
Blindemol, melk en diakens
2025-12-11"Blindemol koes en keer wild met sy arms vir die volgende hou. Die skarminkel maak die passasiersdeur oop, spring in en klap die deur toe. Sy maat trek so vinnig weg dat die bande tol en die gruisklippers spat."
Born again in an Uber ride
2025-12-04"The driver was a youthful man with a very hairy back, which I could see through the slight space his shirt left. Thobani was the guy’s name. He was cool. Very hairy, but very cool." This short story was completed during the Kommadagga workshop and residency at Paulet House in KwaNojoli in the Eastern Cape. The workshop was presented by the Jakes Gerwel Foundation in cooperation with LitNet and Huisgenoot.
Die maan kom saam
2025-12-04"Sy pa vou sy arms knus om Akili se skouers, hou hom styf vas nes sy ma, en hul boot vaar aan en aan, al hoe nader aan hul nuwe land, vaar en vaar sag, swewend in die blink baan van die maan op die see."
Om weg te breek
2025-12-04"Sy sug. “Mens moet darem jou followers op hoogte hou van jou shenanigans, of hoe?” Sy knipoog skalks. “Ek gaan dit hashtag as ‘Om weg te breek van dit alles’.”"
The clockmaker’s paradox
2025-11-27"The clockmaker watched him, unreadable. 'Back? There is no back. You stared into your clock. Time stared back. You were chosen.'"
Die rommelkrapper
2025-11-13"Kyk net hoe slim is hy. Hy weet die vrou het twee kinders, want daar is weekliks 14 joghurtbakkies. Die een kind moet ’n dogtertjie wees, want hy het eenkeer ’n pop met ’n af kop in een van die sakke gekry."
Kleintryn
2025-11-13"Hy staan versigtig op, steun swaar op sy kierie, omdat dit soms moeiliker is om te verstaan as om te wonder. Hy sal die verstaan in sy eie kop hou, besluit hy, want oor sekere dinge praat mens net met jouself."
Die boerbok in die kombuis
2025-11-06"Sowat twintig minute verloop voor die dokter se swierige kar in ’n stofwolk op die werf stilhou. Intussen hervat die vrou haar breiwerk. Sy oordink wat haar man gesê het. Sy is nuuskierig. Loop kombuis toe. Sy deins vervaard terug wanneer sy die boerbok sien wat op sy agterpote teen die muur aanleun."
Die vlugteling
2025-11-06"Ek maak aantekeninge, deel die mans in groepe in: Vlagswaaiers, die spreekwoordelike Facebook-warriors. Baksteenskieters, mans wat moontlik sal oorgaan tot aksie, maar nét onder die invloed van drank en groepsdruk, en nét sabotasie."
Siembamba
2025-10-30"Die diens is skaars verby of Mavis druk verby die tros adders by die kerkdeur. Sy het niks lus vir die gefluister om die teetafel waar hertzogkoekies en koeksisters die bitter waarheid moet versoet nie. Sy het haar belofte aan Sarina nagekom – sy was hier. Maar nou is dit tyd om die stof van Adderfontein van haar voete af te skud."
