Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Alfred Schaffer: gasskrywerskap by die Universiteit Leiden

Menán van Heerden, Alfred Schaffer Onderhoude 2017-08-17

"Die Nederlandse taal bly ’n belangrike brug as dit gaan oor spesifiek Afrikaans en Nederlands, maar as ons praat van Suid-Afrika, dan is gedeelde ervarings nog belangriker as taal, en speel byvoorbeeld musiek en vertaalde literatuur ’n groot rol, juis deur die toenemende multikulturaliteit." 

Wat Engels vir Afrikaanse mense beteken

Hans Pienaar Universiteitseminaar | University Seminar 2017-08-17

"Die storie oor Afrikaans by Maties gaan darem al lank aan. En dis kompleks. Die Open Stellenbosch- (OS-) veldtog het dit skouspelagtig gemaak, gemoedere gaande gehad en mense gedwing om op hul voete te dink. Dis nou alles weg."

On Record: ’n onderhoud met Schalk van der Merwe

Schalk D van der Merwe, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-08-16

"Musiek (en natuurlik ander vorme van kuns) is iets wat die samelewing weerspieël. Selfs ’n popliedjie met oppervlakkige lirieke is ook op ’n manier betekenisvol. Wat die invloed van Suid-Afrika se geskiedenis op Afrikaanse musiek betref: ja, dit is grootliks die kern."

Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha

Willem Botha, Naomi Meyer Onderhoude 2017-08-16

"Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans, maar vandag word klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel."

Al wat ek weet: ’n onderhoud met Marita van der Vyver

Marita van der Vyver, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-08-16

"Maar ek dink tog tieners het ’n emosionele intensiteit wat die meeste volwassenes iewers langs die pad verloor. En as jy vir tieners wil skryf, is die grootste uitdaging miskien om hierdie emosionele intensiteit te bly voel."

14 Augustus 2017: Gelyke kanse vs die Universiteit Stellenbosch

Izak de Vries Universiteitseminaar | University Seminar 2017-08-14

"Vir Heunis is dit duidelik dat die nuwe beleid, wat Engels onomwonde as die voertaal van die universiteit stel, daargestel is om Open Stellenbosch te plesier." Izak de Vries lewer verslag oor die eerste dag van die hofaansoek oor die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch wat in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word.

Die dag toe die ANC die Kool-Aid gedrink het

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-14

"Wat agt jaar gelede ondenkbaar was, is nou feitlik onafwendbaar. Indien die ANC die volgende algemene verkiesing wen, wat glad nie verseker is nie, sal hulle waarskynlik in koalisie moet gaan."

Die groot drie: ’n onderhoud met François Verster

François Verster, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-08-14

"Die gevaar van satire is net dat jy nie die mán te veel moet speel nie, eerder die bal – val die onreg aan wat gepleeg word, nie alewig die persoon wat dit pleeg nie, anders kan die simpatie na die oortreder verskuif."

Die lewe is ’n lied

Jan JP van der Merwe Menings 2017-08-11

"Op die ouderdom van 16 sien hy die folksanger Pete Seeger in aksie tydens ’n skoolkamp en daar en dan byt die musiekgogga vir Neil Diamond. Kort na hierdie skoolkamp ontvang Neil Diamond sy eerste kitaar, en gou ontpop hy in ’n ywerige liedjieskrywer."

Oorspanne verwagtinge en die wantrouedebat van 8 Augustus 2017

Theo Venter Seminare en essays 2017-08-10

"President Jacob Zuma het reeds vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis staangemaak as die mees omstrede staatshoof sedert 1910 en dit is duidelik dat hy aan sy pos as leier van die regerende party en staatshoof klou sonder dat die ANC as politieke party weet wat om met hom te doen. Die wantrouedebat het daardie punt net weereens bevestig."

The Dalai Lama in Botswana: an interview

Herman Lategan, Karen Fitzgerald Opinion 2017-08-10

"A local neuroscientist from Pretoria, Karen Fitzgerald is one of the organisers of a conference that will be held in Gaborone, Botswana, which His Holiness the 14th Dalai Lama will attend. With this historic visit by the Dalai Lama, Botswana is his only planned destination in Africa."

Collective Amnesia deur Koleka Putuma: Nederlandse recensie

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-08-10

"Collective Amnesia laat ons de stem horen van de born-frees. De poëzie van Koleka Putuma is flamboyant en uiterst direct. De jonge dichteres komt geweldig stoer over, maar ik denk dat zij een klein hartje heeft."

8/8/8: ’n Epog vir die nuwe Nuwe Suid-Afrika?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-08

"Die syfer 8 is die aankondiger van ’n begin, iets nuuts wat gebeur. En op die agste dag van die agste maand word die agste mosie van wantroue in die Gekaapte-in-chief, Zuma, aangehoor."

Swart-op-swart rassisme: steeds ’n taboe onderwerp

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-07

"As ’n nasie het ons geleer om rassisme te ontbloot waar ons dit ook al mag vind. Maar selfs nou nog is daar een taboe waaroor ons nie praat nie: swart-op-swart rassisme. Ons wys baie vinnig wit-op-swart rassisme uit."

Afrikaans op school in Nederland en Vlaanderen

Yves T'Sjoen NeerlandiNet 2017-08-07

“Studenten kunnen in Gent een vak Afrikaanse taal- en letterkunde volgen. De Universiteit Gent is de enige academische instelling in België waar dat kan. In de opleiding Taal- en Letterkunde, meer specifiek binnen een traject Nederlands, is Afrikaans een van de populaire keuzevakken.”

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Resensies 2017-08-07

"Van Heerden bou in hierdie roman met ’n uitnemende verbeeldingskrag, kennis en vernuf ’n wêreld wat vir jou nuwe perspektiewe op ou vraagstukke open. Die wêreld van Charlie Oeng is ’n waardige toevoeging tot ’n gedugte oeuvre."

Op soek na balans: ’n dag by die openbare sittings oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg

Catrina Wessels Seminare en essays 2017-08-04

Op Dinsdag 1 Augustus het belangstellendes en belanghebbendes by die parlementsgebou aangemeld vir die eerste dag van die openbare sittings oor die opspraakwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg. Catrina Wessels gee ’n oorsig van die dag se gesprekke.

Afrikaans, Afrika en Japan: Afrikaans-Japannese woordeboek

Menán van Heerden, Ernst Kotzé Onderhoude 2017-08-02

"Die publikasie daarvan is glad nie kommersieel van aard nie, maar in die eerste plek akademies, omdat ’n vertalende woordeboek waarskynlik een van die beste maniere is om die woordeskat, uitspraak en kulturele agtergrond van tale met mekaar te vergelyk."

Uitnodiging: Bestekopname – digitisering van Afrikaanse publikasies

LitNet Menings 2017-08-01

Daar is verskeie nasionale en internasionale instansies wat tans – om verskeie redes – Afrikaanse materiaal digitiseer. Alle instansies wat gemoeid is met of belang het by die digitisering van Afrikaanse bronne word na ’n gespreksgeleentheid op 16 en 17 Augustus in Pretoria genooi.

Wat beteken inklusiwiteit?

Mercy Kannemeyer Menings 2017-08-01

"Die ATKV se aankondiging het my laat wonder wat inklusiwiteit regtig beteken ..."

Top