Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Aardklop 2017: ’n Onderhoud met YOMA
2017-09-28"Saam met taal kom identiteit en kultuur – moet nooit jou moedertaal minag of ander toelaat om dit te doen nie. As jy wil rym in Afrikaans, doen dit dan. Dis ons taal."
Erfenisdag
2017-09-28"Miskien, in stede van vashou aan die verlede, en die heritage wat nie altyd positief is nie, moet ons met erns begin kyk na die toekoms en die legacy wat ons nalaat vir die geslagte wat ons volg."
Buys door Willem Anker: boekbespreking
2017-09-28"Buys is een episch verhaal dat de lezer regelrecht katapulteert naar de eenentwintigste eeuw."
Erfanusdag
2017-09-27"Vir Fanus het ek ’n leeftyd geken (soos die res van ons land se mense). Volksbesit en die rede waarom ek vele oggende laat by die skool opgedaag het."
Internasionale betrokkenheid by Afrikaans neem toe
2017-09-27"Met die bou van brûe tussen die Weste en Afrika bly wen Afrikaans aan relevansie vir Suid-Afrikaanse én buitelandse universiteite. Die rol wat dit speel in die Suid-Afrikaanse taallandskap kring uit oor landsgrense heen."
Sonder kompas: Hoe navigeer ’n arm leerder sy pad deur sy skoolloopbaan?
2017-09-27"Hierdie kinders moet dikwels hul skoling doen parallel met ’n stryd om oorlewing. Alhoewel die regering baie gedoen het en steeds baie doen om historiese ongelykhede tussen skole aan te spreek, sukkel arm, landelike leerders steeds meer as ander kinders met historiese materiële ongelykheid binne en buite die skool."
Tumi Morake: Solidariteit-storm in ’n teekoppie
2017-09-26"Die gesprek en analogie deur Tumi Morake gemaak kan met die mees gesofistikeerde en entoesiastiese verdraaiing nie inpas in die gevestigde definisie van haatspraak of rassistiese spraak nie."
Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-22"Die reis gaan inwaarts en Slot van die dag hou met mekaar verband deurdat albei fokus op die temas van dood en doodsbegeleiding by Schoeman. Belangriker nog: albei tekste bevestig watter fenomeen Schoeman in die Afrikaanse letterkunde was en steeds sal bly: ’n meester van die woord, ’n diepsinnige denker, ’n komplekse en fassinerende mens."
Vlakwater door Ingrid Winterbach: boekbespreking
2017-09-21Ingrid Winterbach is een van die Suid-Afrikaanse skrywers wat aan die einde van September by die Week van de Afrikaanse Roman gaan optree. Hier bespreek Herman Meulemans een van haar boeke: "Vlakwater is een woelig boek dat me blijft intrigeren. Vooral omdat de puzzel niet helemaal aansluit en er vragen op een antwoord blijven wachten."
Aardklop 2017: Tinarie van Wyk Loots oor Asem
2017-09-21"Die belangrikste ding is om die storie te vertel – al die leidrade is in die teks self – en dan maar net te probeer om toe te laat dat elke karakter sy of haar stem vind om sy of haar storie te kan vertel."
Aardklop 2017: Charl du Plessis oor 40 Vingers en Stemme vir môre
2017-09-21"Ek het al die verwerkings nuut gemaak, sodat gehore nie dink dieselfde beperkte repertorium word oor en oor by sulke konserte gespeel nie. Dis deur my hele loopbaan nog altyd iets belangrik vir my: nuut en vars liewer as herhaling van ou bekende musiek."
Die opvoedermoreel van vandag se onderwysers
2017-09-21"Baie opvoeders is in staat om spanning en stres in hul beroep en persoonlike lewe te hanteer. Vir baie ander opvoeders is die stres en die spanning onhanteerbaar en dit veroorsaak werkuitbranding, emosionele uitputting en gevolglike lae moreel."
Trump en Zuma: katalisators vir vroulike aktivisme?
2017-09-21"Daar is hernude aanvalle wat poog om al die vooruitgang van die afgelope aantal eeue terug te rol. En die meeste vroue is nie bereid om dit toe te laat nie."
Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing deur Cas Vos
2017-09-20"Juis op grond van die metaforiese verbintenis tussen Florence en Aleppo het Dante se La Divina Commedia ’n boeiende relevansie vir die tyd waarin ons leef."
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-15"Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf."
Leuens, statistiek, en sommer bôls
2017-09-14"Ek het altoos geglo, soos ek op skool geleer het, dat die span wat meestal die bal het, die beste kans staan om te wen. Maar is dit reg?" Frans Rautenbach skryf oor rugbystatistiek en Saterdag se wedstryd teen Australië.
Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-09-14"Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel."
Musiek en dekolonisering: Mareli Stolp gesels met Etienne Viviers
2017-09-14"Die tyd sal waarskynlik kom dat die argument gemaak word dat Westerse kunsmusiek nie in Suid-Afrika gespeel behoort te word nie, omdat dit verteenwoordigend van kolonialisme is."
Sosialemedia-gebruik en kinders: the good, the bad and the ugly
2017-09-14Hugo Theron is ’n kliniese sielkundige wat sy PhD-navorsing gedoen het oor die gebruik van sosiale media en die impak daarvan op tieners. Naomi Meyer het hom gevra: "Wat is die beste raad wat jy vir ’n ouer kan gee ten opsigte van kinders, tieners en die sosiale media?"
Versoening en sosiale kohesie: ’n onderhoud met Elnari Potgieter
2017-09-14"Daar is al hoe meer die besef dat die aanspreek van ongelykhede deel vorm van die versoeningsproses."
