Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Eksistensiële krisis met ’n elektriese ritme? Bittereinder stel die diep, donker enkelsnit “Donderwolk” vry

Annie Klopper, Jaco van der Merwe Musiek 2017-11-22

"Ons elkeen vertel eintlik maar oor en oor ons eie lewe se storie vir onsself, en dan vir mekaar. Hoeveel van dit 'waar' is, en hoe mens daardie 'waarheid' meet is in elk geval veels te kompleks om ooit regtig te begryp."

SALA 2017: Die stories binne-in ons Suid-Afrikaanse lywe

Roela Hattingh Menings 2017-11-21

"Dit is die storie van die ystervark. Die dier met baie penne (alle Suid-Afrikaanse skrywers) wat die storie van ons land, ons gemeenskap, die wêreldomvattende waarhede en kulturele estetika vertel."

Kunste Onbeperk Teksmark-oorsig

Mercy Kannemeyer Teater 2017-11-21

"Die tweede Kunste Onbeperk Teksmark het op 8 en 9 November in die Baxter-teater plaasgevind. Tydens die Teksmark is 15 nuutgeskrewe tekste voorgedra (gelees of gespeel) en kunstefeeste, die Baxter-teater en NATi (Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) kon besluit watter van dié toneelstukke hulle graag verder sou wou ontwikkel."

US Woordfees-program 2018: Diskoers

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2017-11-16

US Woordfees, 2–11 Maart 2018: Diskoers

The President’s keepers: Kaapstad-bekendstelling

Menán van Heerden Menings 2017-11-16

Op 15 November het die bekendstelling van The President’s keepers deur die joernalis en skrywer Jacques Pauw by die Kelvin Grove Club in Nuweland plaasgevind. Glynnis Breytenbach was in gesprek met Pauw. Luister hier na klankgrepe van die gesprek. 

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys en hoe om nuwe denke rondom skole te bou

Jerome Joorst SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2017-11-16

"Die kernpunt is dat ons almal by die mikrovlak van die samelewing (die ouerhuis) begin om ons kinders toe te rus met ’n taal van hoe om ’n diverse samelewing te navigeer, ’n doelbewuste alternatiewe narratief as die een wat sentreer rondom ras, en op so ’n wyse ’n ander diskoers in die land meebring."

Kô lat ôs praat

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-11-16

"Praat wêk altyd! As djy vi Malema of Zuma volg en djy wiet die bra is vekeert, praat sam jou kaders. Die ding is dié: amal sienie die punt altytie. Hulle is soe veblind deurie haat en wrok wat hulle dra, dat hulle net plek soek om dit iewers of op iemand uit te haal."

Sekurokratisering en Suid-Afrika: ’n onderhoud met André Duvenhage

Menán van Heerden, André Duvenhage Onderhoude 2017-11-15

"Ek wil nie so ver gaan om te sê dat die demokratiese projek reeds op die ashoop is nie, maar die uitdagings is baie groot en die finale toets lê ook nie te ver hiervandaan nie."

Wink rommelstatus vir ons?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-11-15

"In Suid-Afrika sit ons met leunstoelekonome wat reken dat as die rand val, ons dit net weer kan optel."

Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk

Anton van Niekerk, Jean Oosthuizen Skrywersonderhoude 2017-11-14

"Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef."

Die verdwyning van Afrikaans oppie Cape Flats

Denver Breda Menings 2017-11-14

"Haar pa kyk die saak toe die heeltyd aan, hy self eerstetaal-Afrikaans, staan toe nader en sê: 'Nee, sy praat nie Afrikaans, sy praat net Engels.'"

Wat beteken die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys?

Elda de Waal, Naomi Meyer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2017-11-10

"Die wetsontwerp misken die gebrek aan genoeg skoolgeboue, genoeg leermateriaal, relevante en gehalte-opleiding van beheerliggame en die rol wat ouers móét speel by die skool waar hulle kind in die klaskamer sit."

Persvrystelling: Gelyke Kanse teken appèl aan teen hofbeslissing wat US-taalbeleid ondersteun

LitNet Universiteitseminaar | University Seminar 2017-11-10

"Na oorweging van die 180-bladsy-uitspraak van regters Dan Dlodlo en Kate Savage, is Gelyke Kanse van mening dat die uitspraak in verskeie opsigte wesenlik gebrekkig is."

Drie vroue en ’n meisie: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Hans du Plessis, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-11-10

"Vir my is die natuur, die skepping, nog altyd ’n karakter, eintlik ’n medemens wat jou slyp."

PEN Afrikaans teken beswaar aan teen taalklousule in Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2017-11-10

"Die gemeenskap, wat in die geval van skole verteenwoordig word deur ’n verkose beheerliggaam, is volgens PEN Afrikaans die beste geplaas om besluite oor voertaal te neem."

South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach

Frans Rautenbach, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-11-10

"Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is."

Brief aan Gigaba oor die voorgestelde kommissie oor belasting

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-11-10

"Want sien, Malusi, dis nie die tax morality wat verswak het nie. Dis die vertroue in die government om ons geld met integriteit aan te wend vir die doel waarvoor dit bedoel is, wat gone is."

Hip-hop en edutainment: ’n onderhoud met rymkletser Siep

Menán van Heerden, Siep Onderhoude 2017-11-09

"Afrikaans die mooiste taal het baie dialekte – mense underestimate my onmiddellik as ek praat in my slang, my dialek, maar oë raak gou groot as hulle kom meet hoe toor ek met woorde en soe word hulle ge-edutain."

Nuusflits: Flitskaarte is ’n belangrike hulpmiddel in enige klaskamer

Ansie Lessing, Marike W de Witt, Estelle Kruger Onderhoude 2017-11-09

"Dis belangrik dat onderwysers sal besef dat die gebruik van flitskaarte ’n onderontginde hulpmiddel is wat in meer as net die leesprogram gebruik kan word."

Die naderende dood van queer-rolprentkuns: die LGBT-films by die Cape Town International Film Market & Festival (CTIFMF)

Jaco Barnard-Naudé, Pierre de Vos Film 2017-11-09

"Film is maar altyd ’n soort spieël, en die afwesigheid (in meer as een opsig) van queer by die LGBT-films op die CTIFMF – wat in bykans dolleë ouditoriums vertoon is – is nie toevallig nie. Net soos dit ook nie toevallig is dat die beste queerfilm wat op die fees gedraai het se titel Screwed is nie."

Top