Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

RSG 80 jaar oud maar glad nie koud nie

Jean Oosthuizen, Magdaleen Krüger Onderhoude 2017-10-26

RSG vier dié week hulle 80-jarige bestaan. Jean Oosthuizen het met die stasiebestuurder Magdaleen Kruger gesels en wou ook by haar weet wat is RSG se godsdiensbeleid nou eintlik en hoe die toekoms van Afrikaanse radio lyk.

Wie is ons sonder ons tale?

Denver Breda Menings 2017-10-26

"Al soekend, al verlangende, verlore, leeg, sonder wortels, en dis die uitdaging wat ons vandag mee sit as dié wat genoem was kleurlinge, die middelmense is, die produk van 'swart en wit'? ’n Leuen wat baie van ons steeds glo."

Oranjerivierafrikaans is nxa!: ’n onderhoud met Anzil Kulsen

Menán van Heerden, Anzil Kulsen Onderhoude 2017-10-26

"nxa – goed/cool/lekker
xhoulag – uitspattig lag
xhouboe – terneergedruk wees"

#StopSkoleKaping: ’n Lelike dag wanneer openbare skole weer staatskole word

Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2017-10-26

Gedink jy as ouer het die reg om te besluit oor jou kind se onderrig? Nie as die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys ’n werklikheid word nie. Jaco Deacon, onderwysregspesialis en adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê as gewone Suid-Afrikaners nou hul demokratiese plig versuim, pak donker wolke saam op die horison.

An act of defiance: ’n onderhoud met Antoinette Louw

Antoinette Louw, Naomi Meyer Onderhoude 2017-10-26

Antoinette Louw het pas 'n toekenning as beste aktrise by die Kaapstadse Internasionale Filmfees ontvang. Sy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die film An act of defiance.

Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Lina Spies Seminare en essays 2017-10-25

"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2017-10-25

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”

#MeToo: ’n oomblik, ’n veldtog of ’n blywende verandering?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-10-23

"Solank as wat vroue se pyn afgemaak word as wolhaarstories, gaan slagoffers huiwer om na vore te kom onmiddellik nadat ’n aanval gebeur het, of later."

’n Huldeblyk aan Chris Fourie

Albert Maritz In memoriam 2017-10-23

"Chris was Kapenaar toe hy sy laaste asem uitgeblaas het. Mens kan maar sê sy trein het die Paarlstasie binnegestoom. Vir die man wat nog nie uitgespeel was nie. Hy sou nog graag die tamboer wou slaan. Hy sou nie graag sy uurglas wou laat leegloop nie."

Tussen vriende: ’n onderhoud met Derick van der Walt

Derick van der Walt , Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-10-19

"Ons mans is net so bekommerd oor ons kinders en ons ouers wat oud word soos oor die wel en wee van die Blou Bulle en die effektebeurs. En ja, ons praat baie oor alles. Hoekom ken julle ons so sleg?"

If the University of Cape Town wants to decolonise, it has to become Afrikaans

Hans Pienaar Universiteitseminaar | University Seminar 2017-10-19

"British colonialism has been by far the most brutal and destructive national-scale force in South Africa’s history. And the University of Cape Town has played its role as engine for the dissemination of supremacist ideas and practices, emblematised by the statue of Cecil John Rhodes whose machine guns were so effective in the wars of subjugation he instigated and financed."

Agentskap van die slavin: ’n onderhoud met Shamiega Chaudhari

Menán van Heerden, Shamiega Chaudhari Onderhoude 2017-10-19

"Die onderdrukte stem moet oopgevlek en hoorbaar gemaak word. Hoewel in die geval van Philida (en dit geld seker ook vir alle slawe) daar nie vir die slavinne gepraat kan word nie en hulle stories slegs agterhaal kan word, is dit tog belangrik dat ’n beeld van hierdie onderdrukking geskep en die stiltes verbreek word."

"Eindelik dood en stil het hulle gedink ek is": ’n huldeblyk aan Ryk Hattingh

Gerrit Olivier In memoriam 2017-10-19

"Ons sal jou boeke herlees en saam met jou huil oor alles waaroor ons nog nooit genoeg gehuil het nie. Ons sal jou stem steeds hoor: daarvoor het jy gesorg."

Op grond waarvan kies die DA sy leiers?

Jason Lloyd Rubrieke 2017-10-18

"As die DA wel sy leiers op meriete kies ongeag velkleur, soos wat sy nuwe Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela, beweer, sou hy en dié party se nasionale leier, Mmusi Maimane, waarskynlik nooit in hul huidige leierskapposisies binne die DA gedien het nie."

Sekspeste in die werksplek: die Harvey Weinstein-sindroom

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-10-17

"Solank as wat mans nie hierdie tipe gedrag veroordeel nie, solank as wat vroue die skuld kry vir wat gebeur het, of blameer word omdat hulle nie vroeër gepraat het nie, het sekspeste toestemming om voort te gaan met hulle gedrag."

Ryk Hattingh

Joan Hambidge Poësie 2017-10-17

"'My aard, soos ’n vonk,
is ook onkenbaar,' beskryf
jy jouself in
Huilboek"

De Leerstoel Zuid-Afrika: Talen, Literaturen, Cultuur en Maatschappij wordt geïnstalleerd

Herman Meulemans NeerlandiNet 2017-10-17

"Op 10 oktober wordt er ook feest gevierd door het Gents Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika. In de schoot van dit onderzoekscentrum, onder voorzitterschap van Yves T’Sjoen, en de Faculteit Letteren en Wijsbegeerte wordt de Leerstoel Zuid-Afrika: Talen, Literaturen, Cultuur en Maatschappij plechtig geïnstalleerd. Hein Willemse, Universiteit van Pretoria, is de eerste titularis van de Leerstoel."

Afrikaans is nie ’n minderheid nie

Jean Oosthuizen Menings 2017-10-17

"Die betekenis van Afrikaans vir families en jongmense – wat is die ekonomiese waarde van Afrikaans? Maak Afrikaans families ryker of armer? Wat is die groot geheim van suksesvolle Afrikaanssprekendes?"

’n Besoek aan die Zuid-Afrika Huis – en omswerwinge in Holland

François Verster NeerlandiNet 2017-10-17

"My missie was meerledig: ek wou in my hoedanigheid as maatskappy-argivaris van Naspers die argief en biblioteek van die Stichting Zuid-Afrika Huis besoek, en as daar tyd is ook ’n draai maak by ’s-Hertogenbosch, die stad waar my stamvader Jacobus Verster gewoon het voordat hy gedurende die tweede helfte van die 18de eeu na die Kaap gekom het."

Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (3)

Hanné Koster NeerlandiNet 2017-10-17

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Hanné Koster deel nog video's en foto's van geleenthede in Brussel en Gent.

Top