Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Stigtingstoespraak van die Afrikaanse Alumni-vereniging: Afrikaans en universiteite
2015-12-04"As die finansiers en opvoeders van die private Afrikaanse universiteitswese sekere uitdagings te bowe kan kom, sal Afrikaans weer kan word wat sy eens op ’n tyd was, naamlik in die woorde van wyle Jan Rabie, Suid-Afrika se grootste nierassige prestasie."
Stellenbosch: Laat daar gestém word!
2015-12-03"Ek dink ons moet mekaar nie probeer bluf nie: op die lange duur gaan dit nie op Stellenbosch werk om op twéé taalstoele te probeer sit nie. Maar hoe sal ons weet watter stoel die aangewese een sal wees?"
In Memoriam: Mark Behr
2015-12-03"As hy so goed kan skryf as wat hy praat, sal ek dit uitgee, het ek belowe. Ons het spoedig begin korrespondeer en nie baie lank daarna nie, bring hy vir my die eerste manuskrip van Die reuk van appels."
Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig
2015-12-03"Wat is dit aan Eugène Marais wat so enigmaties is?" – 'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog deur Carel van der Merwe
Oor Afrikaans en die toekoms daarvan
2015-12-03"As die hoëvlakgebruik van Afrikaans nog verder afgeskaal word, is daar weinig hoop dat die ander inheemse tale beduidende vordering sal maak."
Regsalmanak: Die "kousale ketting" in strafsake
2015-12-02Wie se mes het die vrou se dood veroorsaak: haar aanvaller s'n, of die dokter se operasiemes?
Priorities for research in the field of education
2015-12-02"Resisting the popular media projection that education is in crisis, I ask instead what kind of research is able to bring the complexity of our current educational experiences into fuller view."
Monolingualism, not Afrikaans, must fall
2015-12-02"Afrikaans does not pose a problem that can be resolved simply by replacing it with English."
US-Raadsbesluit: US verbind tot meertaligheid sonder uitsluiting
2015-11-30"Die Raad verklaar onomwonde dat taal nooit enige hindernis mag wees vir enige student wat voorgraads of nagraads aan die US wil studeer, en nie óf Afrikaans óf Engels magtig is nie."
Aan die Rektor en Visekanselier: die konfederasie van 40 Afrikaanse lidorgansiasies reageer
2015-11-30"Ons wys u daarop dat enige onderwysinstelling die opdrag het om kennisproduksie en hulpbronontwikkeling vir sy studente te ontsluit en wel in ’n taal wat hulle die beste ken."
US-bestuur se taalvoorstelle: Departement Afrikaans en Nederlands praat
2015-11-30"Ons is bekommerd oor die potensiële verskraling van Afrikaans as akademiese en administratiewe taal ..."
Ricardo: die sanger, en die tyd waarin hy geleef het
2015-11-28"Maar toe kom die (onheilige?) drie-eenheid van democracy en majority rule en national demographics en só het ons stelselmatig van die medialandskap begin verdwyn, randfigure geraak, gemarginaliseer deur die nuwe magshebbers en die vasklouers aan die ou orde, en het ons byna uitsluitlik in die poniekoerante te lande gekom."
Die reaksies van PEN Afrikaans-lede op Vrydag die 13de
2015-11-26Hier is Marié Heese, John Miles, Carel van der Merwe, DP van Velden, Fanie Olivier, Johan Liebenberg en Theresa Papenfus se reaksies.
Laat die kinders hoor
2015-11-26ʼn Mediese dokter wat ʼn passie het vir kinders met gehoorgestremdheid, het onlangs ʼn revolusionêre toestel gepatenteer om kinders se gehoor in ʼn japtrap by die skool te toets.
Die mentaliteit van monokultuur
2015-11-26Die “trots Afrikaanses” van Stellenbosch, die laaste generasie wat in Afrikaans daar verder kon studeer, voel klaarblyklik nou vere vir die volgende geslagte wat nie hierdie voorreg sal hê nie ...
Die Jan H Marais-prys bevorder Afrikaans as wetenskaptaal
2015-11-25Almal praat oor die vrae rondom Afrikaans as wetenskaptaal. Dioné Prinsloo gesels in hierdie onderhoud met Naomi Meyer oor die ruim Jan H Marais-prys wat erkenning gee aan 'n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal.
Liela Groenewald vra: teken hierdie petisie
2015-11-25"Ons gesamentlike vertrekpunt is dat dit ‘n wesentlike skande is dat Universiteit Stellenbosch meer as twintig jaar na die einde van amptelike apartheid sy verantwoordelikheid versuim het en min vordering met betrekking tot inklusiwiteit gemaak het."
Passie, produktiwiteit en navorsing
2015-11-25"Hoe sou ’n navorser self weet wat sy/haar passie is? Is daar 'simptome' om op te let?"
Twaalf dinge in die taaldebat om oor na te dink
2015-11-25"Die meeste mense wat vir die behoud van Afrikaans pleit, pleit eintlik vir meertaligheid in 'n meertalige omgewing. Dit is op sigself nie 'n onredelike pleidooi nie, en die meeste mense wat ek ken en wat daarom vra, is nie verkramp nie en verlang nie 'n 'Boere-enklawe' nie."
Parys-aanvalle, Daesh en die compassion gap in rapportering
2015-11-24"Die oorgrote meerderheid vlugtelinge wat in die Weste ontvang word, vlug om onder Daesh se despotiese beheer uit te kom. Dan word hulle egter in die Weste met vyandigheid as terroriste bejeën, terwyl die oorgrote meerderheid juis vlug om terreur te ontkom."
